Skip to content
  • Tuis
  • Matie shop
  • Maties Connect
  • Media
  • Kontak
  • Vir meer inligting oor COVID-19 Klik hier
  • English
Menu
  • Tuis
  • Matie shop
  • Maties Connect
  • Media
  • Kontak
  • Vir meer inligting oor COVID-19 Klik hier
  • English

Menu

  • English
  • Afrikaans
Loading Events

« All Events

  • This event has passed.

Voedselstelsels in krisistye

28 July 2020 @ 6:00 pm - 7:30 pm

  • « In gesprek met Rassie Erasmus
  • Meer as ’n koppie rooibostee. . . »

“Die onmiddellike impak van die krisis in openbare gesondheid het die diepliggende broosheid van die Suid-Afrikaanse voedselstelsel blootgelê en onderliggende ongeregtighede uitgewys. Daar is duidelik ‘n ontwrigting, wat ‘n tydperk van groot onsekerheid en verandering teweegbring en die geleentheid skep vir herevaluering, gegrond óf op die magtige rolspelers en netwerke van die ou, dominante stelsel, óf dalk iets nuut en opkomend gebou op plaaslike, billiker voedselsisteme, wat uiteenlopendheid en veerkragtigheid bied.” (Hoofartikel: “Challenging False Narratives in a Global Crisis: Reflections on Human Rights, Inequality and Securing Food Systems”)

Meer as ooit tevore moet ons nou in gesprek tree oor die opbou van vertroue en die demokratisering van besluitneming in voedselstelsels oor ‘n wêreld in krisis heen. Dit hou verband met nuwe vorms van beheer-en-bestuur wat deursigtig, aanpasbaar en samewerkend is en oorkruiskoördinering tussen verskillende samelewingspeler verseker.

Die Southern Africa Food Lab nooi u uit om deel te neem aan hierdie belangrike gesprek wat deur die Universiteit Stellenbosch (US) aangebied word.

Voorsitter: Dr Tsakani Ngomane, Adjunk-direkteur-generaal, Departement van Omgewingsake, Bosbou en Visserye
Paneellede: Prof Thuli Madonsela, Fakulteit Regsgeleerdheid Trust-leerstoel in sosiale geregtigheid, US en Mnr Kevin O’Brien, Groephoof vir Volhoubaarheid en Risiko, Spar Group Ltd
Datum: Dinsdag 28 Julie 2020
Tyd: 18:00-19:30

Klik hier vir RSVP en om deel van die gesprek te wees.

Meer oor die deelnemers:
Professor Thuli Madonsela is ‘n professor in regsgeleerdheid aan die Universiteit Stellenbosch, waar sy navorsing oor sosiale geregtigheid onderneem en koördineer, en in die grondwetlike en administratiewe reg doseer. Sy is die stigter van die Thuma-stigting, ‘n onafhanklike, demokratiese leierskap- en geletterdheidsorganisasie in openbare belang, en sameroeper van die M-plan vir sosiale geregtigheid, ‘n inisiatief wat die katalisator wil wees vir vooruitgang in die beëindiging van armoede en die vermindering van ongelykheid teen 2030, in pas met die Nasionale Ontwikkelingsplan en die Volhoubare Ontwikkelingsdoelwitte.

Mnr Kevin O’Brien is die groephoof vir volhoubaarheid en risiko by die SPAR Group Ltd. Hy is ‘n lid van die risiko- en sosiale en etiekkomitees by SPAR en is medevoorsitter van die voedselveiligheidsinisiatief van die Suid-Afrikaanse raad vir verbruikersgoedere, wat omsien na kwessies rakende voedselveiligheid, afval en voeding. Hy is ook die voorsitter van die bestuurskomitee van die Suid-Afrikaanse plastiekverdrag en direkteur van die SPAR-gilde van Suider-Afrika, wat ‘n samewerkingsplatform bied vir onafhanklike SPAR-kleinhandelaars en -groothandelaars. Hy dien sedert 2016 op die raad van Food Lab.

