Vir die fiksheidbewustes onder ons gaan ons Tuiskoms feesvieringe voort op Saterdag 7 Maart om 08:00 by ons Tuiskoms Parkwedloop. Ons werk saam met die Kayamandi Parkwedloop-organiseerders, so trek jou maroen aan en bring jou gesin, insluitend die viervoetige soort, saam. Hardloop, draf of stap daardie 5 km saam met ons.
Een van die wedloop-beamptes by hierdie Parkrun het ons bewus gemaak van kinders wat hierdie roete loop met sandale, ou skoene met openinge vir hul tone of selfs sonder skoene hardloop. ‘n Paar senior burgers draf ook in skoene of klere wat glad nie geskik is wedlope nie. Hulle is elke Saterdagoggend daar.
Sou u dit oorweeg om enige ongebruikte of klein hardloopskoene aan die Kayamandi Parkrun-groep te skenk as ons hierdie padloop met maroen opskerp op ons tuiskomsnaweek? Alle groottes is welkom. En enige ander sporttoerusting (kortbroek, broek / sweetpak en t-hemde) sal ook baie waardeer word. Stuur ‘n e-pos aan alumni@sun.ac.za vir meer inligting oor donasies.