Skip to content
  • Tuis
  • Matie shop
  • Maties Connect
  • Media
  • Kontak
  • Vir meer inligting oor COVID-19 Klik hier
  • English
Menu
  • Tuis
  • Matie shop
  • Maties Connect
  • Media
  • Kontak
  • Vir meer inligting oor COVID-19 Klik hier
  • English

Menu

  • English
  • Afrikaans

#Action4Inclusion: Baie dankie vir julle vrygewige donasies

Toe ek die nuus ontvang het van Feenix.org vir die befondsing vir my studenterekening, was ek oorweldig deur ’n gevoel van dankbaarheid. Ek het ook ’n bietjie verligting ervaar, want my ma sou nie nodig hê om nog ’n  lening uit te neem om my studiegeld te betaal nie. Laastens het ek gemotiveerd gevoel om my graad met goeie punte te behaal om my beleggers trots te maak.

Hierdie donasie beteken vir my so baie, want nou kan ek met gemak vir die eksamen voorberei, wetend dat my studiegeld betaal is. Wanneer ek slaag, sal ek nie hoef te wag vir my graad nie, maar ek sal dit saam met my mede-studente ontvang, want my klasgelde sal ten volle betaal wees. Laastens kan ek my loopbaan begin sonder die las van studieskuld.

Ek word gemotiveer deur mense – om hulle te sien swaarkry, maak my ten diepste seer. Ek sal al my vaardighede, kennis en talente gebruik om mense op enige manier moontlik by te staan. Ek sal byvoorbeeld my rekeningkundegraad gebruik om mense te leer hoe om hul finansiële state op ’n getroue manier op te stel, wat weer kan help om hul besighede aan die gang te hou vir toekomstige generasies.

Ek is ’n sportfanatikus; al my stokperdjies wentel rondom sport. My sporthelde, soos Lebron James en Cristiano Ronaldo het gesonde gewoontes gekweek wat beduidend bydra tot hul sukses. Gewoontes soos gereelde oefening, meditasie, die lees van romans, en positiewe bevestigings het deel geword van my leefstyl en is my belangrikste gewoontes/stokperdjies. Die suksesvolle voltooiing van my nagraadse studies, met goeie punte, is wat ek vir myself in die vooruitsig stel vir die res van die jaar. Daarna sal ek in Kaapstad werk waar ek my eerstejaar klerkskap by KPMG sal voltooi.

Soos ek genoem het in my biografie op my Feenix-profiel, is ek my ewige dank verskuldig aan my gemeenskap wat sedert my babadae vir my gesorg het. My plan is om my gemeenskap te help om ’n gesonder leefstyl te handhaaf, deur opvoeding oor die voordele van oefening, ’n  gesonde dieet en ’n rustige gemoed – nie alleen opvoeding nie, maar ook toegang tot fasiliteite wat sal bydra tot ’n gesonder leefstyl.

As ek my donateurs kon ontmoet, sou ek vir hulle sê “dankie, dankie en dankie”, want in my hart het ek net die grootste dankbaarheid teenoor hulle, skryf Cutin Ndala, ‘n nagraadse student in Rekeningkunde aan die Universiteit Stellenbosch.

Danksy jul ruim skenking sal Cutin in Desember 2021 gradueer.

Leer ken hom hier: https://feenix.org/student/61e448540d104b99afa62f8776194827-2021

***Is jy op soek na maniere om hierdie Feesseisoen iets terug te gee? Wat van om aan ‘n Matie-student die geskenk van ʼn opvoeding te gee? Jy kan nou help om sy of haar studenteskuld te delg, en dit is baie makliker as om geskenke in die winkel of aanlyn te koop.
Ons weet dat die Matie-gemeenskap se begeerte om die geskenk van ʼn opvoeding te gee niks nuuts is nie. Aangesien studenteskuld egter toenemend die norm vir die meeste universiteitstudente word, weet ons dat korporasies en individue na maniere soek om universiteitskoste te verlig en makliker van studenteskuld ontslae te raak.

Indien jy ʼn skenking wil doen en die las van studenteskuld vir studente soos Cutin wil verlig, besoek Feenix.org waar jy ‘n individuele student sal kan ondersteun of aan die algemene #Action4Inclusion-veldtog sal kan skenk.
https://feenix.org/campaign/78

Alle fondse wat ingesamel word, word direk aan die US betaal.

More articles

Visionêre Leierskap

Pionierstudie van TB in renosters steun Kruger-wildtuin se bewaringspogings

Nuwe behandeling bied hoop vir pasiënte met verwoestende longsiekte

  • Tuiskoms
    • Tuiskoms 2022
    • Tuiskoms 2020
  • Veldtogte
    • Dekaansfonds: Regsfakulteit
    • Covid-19 Hulpfondse
    • Train4Fees
    • Masked Masterpieces
    • Move4Food
    • #Action4inclusion
    • #SciMathus
    • BRIDGE THE GAP ANNUAL FUND
    • Dankie
  • Hubs & Clubs
    • VSA
    • VK
    • Noord-Amerika
    • Namibië
    • Londen
    • KwaZulu Natal
    • Ierland
    • Hongkong
    • Gauteng
    • Europa
    • Kanada
    • Breëriviervallei
  • Alumni Vlagskip-Programme
    • PreAlumni
    • Swan
    • Jong Alumni
  • Geleenthede
    • Alumni-interaksie Kalender
    • Geleenthede
    • Maties Geleenthede
      • Maties Sport
      • Jaarlikse gebeure
      • Crest Talks
      • Openbare lesings
      • Verjaarsdae
      • Koshuise
      • Eweknie-fondswerwing
  • Konvokasie
  • Vrywilligheid
  • Skenk
    • Skenk
    • Impakverslag
  • Alumni Clubhouse
  • Maties Wynklub
Once a Matie, Always a Matie
  • Tuis
  • Matie shop
  • Maties Connect
  • Media
  • Kontak
  • Vir meer inligting oor COVID-19 Klik hier
  • English

Stellenbosch
Private Bag X1
Matieland
South Africa

+27(0)21 808 9265 alumni@sun.ac.za

Facebook Linkedin Instagram Twitter

We are using cookies to give you the best experience on our website.

You can find out more about which cookies we are using or switch them off in settings.

Privacy Overview

This website uses cookies so that we can provide you with the best user experience possible. Cookie information is stored in your browser and performs functions such as recognising you when you return to our website and helping our team to understand which sections of the website you find most interesting and useful.

Strictly Necessary Cookies

Strictly Necessary Cookie should be enabled at all times so that we can save your preferences for cookie settings.

If you disable this cookie, we will not be able to save your preferences. This means that every time you visit this website you will need to enable or disable cookies again.

3rd Party Cookies

This website uses Google Analytics to collect anonymous information such as the number of visitors to the site, and the most popular pages.

Keeping this cookie enabled helps us to improve our website.

Please enable Strictly Necessary Cookies first so that we can save your preferences!