Skip to content
<\/i>","library":"fa-solid"}}" data-widget_type="nav-menu.default">
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • English
  • Konvokasie
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • English
  • Konvokasie

Menu

  • English
  • Afrikaans

US-kwantumkundige ontvang Italiaanse ridderskap

Een van die Universiteit Stellenbosch (US) se top-akademici, prof Francesco Petruccione van die Skool vir Datawetenskap en Rekenaardenke, het die naweek ʼn buitengewone eerbewys ontvang toe die Italiaanse ambassadeur in Suid-Afrika die Orde van die Ster van Italië aan hom toegeken het.

Die Ordine della Stella d’Italia is ʼn Italiaanse eerbewys wat soortgelyk aan ʼn Britse ridderskap is. Petruccione het die toekenning op Saterdag, 4 Junie gedurende die viering van Italië se Republiekdag in Kaapstad van die Italiaanse ambassadeur, Paolo Cuculi, ontvang.

Petruccione, wat in Italië gebore is en verlede jaar as ʼn professor in kwantumrekenaarwetenskap aan die US aangestel is, is deur Cuculi as “een van die voorste kundiges in kwantumtegnologieë” en ʼn uitgelese akademikus en navorser beskryf. Petruccione was voorheen die Pro-visekanselier: Groot Data en Informatika aan die Universiteit van KwaZulu-Natal (UKZN).

“Deur sy akademiese en navorsingsaktiwiteite het hy nie net die grootste kwantumtegnologie-navorsingsgroep in Suid-Afrika gestig nie, maar ook voortgesette transformasie op sy kundigheidsgebied bevorder met die doel om die gaping te oorbrug tussen navorsing en innovasie om volhoubare ontwikkeling tot voordeel van burgers te verseker. Prof Petruccione behou gereelde kontak met die Italiaanse gemeenskap in Suid-Afrika, wat tot die versterking van bilaterale betrekkinge tussen en Rome en Pretoria bydra,” het Cuculi gesê.

ʼn Paar dae ná die plegtigheid het Petruccione steeds van trots gestraal. “Die weer was Sondag mistroostig, maar dit was ʼn vreugdevolle dag. Ek voel nederig en baie dankbaar,” het hy gesê. “Hierdie eerbewys verleen erkenning aan my werk in teoretiese fisika en getuig van die mag van wetenskaplike navorsing en die najaag van kennis. Ek is diep dankbaar vir hierdie erkenning en bly verbind tot bydraes tot die wetenskaplike gemeenskap.”

Petruccione het eers tien dae voor geleentheid gehoor dat die Orde van die Ster van Italië aan hom toegeken gaan word. Hy het dadelik die nuus aan sy vrou, Monique Labat, oorgedra, maar het eers ná Sondag se plegtigheid sy 87-jarige ma in Italië gebel met die nuus dat hy nou ʼn Cavaliere (Sir) is. Hy het ʼn sertifikaat met die handtekening van die Italiaanse President en die Minister van Buitelandse Sake ontvang, asook ʼn medalje en ʼn borsspeld.

Al het hy nou ʼn ander uitgelese titel benewens professor, terg Petruccione dat hy nie daarop sal aandring dat sy US-kollegas hom “Sir” noem nie.

Die Orde van die Ster van Italië gee spesifiek erkenning aan Italianers in die buiteland wat vriendelike betrekkinge en samewerking tussen Italië en ander lande bevorder het. Petruccione het Italië op 18-jarige ouderdom verlaat om in Duitsland te gaan studeer, maar het altyd noue bande met sy tuisland gehandhaaf. In Desember verlede jaar het hy bygedra tot die fasilitering van ʼn memorandum van verstandhouding (MOU) tussen die US en een van die voorste institute vir teoretiese fisika ter wêreld, die Internasionale Sentrum vir Teoretiese Fisika wat in Trieste in Italië geleë is. Hy het ook ʼn rol gespeel in ʼn MOU tussen die US en Cineca, die grootste hoëprestasie-rekenaarwetenskapsentrum in Italië.

Petruccione het oorspronklik fisika aan die Universiteit van Freiburg in Duitsland gestudeer, waar hy ʼn doktorsgraad in navorsing behaal het. Hy is in 2004 as professor in teoretiese fisika aan die UKZN aangestel. In 2005 het hy ʼn Innovasiefonds-toekenning ontvang om ‘n Sentrum vir Kwantumtegnologie op die been te bring. In 2007 is hy as bekleër van die Suid-Afrikaanse Navorsingsleerstoel vir kwantuminligtingsverwerking en -kommunikasie aangewys.

