
- This event has passed.
Windhoek hier kom ons
8 December 2021 @ 5:30 pm - 7:30 pm

Na ʼn moeilike jaar vol onsekerheid, inperkings en veilige afstandhouding dink ons dat die tyd nou reg is om Maties-alumni in Windhoek bymekaar te bring vir die amptelike bekendstelling van ons nuutgestigte Alumni-tak in die area.
Die Windhoek Alumni-komitee nooi dus Maties uit verskillende nywerhede, belangegroepe en lewensterreine uit om by ons aan te sluit vir ʼn ontspanne aand om verbintenisse aan te gaan, te netwerk en ʼn paar Maties-herinneringe te herleef.
Dink jou net in — die vars buitelug, goeie geselskap en eet- en drinkgoed saam met vriende, oud en nuut.
Sluit asseblief by ons aan!
Besonderhede vir die geleentheid is soos volg:
Datum: Woensdag 8 Desember 2021
Tyd: 17:30 vir 18:00
Plek: Die Stellenbosch Winebar in Klein-Windhoek
RSVP: Stuur ‘n e-pos na alumni@sun.ac.za om te RSPV.
Ons sien uit daarna om jou te verwelkom!
Details
- Date:
- 8 December 2021
- Time:
-
5:30 pm - 7:30 pm
- Event Category:
- Events