Skip to content
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • English
  • Konvokasie
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • English
  • Konvokasie

Menu

  • English
  • Afrikaans

Afrika se volgende generasie wetenskaplike leiers in globale gesondheid

Die Afrika‑akademie vir wetenskappe (AAS) het ’n vennootskap met die  VS se nasionale gesondheidsinstitute (NIH) en die Bill & Melinda Gates‑stigting aangegaan ter verstewiging van wetenskaplike leierskap in Afrika en die bevordering van gesondheids‑ en ontwikkelingsdoelwitte op die vasteland.

Die Universiteit Stellenbosch se dr Carine Kunsevi Kilola is een van tien uitmuntende vroeëloopbaan‑wetenskaplikes uit nege Afrika‑lande aan wie genootskappe van vier jaar toegeken is met die doel om kapasiteit te bou vir die uitvoer van voorpuntnavorsing in wêreldwye gesondheid. Die genootskappe word toegeken via die African Postdoctoral Training Initiative‑ (APTI‑)program, welke program deur die Afrika‑akademie vir wetenskappe (AAS) in vennootskap met die VS se nasionale gesondheidsinstitute (NIH) en die Bill & Melinda Gates‑stigting geïmplementeer word.

Die APTI‑program is in 2019 van stapel gestuur om navorsingskapasiteit in Afrika‑lande te verstewig en deurlopende wetenskaplike vennootskappe te ontwikkel. Die APTI‑genote word opgelei en ondersteun om wetenskaplike leiers te word wat voorstaanders van uitgebreide navorsings‑ en innovasieprojekte in Afrika kan word. Dit word gedoen via vierjaar- nadoktorale genootskappe waartydens APTI-genote twee jaar lank by verskeie laboratoria van die NIH se institute of sentra aansluit voor hulle terugkeer na hul tuisinstellings in Afrika vir ’n verdere twee jaar se programondersteuning. Die Bill & Melinda Gates-stigting se steun aan die nadoktorale genote sluit in saadbefondsing vir hul navorsing by hulle terugkeer na die tuisinstelling.

Dr Peggy Oti-Boateng, Uitvoerende Direkteur by die Afrika‑akademie vir wetenskappe (AAS), sê “Die belegging in vroeëloopbaan‑wetenskaplikes is ’n noodsaaklike bestanddeel vir die transformasie van Afrika op ‘n kennisgebaseerde en tegnologie-geleide vasteland. Die AAS is daartoe verbind om navorsings‑ en innovasie‑uitruilings te fasiliteer ten einde navorsingsleierskap in Afrika te verbeter, lewens op die vasteland te transformeer, en die ‘Afrika wat ons wil hê’ te lewer.”

Hierdie derde kohort van die APTI‑genote (APTI 3), wat uit vyf vroue en vyf mans bestaan, aanvaar hul posisies in die NIH se gasheerlaboratoria in Oktober 2023. Die genote se navorsingsaktiwiteite is toegespits op spesifieke wêreldwye prioriteiteareas vir gesondheidsnavorsing, ingesluit menslike immunobiologie, mikrobioomnavorsing, die ontdekking van geneesmiddels, genomika, MIV, malaria, en moeder-, neonatale en kindergesondheid.

“Hierdie gesamentlike poging bring uitmuntende Afrika‑navorsers in die vroeë loopbaan na die NIH en verstewig ons navorsingsvennootskappe en ‑kapasiteit in Afrika oor die lang termyn,” sê dr Peter Kilmarx, waarnemende direkteur van die Fogarty internasionale sentrum en waarnemende mededirekteur vir internasionale navorsing aan die NIH, “Ons is verheug om hierdie tien nuwe uitstaande wetenskaplikes met uiteenlopende navorsingsbelangstellings te verwelkom.

Die APTI 3-genote verteenwoordig die beste navorsingstalent op die vasteland en het meegeding om ’n plek uit 296 aansoekers. Die tien nuwe genote sluit aan by twee ander aktiewe kohorte wie se besonderhede op die APTI‑program se webtuiste beskikbaar is.

