
Elf Knight-Hennesy studente en vyf personeelledeĀ van Stanford Universiteit het Fakulteit Opvoedkunde op 21 Augustus besoek. Hulle is deur die Kantoor van prof Jonathan Jansen, Uitgelese Professor van Opvoedkunde, Departement Opvoedkundige Beleidstudie, ontvang.
Alle Knight-Hennessy studente is Stanford Universiteit graadstudente, wat by Knight-Hennessy Scholars aangesluit het bykomend tot die graadprogram by enige van Stanford se sewe skole waarvoor hulle ingeskryf is.
DieĀ Knight-Hennessy Scholar ProgrammeĀ kweek en ondersteun ān multidissiplinĆŖre en multikulturele gemeenskap van gegradueerde studente van regoor Stanford Universiteit en lewer innemende ervarings wat gegradueerdes voorberei om visioenĆŖre, moedige en samewerkende leiers te wees wat komplekse uitdagings aanspreek wat die wĆŖreld in die gesig staar.
Prof Jansen het hierdie studente verwelkom en gedeel oor die geskiedenis van Suid-Afrikaanse universiteite asook die korrupsie en integriteit binne hulle. Hy het gesĆŖ dat daar Å mate van korrupsie binne alle universiteite regoor die wĆŖreld is, maar dat daar ān stadium is wanneer korrupsie Å epidemie word en dat dit is wanneer korrupsie ān algemene manier van doen word. Volgens Jansen is daar óf ān gebrek aan kapasiteit en/of ān gebrek aan integriteit wat korrupsie veroorsaak het. Hy het genoem dat ān universiteit soos die US die kapasiteit en voorsorgmaatreĆ«ls in plek het om korrupsie te stop, maar dat dit nie die geval is by baie ander universiteite in Suid-Afrika nie. Hy het verwys na ān ander SA universiteit waar daar sluipmoordpogings op die visekanselier was omdat hy probeer het om korrupsie binne die instelling te stop. āIets moes oor die jare in die instelling gebeur het om so te word. Dit het nie oornag gebeur nie.ā Jansen het die besoekers gevra wat hulle sou doen as hulle ān groot bedrag geld kry en niemand hulle sien nie. Sou hulle dit vir hulself vat of by die polisie ingee? Die studente het gemengde gevoelens hieroor gehad en het nie gemaklik gevoel met enige van die opsies nie, hoewel sommige van hulle gesĆŖ het dat hulle dit sonder twyfel aan die polisie sal oorhandig. Hy het toe verder gevra of mense se persepsies van wat reg en verkeerd is gebaseer is op wat ander doen en of hulle oneerlik sal wees as hulle sien ander doen dit. Jansen het gesĆŖ dat mense hul leiding neem van leierskap en dat kapasiteit vinnig herstel kan word, maar dat integriteit tyd neem. āOns het ān plig om ons stemme dik te maak. Jy moet modelleer wat jy wil hĆŖ ander moet doen wanneer jy in leierskap is,ā het Jansen gesĆŖ. Hy het verder bygevoeg dat wanneer ān leier ān fout maak, hy of sy moet erken dat hulle verkeerd was en daarvoor omverskoning moet vra.
Die besoekende studente is oorspronklik van verskillende dele van die VSA soos Las Vegas, New Mexico, Florida, Texas, ens. asook van Taiwan en Israel. Hulle volg ān verskeidenheid studierigtings soos Geneeskunde, Ingenieurswese, Rekenaarwetenskap en Regte onder andere.
āFoto:Ā Prof Jonathan Jansen en Delecia Davids (dosent by Fakulteit Opvoedkunde) saam met van die Knight Hennessy studente en personeel.


