Skip to content
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • English
  • Konvokasie
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • English
  • Konvokasie

Menu

  • English
  • Afrikaans

Besoek aan SciMathUS deur Kansas Universiteit skep geleenthede vir samewerking

Agt leerders, vergesel deur drie personeellede van die Kansas Universiteit (KU) se Trio-programme se Upward Bound-inisiatief, het SciMathUS in Julie besoek. Die leerders, wat in graad 10-12 in sekondêre skole in en om Kansas (VSA) is, het klasse saam met die SciMathUS-studente bygewoon en Kaapstad, Stellenbosch en die kampus verken. Hulle is gekies uit ‘n groep van 90 leerders wat deel vorm van hierdie program. Die US se Departement Chemie het ook ‘n laboratoriumsessie in titrasies en vorming vir die studente aangebied. Dit het hulle ‘n goeie blootstelling aan praktiese werk in chemie gegee.

Dr Ngondi Kamatuka, Direkteur van die Sentrum vir Opvoedkundige Geleentheidprogramme in die Prestasie- en Assesseringsinstituut by KU het gesê dat die personeel en studente van KU ‘n positiewe ervaring by Universiteit Stellenbosch gehad het. “Die hoogtepunte van ons besoek was studente wat hul opvoedkundige ervarings met mekaar kon uitruil en deel en besef dat al is daar verskille, onderwys die sleutel tot opwaartse mobiliteit is wat lei tot sukses in die lewe. Ons skoliere het die geleentheid geniet om aan klasse deel te neem.”

Die besoek het deel gevorm van ‘n langtermyn-vennootskap tussen KU en SUNCEP om studente in hul programme met mekaar te verbind. Dit het ook gedien as ‘n geleentheid vir beide sentrums se personeel om verhoudings te bou en kennis uit te ruil. Paul van Vollenhoven van SUNCEP was opgewonde oor die besoek en het gesê ‘n besoek aan KU word vir volgende jaar beplan. Kamatuka het saamgestem: “Om die Universiteit Stellenbosch te besoek en gesprekke met ons kollegas te voer, het ‘n reeks geleenthede vir samewerking geskep wat ons beslis sal nastreef. Ons stel baie daarin belang dat studente van SUNCEP ons programme by KU besoek.”

Die besoekers het gesê dat hul ervaring van die Universiteit Stellenbosch lewensveranderend was vir hul leerders en personeel wat nog nooit Afrika of enige ander kontinent of land besoek het nie. “Ons het baie gewaardeer en verwelkom gevoel deur Universiteit Stellenbosch. Ons het tuis gevoel.”

Jeffrey H Mcdaniel, verteenwoordiger van John Deere (Lawrence, Kansas, VSA), het aan die besoek deelgeneem en hom ten volle verdiep in die weeklange program. Hy het ook van die geleentheid gebruik gemaak om verskeie US-departemente te ontmoet om internasionale tendense in die landbousektor te bespreek. Een van die noemenswaardige besoeke was by die Dekaan van Agri-Wetenskappe, prof Danie Brink. John Deere dra jaarliks by tot die verskillende programme wat deur die Sentrum vir Opvoedkundige Geleentheidsprogramme by Kansas Universiteit gefasiliteer word.

​Foto: Ilze Gous (links) en Paul van Vollenhoven (regs) van SUNCEP saam met personeel en studente van Kansas Universiteit.

More articles

#Move4Food: Dankie vir jou deelname aan die Kaapstad Fietstoer

US klim met 171 plekke op QS-ranglys, behaal hoogste sitasietelling in SA

Pre-Alumni: Kabuya stel haar visier op USSA en TNL

Once a Matie, Always a Matie
Once a Matie, Always a Matie
  • Homecoming
    • Tuiskoms 2024
    • Tuiskoms 2023
    • Tuiskoms 2022
    • Tuiskoms 2020
  • Campaigns
    • 2021
      • Dekaansfonds: Regsfakulteit
      • Covid-19
      • Masked Masterpieces
      • Thank You
    • 2022
      • #Action4inclusion
      • BRIDGE THE GAP ANNUAL FUND
      • EindeGBV
      • Train4Fees
      • #SciMathus
      • Move4Food
    • 2023
      • Borskanker Bewustheids Maand
  • Chapters
    • Globale Maties Netwerk
  • Alumni Vlagskip-Programme
    • PreAlumni
    • Swan
    • Jong Alumni
  • Geleenthede
    • Alumni-interaksie Kalender
    • Geleenthede
  • Media
  • Video’s
  • Donate
    • Move4Food
    • Skenk
    • Impakverslag
  • Get informed
    • Alumni Clubhouse
    • Kontak
    • Raak ingelig
    • Matie Shop
    • Maties Wynklub
  • Vrywilligerswerk vir die US
  • Visit Sun.ac
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • English
  • Konvokasie

Stellenbosch
Private Bag X1
Matieland
South Africa

+27(0)21 808 9265
alumni@sun.ac.za

Facebook Linkedin Instagram Twitter

We are using cookies to give you the best experience on our website.

You can find out more about which cookies we are using or switch them off in .

Privacy Overview

This website uses cookies so that we can provide you with the best user experience possible. Cookie information is stored in your browser and performs functions such as recognising you when you return to our website and helping our team to understand which sections of the website you find most interesting and useful.

Strictly Necessary Cookies

Strictly Necessary Cookie should be enabled at all times so that we can save your preferences for cookie settings.

If you disable this cookie, we will not be able to save your preferences. This means that every time you visit this website you will need to enable or disable cookies again.

3rd Party Cookies

This website uses Google Analytics to collect anonymous information such as the number of visitors to the site, and the most popular pages.

Keeping this cookie enabled helps us to improve our website.

Please enable Strictly Necessary Cookies first so that we can save your preferences!