Kennisgewing aan Lede van die US Konvokasie
Verkiesing van ‘n Vise-President vir ‘n termyn van drie jaar in die Uitvoerende Komitee van die US Konvokasie
Alle lede van die Konvokasie word uitgenooi om deel te neem aan die verkiesing om die vakature van die Vise-President in die Uitvoerende Komitee van die Konvokasie te vul.
Ons het drie (3) geldige nominasies ontvang vir die vakante posisie van Vise-President.
Vir die visiestellings en CV’s van die onderskeie kandidate, klik hier.
Klik hier om te stem vir een (1) lid om as Vise-President in die Uitvoerende Komitee van die Konvokasie te dien.
Die verkiesing sal vir tien (10) dae vanaf Vrydag 14 Oktober 2022 om 08:00 tot Maandag 24 Oktober 2022 om 23:59 oop wees.
Die suksesvolle kandidaat sal per e-pos aangekondig word.
Rig asseblief alle navrae aan verkiesings@sun.ac.za