Die bloeisels is oral te sien en selfs al is daar nog ‘n effense byt in die lug, kan ons begin uitkyk na somer wat langer dae en sonnige weer bring. Voor jy in die pad val om ‘n welverdiende blaaskans te neem, nooi ons jou graag om Saterdag 17 Junie 2023 vir ʼn unieke wynproe-ervaring by ons aan te sluit.
Ons verwelkom graag ons mede-alumni en eienaars van ʼn Franse wynlandgoed, Jaco en Petrie Terblanche van Chateau Lestevenie, vir hierdie ervaring. Hulle gaan hulle ‘House of Terblanche’-wyne uit die Dordogne in Frankryk ten toon stel. Hierdie wyne is meesterlik bewerk en versny deur mede-Suid-Afrikaner, Matie en wynmaker, Ramon Scholtz.
Jy sal nie die proe van hierdie unieke Suid-Afrikaanse invloed op Franse wyne wil misloop nie. Kom luister na Jaco en Petrie se stories uit hulle studentedae en oor hoe hulle uiteindelik die eienaars van ʼn Franse wynlandgoed geword het, terwyl jy vyf van hulle wyne proe en die heerlike peuselhappies van Kuierkos geniet.
Besonderhede van die geleentheid
Datum: Saterdag 17 Junie 2023
Tyd: 19:00 tot 22:00
Plek: Cricket Club Bloemendaal, Donkerelaan 14, 2061 JL Bloemendaal
Koste: €35 sluit wyn en peuselhappies in
RSVP: By alisonapril@sun.ac.za om jou plek te bespreek teen Maandag 12 Junie
Betaling: KLIK HIER om jou kaartjie te koop
Let wel: Daar gaan ‘n kontantkroeg beskikbaar wees na die wynproe-sessie.
Die wyne wat vir proe en bestelling beskikbaar is:
- Côtes de Bergerac Rouge 2019
- Bergerac Rouge 2021
- Bergerac Rosé 2021
- Bergerac Rouge 2020
- Bergerac Blanc Sec 2022
- Lestevenie Gold
Jaco en Petrie sal wyn saam met hulle na Nederland bring; as jy dus wyn vooraf wil bestel om ná die geleentheid huis toe te neem, of by jou huis te laat aflewer, plaas gerus jou bestelling by www.chateaulestevenie.com. Jy sal ook bestellings by die geleentheid kan plaas, vir aflewering later.
Ons sien daarna uit om julle te ontmoet.