Die Stellenbosch Vroue-alumnae Netwerk (SWAN) in Gqeberha nooi jou na ‘n samekoms op Donderdag 23 Maart. Sluit asseblief aan by jou mede-Maties en PSG Wealth-adviseur Jeanne-Mari Lombard, wat ‘n in-diepte bespreking oor persoonlike finansiële welstand sal lei. Hierdie geleentheid gedenk Internasionale Vrouedag wat op 8 Maart oor die wêreld heen gevier word.
Besonderhede is soos volg:
Wanneer: Donderdag 23 Maart 2023
Tyd: 17:30 vir 18:00
Waar: GFI Art Gallery (Aanwysings)
Prys: R150 – Betalingsbesonderhede sal verstrek word by ontvangs van jou RSVP (Drankies en ligte verversings ingesluit.)
RSVP: Stuur ‘n e-pos na swan@sun.ac.za om te RSVPom te RSVP teen Vrydag 17 Maart
Ons sien daarna uit om tyd met jou deur te bring.