Die Afdeling Ontwikkeling en Alumni-betrekkinge aan die Universiteit Stellenbosch beplan ‘n virtuele byeenkoms vir ons alumni in Finland op Woensdag 10 Februarie en op Donderdag 11 Februarie 2021 en ons wil jou graag daar sien. Ons hoop om daardie unieke Matie-gees by hierdie aanlyn geleentheid ten toon te stel.
Ons hou daarvan om met Maties regoor Europa in verbinding te tree, en ons verwelkom die geleentheid om jou meer te vertel van ons strewe om ‘n sterker Maties-gemeenskap te bou en hoe jy betrokke kan raak.
Ons bied jou twee geleenthede om met Maties in jou omgewing kontak te maak. Sal jy by ons aansluit?
RSVP: Rig asb jou RSVP aan alisonapril@sun.ac.za om te RSVP vir Woensdag 10 Februarie 2021 of RSVP vir Donderdag 11 Februarie 2021
RSVP-sperdatum: Donderdag 4 Februarie 2021
Tyd: 18:00 tot 19:00 EET
Plek: Aanlyn
(Die skakel word twee dae voor die geleentheid per e-pos aangestuur.)
Kalender: KLIK HIER vir die 10de Februarie of Kliek Hier vir die 11de Februarie om hierdie geleentheid by jou kalender te voeg.
Ons sien daarna uit om jou aanlyn te verwelkom.