Sonop vier Vrydag 15 September haar 85ste verjaarsdag en ons wil graag hê jy moet by ons Dames met Charisma se feesvieringe aansluit.
Terselfdertyd staan jou alma mater gereed om daardie naweek die maroen tapyt vir Tuiskoms 2023 uit te rol!
Sluit aan by mede-Maties op die Stellenbosch- en Tygerbergkampusse van Donderdag 14 September tot Saterdag 16 September. Klik hier vir die Tuiskoms program.
Die tydsberekening kan nie beter wees nie!
Het jy al probeer om met wyn te verf?
Wel, hier’s jou kans! Ons gaan ‘n wynverfklas aanbied om Sonop se verjaarsdag te vier. Of jy nou soos Picasso skilder of jouself as ‘n beginner klassifiseer, hierdie klas maak voorsiening vir almal.
‘n Sonop-alumna sal jou stap vir stap begelei in die proses om ‘n meesterstuk te verf terwyl jy en jou Sonop-vriende stories en herinneringe van ons wonderlike koshuis deel.
Hier is wat jy kan verwag vir Vrydag 15 September:
– Alumni arriveer en geniet ‘n verwelkomingsdrankie.
– Die wynverfklas gaan in volle swang!
– Vul jou bord met heerlike eetgoed en lekkernye vanaf die verversingstafel.
– Netwerk en sosialiseer met mede-alumni.
Die kleredragkode is semiformeel en jou kaartjie sluit toegang tot die klas, ‘n drankie en ‘n ligte ete in. Klik hier om jou kaartjie vir R250 te koop. RSVP sluit op 31 Julie 2023.
Vir enige navrae is jy welkom om ons te kontak:
Liezl Myburgh
S: 083 808 8444
E: 25471392@sun.ac.za
Chané Malan
S: 084 264 0688
E: 24907332@sun.ac.za
Die aand beloof om werklik ‘n unieke ervaring te wees (Jy skilder allermins met wyn!) en ons hoop om jou by ons koshuis in die hartjie van Stellies te verelkom.