Dr Tsakani Ngomane, voorsitter van die sessie, is die Adjunk-direkteur-generaal vir klimaatsverandering, luggehalte en volhoubaarheidsontwikkeling in die Departement van Omgewingsake, Bosbou en Visserye. Sy was voorheen die adjunk-direkteur-generaal in die presidensie se departement prestasiemonitering en -evaluering. Sy dien sedert 2016 op die raad van Food Lab.

Die Southern Africa Food Lab word in die Fakulteit AgriWetenskappe op Stellenbosch gehuisves. Dit is in 2009 gestig om kreatiewe reaksies op die hongersnoodprobleem te bevorder aan die hand van dialoog en aksies deur ‘n wye verskeidenheid belanghebbendes. Die Lab-span verteenwoordig ‘n ongeëwenaarde diversiteit in die streek, en behels belanghebbendes uit die korporatiewe wêreld, mense op voetsoolvlak, nieregeringsorganisasies, sowel as die akademiese en regeringsektor, wat almal saamwerk om die voedselstelsel van die plaas na die tafel te omskep. Oor die afgelope dekade het die Lab samewerking en dialoog suksesvol gefasiliteer, nie net deur bewusmaking nie, maar ook deur ‘n effektiewe katalisator te wees vir die aanmoediging van innovasie en eksperimentele aksie met die oog op ‘n florerende, regverdige en volhoubare voedselstelsel.

Hierdie geleentheid word aangebied in samewerking met die Afdeling Ontwikkeling en Alumni-betrekkinge aan die Universiteit Stellenbosch.

+ Google Calendar+ iCal Export

Details

Date:
28 July 2020
Time:
6:00 pm - 7:30 pm
Event Category:
Events
  • « In gesprek met Rassie Erasmus
  • Meer as ’n koppie rooibostee. . . »
  • Tuiskoms
    • Tuiskoms 2022
    • Tuiskoms 2020
  • Veldtogte
    • Dekaansfonds: Regsfakulteit
    • Covid-19 Hulpfondse
    • Train4Fees
    • Masked Masterpieces
    • Move4Food
    • #Action4inclusion
    • #SciMathus
    • BRIDGE THE GAP ANNUAL FUND
    • Dankie
  • Hubs & Clubs
    • VSA
    • VK
    • Noord-Amerika
    • Namibië
    • Londen
    • KwaZulu Natal
    • Ierland
    • Hongkong
    • Gauteng
    • Europa
    • Kanada
    • Breëriviervallei
  • Alumni Vlagskip-Programme
    • PreAlumni
    • Swan
    • Jong Alumni
  • Geleenthede
    • Alumni-interaksie Kalender
    • Geleenthede
    • Maties Geleenthede
      • Maties Sport
      • Jaarlikse gebeure
      • Crest Talks
      • Openbare lesings
      • Verjaarsdae
      • Koshuise
      • Eweknie-fondswerwing
  • Konvokasie
  • Vrywilligheid
  • Skenk
    • Skenk
    • Impakverslag
  • Alumni Clubhouse
  • Maties Wynklub
Once a Matie, Always a Matie
  • Tuis
  • Matie shop
  • Maties Connect
  • Media
  • Kontak
  • Vir meer inligting oor COVID-19 Klik hier
  • English

Stellenbosch
Private Bag X1
Matieland
South Africa

+27(0)21 808 9265 alumni@sun.ac.za

Facebook Linkedin Instagram Twitter

We are using cookies to give you the best experience on our website.

You can find out more about which cookies we are using or switch them off in settings.

Privacy Overview

This website uses cookies so that we can provide you with the best user experience possible. Cookie information is stored in your browser and performs functions such as recognising you when you return to our website and helping our team to understand which sections of the website you find most interesting and useful.

Strictly Necessary Cookies

Strictly Necessary Cookie should be enabled at all times so that we can save your preferences for cookie settings.

If you disable this cookie, we will not be able to save your preferences. This means that every time you visit this website you will need to enable or disable cookies again.

3rd Party Cookies

This website uses Google Analytics to collect anonymous information such as the number of visitors to the site, and the most popular pages.

Keeping this cookie enabled helps us to improve our website.

Please enable Strictly Necessary Cookies first so that we can save your preferences!