Maties Sports

Maties Sport

Die nostalgie wat met Matie-wees gepaardgaan, is uiters spesiaal – daar is net goeie herinneringe aan someraande by die Danie Craven-stadion, gejuig vir die maroenmasjien, of die vinnige aksie van basketbal en netbal in die Coetzenburg-sentrum, om nie eers te praat van rekord-oomblikke by die geskiedkundige Coetzenburg-stadion nie.

Coetzenburg is die hart van die Universiteit Stellenbosch, ongeag of jy ’n sport beoefen het of nie. Jou teenwoordigheid op wedstyd-aande of feitlik, deur die vele aanlyn-geleenthede, is noodsaaklik om die nalatenskap wat oor 100 jaar gevorm is, te laat aanhou groei.

Vandag bied Maties Sport 30 kodes – 11 van hulle hoëprestasie – aan sowat 3 000 studentatlete en dien steeds as die slypskool vir uitnemendheid in afrigting, sportinnovasie en nasionale kampioene.

Tydens die ongekende omstandighede van die afgelope twee jaar het Maties Sport na vore getree as ’n leier onder Suid-Afrikaanse universiteite deur tegnologie te gebruik om aanlyn te verskuif met afrigtingsessies oor kodes, webinars en nasionale kompetisies. In 2022 sal die terugkeer na aksie vinnig en daadwerklik wees sodra COVID-19- beperkings opgehef sou word en ons hoop om ondersteuners terug te verwelkom in ons beroemde stadions. So, bly verbind met Maties Sport, hou jou kalender op datum en vier daai maroen steeds met trots – en onthou … #gooimielies!

Moenie die aksie misloop nie

Maties Sport het ’n wye en uiteenlopende netwerk van volgelinge op sosiale media. “Like” en volg ons om te verseker dat jy op die hoogte bly van wie in watter sportsoort uitblink, watter span boaan die puntelys is, wie die vlag vir Suid-Afrika wapper en natuurlik die wedstrydlys van jou gunsteling sport.

Boonop wil jy dalk by een van ons vele aanlynbyeenkomste aansluit om van kundiges op hul gebied te hoor en om deel te neem aan die algemene gesprek rondom universiteitsport en jou alma mater in die besonder. Ons hoor graag van jou, so deel gerus jou kommentaar, foto’s en stories met ons. Jy is immers ons inspirasie en … eenmaal ’n Matie, altyd ’n Matie.

Reg vir wegspring!

Om te sê dat die COVID-19-pandemie verwoesting in die sportwêreld in 2020/2021 gesaai het, is om dit sagkens te stel. Ongelukkig stoomroller dit steeds voort en die gevoel teen druktyd by Maties Sport se 30 kodes is een van onsekerheid oor kompetisiedatums en lokale – selfs al sou dit eindig.

Hopelik sal wedstryde aan die begin van die eerste kwartaal deur die beheerliggame bevestig word, wat ons talentvolle studentatlete in staat sal stel om weer op die speelveld te wees, hul ondersteuners te vermaak en die Universiteit Stellenbosch trots te maak.

Volg die kodes en spelers op sosiale media!

Jy kan ons volg op ons Facebook, Instagram of op Twitter @matiessport volg om al ons opkomende wedstryde.

Kontak: Ons Sportbestuurders

Netbal: Charle Swart (matiesnetbal@sun.ac.za

Netbal: Charle Swart (matiesnetbal@sun.ac.za

Rugby: Sean Surmon (surmon@sun.ac.za

Atletiek: Keagan van Aarde (vanaarde@sun.ac.za

Krieket: Keagan van Aarde (vanaarde@sun.ac.za

Oor tot aksie

Jy kan ons volg op ons Facebook, Instagram of op Twitter @matiessport volg om al ons opkomende wedstryde.

Kontak: Ons Sportbestuurders

Netbal: Charle Swart (matiesnetbal@sun.ac.za

Gebeure

Hardloop en fietsry tydens Tuiskoms 2022: Saterdag 10 September 

Dok Craven Gholfdag: Vrydag 7 Oktober 

Varsitybeker-wedstrydlys 

Maandag 14 Februarie, 19:00 

FNB Tuks vs FNB Maties | Tuks-stadion | TV 

Maandag 21 Februarie, 19:00 

FNB UV vs FNB Maties | Shimla Park | TV 

Maandag 28 Februarie, 19:00 

FNB Maties vs FNB Wits | Danie Craven-stadion 

Maandag 7 Maart, 19:00 

FNB Maties vs FNB UJ | Danie Craven-stadion 

Maandag 14 Maart, 19:00 

FNB CUT vs FNB Maties | CUT Rugby-stadion 

Maandag 21 Maart, 19:00 

FNB Maties vs FNB NWU | Danie Craven-stadion | TV 

Maandag 28 Maart, 19:00 

FNB UCT vs FNB Maties | UK Rugbyvelde | TV 

Maandag 4 April, 19:00 

FNB Maties vs FNB Madibaz | Danie Craven-stadion 

Maandag 11 April, 19:00 

FNB Maties vs FNB UWK | Danie Craven-stadion

Varsity Sport 

Februarie tot April – Varsitybeker (Rugby) 

Maart – Varsity Atletiek 

Mei – Varsity Hokkie 

Augustus – Varsity Netbal 

September – Varsity Krieket 

Oktober – Varsity 7s & Varsity Basketbal 

USSA (Besoek https://sport.sun.ac.za/ vir die jongste inligting.) 

April – eSport, skaak 

Julie – Muurbal, rugby, hokkie, basketbal, netbal, gholf 

September – Roei, kanovaart, 7s rugby, swem 

Desember – Krieket, sokker, waterpolo 

Krieket 

Premier 50 boulbeurte (2021-2022) Mans:

Saterdag 8 Januarie 

Saterdag 15 Januarie 

Saterdag 22 Januarie 

Sondag 23 Januarie 

Saterdag 29 Januarie 

Saterdag 5 Februarie 

Saterdag 12 Februarie 

Saterdag 19 Februarie 

Saterdag 26 Februarie