Suid-Afrika
Oos-Londen
Die Oos-Londen-tak is vroeg in 2022 gestig en word gelei deur ’n toegewyde vrywilligerspan, wat passievol is daaroor om die deure na leergeleenthede oop te maak en die Matie-netwerk na alle uithoeke van die OosKaap te neem. Jy kan uitsien na ’n wye verskeidenheid alumni-geleenthede in en om Oos-Londen in 2023.
Dagboek hierdie datums
- Saterdag 25 Maart – SWAN – ’n dag waarop Menseregte in die soeklig geplaas word
- Dinsdag 16 Mei – Beantwoord die oproep na ons Vasvra-aand Bridge the Gapfondsinsameling Woensdag
- 5 Julie – Ontmoet die Rektor, prof Wim de Villiers November – Alumni-gesinstaptog, met buitelugpret gewaarborg.
Indien jy navraag wil doen oor die aktiwiteite, of betrokke wil raak, stuur ’n e-pos aan alumnihubs@sun.ac.za.