Die Universiteit Stellenbosch se Afdeling Ontwikkeling en Alumnibetrekkinge nooi jou graag na die premièrevertoning van die derde aflewering van ons Matie Legendes en Pioniers-reeks getiteld Die Uurbyeenkomste: Coetzenburg.
In hierdie episode deel ons die merkwaardige verhaal van die Coetzenburg-atletiekbaan, en voer onderhoude met ikone van atletiek in Suid-Afrika, Danie Malan, Elana Meyer, Zola Budd en Johan Landsman wat gesels oor hul rekordprestasies by dié baan vanaf die 1960’s tot die 1990’s.
Sluit asseblief aan by die joernalis en vervaardiger, Bun Booyens, en Maties Atletiek-alumni, Pieter en Annie Kloppers, waar hulle hierdie video op die aand sal bekendstel.
Besonderhede van die geleentheid is as volg:
Wanneer: Woensdag 9 November 2022
Tyd: 18:30
Waar: Alumni-klubhuis by Die Stal, Suidwalstraat, Coetzenburg
RSVP: KLIK HIER om jou plek teen Maandag 7 November te bespreek.
Vir meer inligting of navrae, stuur ‘n e-pos aan hscriba@sun.ac.za.
Ons sien daarna uit om jou te verwelkom. Ligte verversings sal bedien word.
Kyk gerus die eerste en tweede episodes van hierdie reeks:
· Eerste episode saam met Morné du Plessis (https://youtu.be/lQyH8AXN6eg)
· Tweede episode oor Robert F Kennedy se besoek aan Simonsberg (https://youtu.be/tD1tPA5vAuE)