Skip to content
<\/i>","library":"fa-solid"}}" data-widget_type="nav-menu.default">
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • English
  • Konvokasie
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • English
  • Konvokasie

Menu

  • English
  • Afrikaans

#Action4Inclusion: Matie gebruik gradepartytjie om geld vir studente in te samel

Wanneer die meeste studente gradueer, kan hulle nie wag om die vonkelwynproppe saam met vriende en familie te laat skiet nie. Een van die Universiteit Stellenbosch (US) se sterstudente het egter besluit om sy gradedagviering te gebruik om ’n goeie saak te ondersteun. Thembalethu Seyisi (22), wat verlede jaar sy LLB-graad verwerf en ’n Rektorstoekenning vir Uitnemendheid in Sosiale Impak ontvang het, sal geld insamel vir #Action4Inclusion, ’n skarefinansieringsveldtog om studenteskuld te help verlig, wanneer hy op 5 April sy gradeviering hou.

Die #Action4Inclusion-inisiatief is in 2020 deur die US Studenteraad onder beskerming van prof Thuli Madonsela, bekleër van die Regstrustleerstoel in sosiale geregtigheid, van stapel gestuur. Die geld wat ingesamel word, word gebruik om studente te ondersteun wat weens uitstaande studiegeld nie vir die volgende akademiese jaar kan registreer nie, sowel as vir gegradueerdes wat om dieselfde rede nie op gradedag toegang tot hulle akademiese rekords kan kry nie.

Thembalethu is bekend vir sy toewyding aan sosiale geregtigheid en onvermoeide werk om jongmense se lewens te verbeter. Met sy 21ste verjaardag in 2020 het hy besluit om die boek 21 Life Lessons @ 21 uit te gee om geld vir liefdadigheid in te samel in plaas daarvan om ’n groot opskop te hou. Toe hy nog ’n derdejaarstudent was, het Thembalethu 21 suksesvolle mense genader na wie hy opsien – ’n paar hoëprofielrolmodelle sowel as persoonlike helde en familielede – en hulle gevra om hom van een lewensles te vertel wat húlle graag op 21 sou wou geweet het. Die eindproduk was 21 Life Lessons @ 21, ’n wonderlike bundel verhale deur inspirerende Suid-Afrikaners soos regter Edwin Cameron, prof Thuli Madonsela, prof Kgethi Phakeng, Sello Hatang, Sandra Prinsloo, Khaya Sithole, Zelda la Grange en vele meer.

As gevolg van die Covid-19-regulasies was ’n groot partytjie nie in 2020 moontlik nie, verduidelik Thembalethu. “Ek het besluit ek wou my 21ste verjaardag vier deur iets sinvol te doen. Ek wou ook graag teruggee aan die samelewing. Ek het die afgelope paar jaar soveel geleer by ongelooflike rolmodelle in my lewe. Ek’s diep dankbaar vir die unieke geleenthede wat ek gehad het, soos die Ciucci-beurs van die Stella-stigting waarmee ek vir regstudie aan die US kon inskryf.

“Ek wou hê ander jongmense moet ook die liefde, welwillendheid en inspirasie beleef wat ek ondervind het. Ek was die afgelope tyd bevoorreg om wonderlike mense te kon ontmoet wie se ervaring ’n bron van inspirasie is vir sowel jonk as oud in die moeilike tye waarin ons leef. Nóg ’n groot beweegrede vir 21 Life Lessons @ 21 was om geld in te samel vir sake waaroor ek passievol is, soos om studente hulle uitstaande studiegeld te help betaal sodat hulle kan gradueer.”

Nadat hy verlede jaar sy LLB-graad ontvang het, het Thembalethu in Januarie as ’n kandidaatprokureur by Cluver Markotter Prokureurs op Stellenbosch begin werk. Sy gradepartytjie by Middelvlei-wynlandgoed op 5 April sal ’n geldinsameling wees, en gaste sal vir skenkings aan #Action4Inclusion gevra word.