 

Kohort 3: Genote vir die African Postdoctoral Training Initiative (APTI) 2023

  • Genoot: Carine Kunsevi Kilola
    Tuisinstelling: Universiteit Stellenbosch
    Land: Suid‑Afrika
    Navorsingsgebied: Moeder‑ en kindgesondheid
  • Genoot: Alphonsus Ugwu
    Tuisinstelling: Redeemer’s University
    Land: Nigerië
    Navorsingsgebied: Menslike immunobiologie vir waarneming
  • Genoot: Amadou Niangaly
    Tuisinstelling: University of Sciences, Techniques and Technology of Bamako
    Land: Mali
    Navorsingsgebied: Malaria‑ monoklonale teenliggaampies
  • Genoot: Daniel Amoako-Sakyi
    Tuisinstelling: University of Cape Coast
    Land: Ghana
    Navorsingsgebied: Mikrobioom‑ en immuunreaksies in kinders
  • Genoot: Diana Marangu
    Tuisinstelling: University of Nairobi
    Land: Kenia
    Navorsingsgebied: Respiratoriese gesondheid in kinders
  • Genoot: Kaelo Seatla
    Tuisinstelling: Botswana Harvard AIDS Institute Partnership
    Land: Botswana
    Navorsingsgebied: MIV‑genomika
  • Genoot: Lobe Maloba
    Tuisinstelling: University of Buea
    Land: Kameroen
    Navorsingsgebied: Ontdekking van geneesmiddels
  • Genoot: Rita Boateng
    Tuisinstelling: Noguchi Memorial Institute for Medical Research
    Land: Ghana
    Navorsingsgebied: Malaria‑ molekulêre waarneming / teenmalaria‑weerstandigheid
  • Genoot: Vinie Kouamou
    Tuisinstelling: Charles River Medical Group
    Land: Zimbabwe
    Navorsingsgebied: MIV‑inentingsontwikkeling / ‑geneesmiddel
  • Genoot: Yaovi Hounmanou
    Tuisinstelling: University of Abomey-Calavi
    Land: Benin
    Navorsingsgebied: Genomika vir waarneming

Onderskrif: Dr Carine Kunsevi Kilola

More articles

Boeke: Koos Bekker’s Billions

#SWAN: Dinamiese ma-en-dogter-duo vind inspirasie in sosiale geregtigheid

‘Geneser, improviseerder en vakkundige’

Once a Matie, Always a Matie
Once a Matie, Always a Matie
  • Homecoming
    • Tuiskoms 2024
    • Tuiskoms 2023
    • Tuiskoms 2022
    • Tuiskoms 2020
  • Campaigns
    • 2021
      • Dekaansfonds: Regsfakulteit
      • Covid-19
      • Masked Masterpieces
      • Thank You
    • 2022
      • #Action4inclusion
      • BRIDGE THE GAP ANNUAL FUND
      • EindeGBV
      • Train4Fees
      • #SciMathus
      • Move4Food
    • 2023
      • Borskanker Bewustheids Maand
  • Chapters
    • Globale Maties Netwerk
  • Alumni Vlagskip-Programme
    • PreAlumni
    • Swan
    • Jong Alumni
  • Geleenthede
    • Alumni-interaksie Kalender
    • Geleenthede
  • Media
  • Video’s
  • Donate
    • Move4Food
    • Skenk
    • Impakverslag
  • Get informed
    • Alumni Clubhouse
    • Kontak
    • Raak ingelig
    • Matie Shop
    • Maties Wynklub
  • Vrywilligerswerk vir die US
  • Visit Sun.ac
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • English
  • Konvokasie

Stellenbosch
Private Bag X1
Matieland
South Africa

+27(0)21 808 9265
alumni@sun.ac.za

Facebook Linkedin Instagram Twitter

We are using cookies to give you the best experience on our website.

You can find out more about which cookies we are using or switch them off in .

Privacy Overview

This website uses cookies so that we can provide you with the best user experience possible. Cookie information is stored in your browser and performs functions such as recognising you when you return to our website and helping our team to understand which sections of the website you find most interesting and useful.

Strictly Necessary Cookies

Strictly Necessary Cookie should be enabled at all times so that we can save your preferences for cookie settings.

If you disable this cookie, we will not be able to save your preferences. This means that every time you visit this website you will need to enable or disable cookies again.

3rd Party Cookies

This website uses Google Analytics to collect anonymous information such as the number of visitors to the site, and the most popular pages.

Keeping this cookie enabled helps us to improve our website.

Please enable Strictly Necessary Cookies first so that we can save your preferences!