KENNISGEWING AAN ALLE LEDE VAN DIE KONVOKASIE VAN UNIVERSITEIT STELLENBOSCHNOMINASIES VIR LEDE VAN DIE UITVOERENDE KOMITEE VAN DIE KONVOKASIEĀ 

Ingevolge klousule 51 van die Statuut (2019), moet die Konvokasie ā€˜n president, ā€˜n visepresident, ā€˜n sekretaris en twee ander lede uit Konvokasiegeledere kies wat deel sal uitmaak van die Uitvoerende Komitee van die Konvokasie.Ā Lede van die Konvokasie van die Universiteit Stellenbosch word hiermee uitgenooi om ā€˜n lid of lede te benoem om vir ā€˜n termyn van drie (3) jaar as lede van die Uitvoerende Komitee te dien nadat die vorige Uitvoerende Komitee se termyn geĆ«indig het. Die termyn van die nuut verkose Uitvoerende Komitee sal strek vanaf die dag wat die uitslae van die verkiesing aangekondig is.Ā Lede van die Konvokasie word versoek om ingevolge dieĀ Prosedure vir die nominasie en verkiesing van die Konvokasie se Uitvoerende Komitee, elektroniese nominasies in te dien vir geskikte kandidate om hierdie vakatures te vul.Ā ā€˜n Nominasievorm en alle relevante inligting is op dieĀ KonvokasiewebbladĀ beskikbaar. Nominasies open op Maandag,Ā 12 Februarie 2024,Ā vir 30 (dertig) dae, en sluit opĀ 13 Maart 2024.Ā  Nominasievorms moet ons voor 23:59 op die sluitingsdatum bereik. Geen nominasies wat laat ingedien word sal aanvaar word nie.Ā Neem asseblief kennis dat ons nie verdere kennisgewings gaan uitreik om lede te herinner om nominasies in te dien nie.Ā ā€˜n Lid moet deur een (1) voorsteller genomineer word en vier (4) ander lede moet die nominasie sekondeer. Dui asseblief duidelik op die nominasievorm aan vir watter posisie(s) die genomineerde hulself beskikbaar stel. Die nominasie moet vergesel word van ā€˜n verklaring deur die genomineerde dat hulle die nominasie aanvaar en die verkiesingsreĆ«ls sal nakom, enĀ  ā€˜n visiestelling deur die genomineerde van maksimum 100 woorde. Die nominasie kan ook ā€˜n CV (opsioneel) insluit. Nominasies moet voor of op die sluitingsdatum per e-pos aanĀ verkiesings@sun.ac.zaĀ gestuur word.Ā Volgens klousule 47(1) van die Statuut (2019) is alle persone aan wie ā€˜n kwalifikasie by ā€˜n kongregasie van die Universiteit toegeken is, alle voltydse akademiese personeel van die Universiteit, alle voormalige voltydse akademiese personeel van die Universiteit wat die diens van die Universiteit verlaat het as gevolg daarvan dat hulle die aftree-ouderdom bereik het, lede van die Konvokasie en mag hulle genomineer word om in die Uitvoerende Komitee van die Konvokasie te dien. Konvokasielede soos gelys kan ook as voorsteller optree of ā€˜n nominasie sekondeer.