Thembalethu sê hy sien uit na sy gradeviering as ’n geleentheid om dankie te sê aan vriende, familie en dosente wat hom deur sy studie aan die US ondersteun en aangemoedig het. “Ek wil ook graag die voorreg om by ’n wêreldklasuniversiteit te kon studeer met ander deel, en studente wat sukkel om hulle studieskuld te betaal ook die vreugde gee om te gradueer.” Thembalethu sê dit is vir hom ’n “groot eer” dat prof Madonsela en regter Cameron sy gradegeldinsameling onderskryf. “Ek’s ook besonder dankbaar teenoor Jeanneret Momberg by Middelvlei en Maties Alumni wat my hierdie spesiale geleentheid by so ’n pragtige plek help reël.”

Mense wat hierdie merkwaardige jong man ’n verskil wil help maak, kan by www.givengain.com/cc/action4inclusion tot #Action4Inclusion bydra. Thembalethu het ook 50 eksemplare van 21 Life Lessons @ 21 beskikbaar gestel vir sy gradegeldinsameling. Die boeke sal deur prof Wim de Villiers (Rektor en Visekanselier van die US), prof Madonsela en regter Cameron geteken word.

Die boek kan op die webtuiste www.21lifelessons.co.za bestel word, en is in PDF- (R150) of gedrukte vorm (R250) te kry. Die bundel met sy baie verhale van veerkragtigheid en hoop is die volmaakte geskenk vir mense van alle ouderdomme wat in ’n blink toekoms vir Suid-Afrika glo.

  • Kontak Thembalethu Seyisi vir verdere inligting by seyisithembalethu@gmail.com of 072 785 3218.

More articles

Fasiliteitsbestuur maak hande vuil by Laerskool AF Louw in Stellenbosch vir Mandeladag

Dankie vir jou donasie aan Huis ten Bosch

Kurrikula moet reageer op die gemeenskap se behoeftes

Once a Matie, Always a Matie
Once a Matie, Always a Matie
  • Homecoming
    • Tuiskoms 2024
    • Tuiskoms 2023
    • Tuiskoms 2022
    • Tuiskoms 2020
  • Campaigns
    • 2021
      • Dekaansfonds: Regsfakulteit
      • Covid-19
      • Masked Masterpieces
      • Thank You
    • 2022
      • #Action4inclusion
      • BRIDGE THE GAP ANNUAL FUND
      • EindeGBV
      • Train4Fees
      • #SciMathus
      • Move4Food
    • 2023
      • Borskanker Bewustheids Maand
  • Chapters
    • Globale Maties Netwerk
  • Alumni Vlagskip-Programme
    • PreAlumni
    • Swan
    • Jong Alumni
  • Geleenthede
    • Alumni-interaksie Kalender
    • Geleenthede
  • Media
  • Video’s
  • Donate
    • Move4Food
    • Skenk
    • Impakverslag
  • Get informed
    • Alumni Clubhouse
    • Kontak
    • Raak ingelig
    • Matie Shop
    • Maties Wynklub
  • Vrywilligerswerk vir die US
  • Visit Sun.ac
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • English
  • Konvokasie

Stellenbosch
Private Bag X1
Matieland
South Africa

+27(0)21 808 9265
alumni@sun.ac.za

Facebook Linkedin Instagram Twitter

We are using cookies to give you the best experience on our website.

You can find out more about which cookies we are using or switch them off in .

Privacy Overview

This website uses cookies so that we can provide you with the best user experience possible. Cookie information is stored in your browser and performs functions such as recognising you when you return to our website and helping our team to understand which sections of the website you find most interesting and useful.

Strictly Necessary Cookies

Strictly Necessary Cookie should be enabled at all times so that we can save your preferences for cookie settings.

If you disable this cookie, we will not be able to save your preferences. This means that every time you visit this website you will need to enable or disable cookies again.

3rd Party Cookies

This website uses Google Analytics to collect anonymous information such as the number of visitors to the site, and the most popular pages.

Keeping this cookie enabled helps us to improve our website.

Please enable Strictly Necessary Cookies first so that we can save your preferences!