Suid-Afrika
Elgin
Elgin was die tweede amptelike tak wat in Suid-Afrika begin is en het deur die jare ’n paar fantastiese alumnigeleenthede aangebied. Die tak nestel in die pragtige Elgin-vallei en bestaan uit die kusdorpe Kleinmond, Bettysbaai en Pringlebaai. Jy kan uitsien na ’n hele rits inhoudryke alumni-gesprekke wat kwartaalliks op ’n Woensdag- of Donderdagaand aangebied word.
Dagboek hierdie datums
- Woensdag 10 Mei – Sluit aan by die ekonomie-historikus en skrywer prof Johan Fourie wat oor die verrykende reis en die lang tog na ’n beter ekonomiese toekoms gesels.
- Oktober/November – Maties-gesinsdag
Indien jy navraag wil doen oor die aktiwiteite, of betrokke wil raak, stuur ’n e-pos aan alumnihubs@sun.ac.za.