Skip to content
<\/i>","library":"fa-solid"}}" data-widget_type="nav-menu.default">
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • English
  • Konvokasie
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • English
  • Konvokasie

Menu

  • English
  • Afrikaans

Prof Jansen deel die geskiedenis en integriteit van SA universiteite met Knight-Hennessy studente

Elf Knight-Hennesy studente en vyf personeellede van Stanford Universiteit het Fakulteit Opvoedkunde op 21 Augustus besoek. Hulle is deur die Kantoor van prof Jonathan Jansen, Uitgelese Professor van Opvoedkunde, Departement Opvoedkundige Beleidstudie, ontvang.

Alle Knight-Hennessy studente is Stanford Universiteit graadstudente, wat by Knight-Hennessy Scholars aangesluit het bykomend tot die graadprogram by enige van Stanford se sewe skole waarvoor hulle ingeskryf is.

Die Knight-Hennessy Scholar Programme kweek en ondersteun ‘n multidissiplinêre en multikulturele gemeenskap van gegradueerde studente van regoor Stanford Universiteit en lewer innemende ervarings wat gegradueerdes voorberei om visioenêre, moedige en samewerkende leiers te wees wat komplekse uitdagings aanspreek wat die wêreld in die gesig staar.

Prof Jansen het hierdie studente verwelkom en gedeel oor die geskiedenis van Suid-Afrikaanse universiteite asook die korrupsie en integriteit binne hulle. Hy het gesê dat daar ʼn mate van korrupsie binne alle universiteite regoor die wêreld is, maar dat daar ‘n stadium is wanneer korrupsie ʼn epidemie word en dat dit is wanneer korrupsie ‘n algemene manier van doen word. Volgens Jansen is daar óf ‘n gebrek aan kapasiteit en/of ‘n gebrek aan integriteit wat korrupsie veroorsaak het. Hy het genoem dat ‘n universiteit soos die US die kapasiteit en voorsorgmaatreëls in plek het om korrupsie te stop, maar dat dit nie die geval is by baie ander universiteite in Suid-Afrika nie. Hy het verwys na ‘n ander SA universiteit waar daar sluipmoordpogings op die visekanselier was omdat hy probeer het om korrupsie binne die instelling te stop. “Iets moes oor die jare in die instelling gebeur het om so te word. Dit het nie oornag gebeur nie.” Jansen het die besoekers gevra wat hulle sou doen as hulle ‘n groot bedrag geld kry en niemand hulle sien nie. Sou hulle dit vir hulself vat of by die polisie ingee? Die studente het gemengde gevoelens hieroor gehad en het nie gemaklik gevoel met enige van die opsies nie, hoewel sommige van hulle gesê het dat hulle dit sonder twyfel aan die polisie sal oorhandig. Hy het toe verder gevra of mense se persepsies van wat reg en verkeerd is gebaseer is op wat ander doen en of hulle oneerlik sal wees as hulle sien ander doen dit. Jansen het gesê dat mense hul leiding neem van leierskap en dat kapasiteit vinnig herstel kan word, maar dat integriteit tyd neem. “Ons het ‘n plig om ons stemme dik te maak. Jy moet modelleer wat jy wil hê ander moet doen wanneer jy in leierskap is,” het Jansen gesê. Hy het verder bygevoeg dat wanneer ‘n leier ‘n fout maak, hy of sy moet erken dat hulle verkeerd was en daarvoor omverskoning moet vra.

Die besoekende studente is oorspronklik van verskillende dele van die VSA soos Las Vegas, New Mexico, Florida, Texas, ens. asook van Taiwan en Israel. Hulle volg ‘n verskeidenheid studierigtings soos Geneeskunde, Ingenieurswese, Rekenaarwetenskap en Regte onder andere.

​Foto: Prof Jonathan Jansen en Delecia Davids (dosent by Fakulteit Opvoedkunde) saam met van die Knight Hennessy studente en personeel.

More articles

Innovus vier vroue entrepreneurs wat van ons wêreld ‘n beter plek maak

Gebrek aan fondse kniehalter dienste aan mense met psigososiale gestremdhede

Vroue en werk

Once a Matie, Always a Matie
Once a Matie, Always a Matie
  • Homecoming
    • Tuiskoms 2024
    • Tuiskoms 2023
    • Tuiskoms 2022
    • Tuiskoms 2020
  • Campaigns
    • 2021
      • Dekaansfonds: Regsfakulteit
      • Covid-19
      • Masked Masterpieces
      • Thank You
    • 2022
      • #Action4inclusion
      • BRIDGE THE GAP ANNUAL FUND
      • EindeGBV
      • Train4Fees
      • #SciMathus
      • Move4Food
    • 2023
      • Borskanker Bewustheids Maand
  • Chapters
    • Globale Maties Netwerk
  • Alumni Vlagskip-Programme
    • PreAlumni
    • Swan
    • Jong Alumni
  • Geleenthede
    • Alumni-interaksie Kalender
    • Geleenthede
  • Media
  • Video’s
  • Donate
    • Move4Food
    • Skenk
    • Impakverslag
  • Get informed
    • Alumni Clubhouse
    • Kontak
    • Raak ingelig
    • Matie Shop
    • Maties Wynklub
  • Vrywilligerswerk vir die US
  • Visit Sun.ac
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • English
  • Konvokasie

Stellenbosch
Private Bag X1
Matieland
South Africa

+27(0)21 808 9265
alumni@sun.ac.za

Facebook Linkedin Instagram Twitter

We are using cookies to give you the best experience on our website.

You can find out more about which cookies we are using or switch them off in .

Privacy Overview

This website uses cookies so that we can provide you with the best user experience possible. Cookie information is stored in your browser and performs functions such as recognising you when you return to our website and helping our team to understand which sections of the website you find most interesting and useful.

Strictly Necessary Cookies

Strictly Necessary Cookie should be enabled at all times so that we can save your preferences for cookie settings.

If you disable this cookie, we will not be able to save your preferences. This means that every time you visit this website you will need to enable or disable cookies again.

3rd Party Cookies

This website uses Google Analytics to collect anonymous information such as the number of visitors to the site, and the most popular pages.

Keeping this cookie enabled helps us to improve our website.

Please enable Strictly Necessary Cookies first so that we can save your preferences!