Sluit by mede-Maties aan vir die 2021 Virtuele Tuiskomsliefdadigheidstap/wedloop.
Die Universiteit Stellenbosch se Ontwikkeling- en Alumnibetrekkinge-afdeling sal vir vanjaar se Tuiskomsviering ʼn virtuele 5 km, 10 km en 20 km stap/wedloop aanbied.
Die virtuele stap/wedloop sal om 09:00 op Saterdag, 25 September 2021 begin en om middernag eindig.
Ons sal Matiewinkelkoopbewyse ter waarde van R500 bied vir alumni.
REGISTREER
Registreer op die Strava App, …
Geniet 5 km, 10 km, 20 km van stap, draf of hardloop op ʼn plek, teen ʼn pas en op ʼn tyd van jou keuse op Saterdag, 25 September en deel jou uitslae. Moenie vergeet om jou wedlooptyd teen middernag op 25 September in te skryf nie.
Die opbrengs van vanjaar se virtuele 5 km, 10 km of 20 km stap/wedloop is ten bate van die Bridge The Gap (Oorbrug-die-Gaping)-veldtog.
WEDLOOPKONTAKINLIGTING
Indien jy enige vrae omtrent hierdie wedloop het, stuur ʼn e-pos aan alumni@sun.ac.za
FACEBOOK
Like ons Facebook-blad en nooi jou vriende op Facebook uit om aan te sluit by die liefdadigheidstap/wedloop.