Hy is die tussentydse Direkteur van die Suid-Afrikaanse Nasionale Instituut vir Teoretiese en Rekenaarwetenskappe (NITheCS), ʼn verkose lid van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en die Afrika-akademie vir Wetenskap, asook ʼn genoot van die Royal Society of South Africa. Hy het sowat 250 referate in eweknie-beoordeelde wetenskapvaktydskrifte gepubliseer en het die grootste navorsingsgroep in kwantumtegnologie in Suid-Afrika opgebou.

Petruccione het al dikwels gesê sy hooffokus is om die gaping tussen fundamentele navorsing, innovasie en ontwikkeling te verklein om probleme op te los en volhoubare ontwikkeling te verseker.

“Ons het nie die miljarde dollars wat lande soos Amerika en China in kwantumrekenaarwetenskap en -tegnologieë belê nie, so ons moet slim speel. Ons moet ons nisgebiede vind en daarin uitblink. Ons het dalk nie die hulpbronne om ons eie kwantumrekenaarwetenskap-toestel te bou nie, maar ons kan op sagteware en die ontwikkeling van algoritmes en ander instrumente fokus. Navorsers hier gebruik kwantumrekenaarwetenskap byvoorbeeld om beter benaderings tot masjienleer te ondersoek en om volhoubare ontwikkelingsdoelwitte aan te pak. Dis pret om aan sulke innovasies in Suid-Afrika te werk. Ons het geleenthede om mense betrokke te kry en vorm te gee aan wat gebeur.”

Die afgelope jaar in Stellenbosch was ʼn wonderlike ervaring, het Petruccione gesê. Hy hou toesig oor agt nagraadse studente en word deur hul entoesiasme vir kwantummeganika geïnspireer.

“Dis opwindend om deel van die US-gemeenskap te wees. Dis moeilik om nie van hierdie dorp te hou nie. Benewens die mense, kan jy die beste koffie, kos en wyn hier kry. Gedurende beurtkrag maak ek en my vrou dikwels ʼn draai by Rome in a Bite vir ʼn Italiaanse happie.”

More articles

Lang pad van BSc VKP-student tot PhD in Chemie

Rekenmeester met ‘n hart vir die gemeenskap

US onwrikbaar verbind tot menseregte, waardigheid, meertaligheid en inklusiwiteit

Once a Matie, Always a Matie
Once a Matie, Always a Matie
  • Homecoming
    • Tuiskoms 2024
    • Tuiskoms 2023
    • Tuiskoms 2022
    • Tuiskoms 2020
  • Campaigns
    • 2021
      • Dekaansfonds: Regsfakulteit
      • Covid-19
      • Masked Masterpieces
      • Thank You
    • 2022
      • #Action4inclusion
      • BRIDGE THE GAP ANNUAL FUND
      • EindeGBV
      • Train4Fees
      • #SciMathus
      • Move4Food
    • 2023
      • Borskanker Bewustheids Maand
  • Chapters
    • Globale Maties Netwerk
  • Alumni Vlagskip-Programme
    • PreAlumni
    • Swan
    • Jong Alumni
  • Geleenthede
    • Alumni-interaksie Kalender
    • Geleenthede
  • Media
  • Video’s
  • Donate
    • Move4Food
    • Skenk
    • Impakverslag
  • Get informed
    • Alumni Clubhouse
    • Kontak
    • Raak ingelig
    • Matie Shop
    • Maties Wynklub
  • Vrywilligerswerk vir die US
  • Visit Sun.ac
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • English
  • Konvokasie

Stellenbosch
Private Bag X1
Matieland
South Africa

+27(0)21 808 9265
alumni@sun.ac.za

Facebook Linkedin Instagram Twitter

We are using cookies to give you the best experience on our website.

You can find out more about which cookies we are using or switch them off in .

Privacy Overview

This website uses cookies so that we can provide you with the best user experience possible. Cookie information is stored in your browser and performs functions such as recognising you when you return to our website and helping our team to understand which sections of the website you find most interesting and useful.

Strictly Necessary Cookies

Strictly Necessary Cookie should be enabled at all times so that we can save your preferences for cookie settings.

If you disable this cookie, we will not be able to save your preferences. This means that every time you visit this website you will need to enable or disable cookies again.

3rd Party Cookies

This website uses Google Analytics to collect anonymous information such as the number of visitors to the site, and the most popular pages.

Keeping this cookie enabled helps us to improve our website.

Please enable Strictly Necessary Cookies first so that we can save your preferences!