Dr Elza Lourens is al vir 21 jaar deel van die program en steeds passievol oor haar loopbaan en haar SciMathUS ervaring. Sy sê: “Soms dink ek ek leer meer by my studente as wat hulle by my leer,” sê Elza, wat al sedert SciMathUS se ontstaan in 2001 deel van dié program is.
Sy verduidelik: “Ek het by hulle geleer hoe om die ontberinge wat die lewe na jou toe gooi, te hanteer. Om die vasberadenheid en werksetiek te ervaar wat hulle gedurende die jaar wys en ontwikkel, ten spyte van die uitdagings wat baie in die gesig staar – soos ‘n gebrek aan voedselsekerheid en ondersteuning – en die manier waarop hulle dit hanteer, is regtig inspirerend. Ek leer elke dag by hulle en dit is so lonend! Ek leer ook baie oor die verskillende kulture wat elkeen van hulle verteenwoordig. Ek glo as jy ander mense en hul kulture leer ken, jy hulle beter sal verstaan en lief hê.”
Sy sê selfs haar man en kinders is beïnvloed deur hierdie studente se vasberadenheid om teenspoed te oorkom. “My kinders is bevoorreg, maar gelukkig kon ek hulle blootstel aan wat hierdie studente deurmaak en wat dit beteken om niks te hê nie en om steeds hard te werk en iets van jou lewe te maak. Dit het ons heel anders oor diversiteit en die kulture van die mense in Suid-Afrika laat dink.”
Help ons om die volgende generasie van beroepslui te bou; besoek https://matiesalumni.com/scimathus
#SciMathusWomen #Vrouemaand