Skip to content
<\/i>","library":"fa-solid"}}" data-widget_type="nav-menu.default">
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • English
  • Konvokasie
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • English
  • Konvokasie

Menu

  • English
  • Afrikaans

Helderberg-hospitaal: fondsinsameling vir ’n fynbostuin

Stellenbosch Universiteit se Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe (FGGW) werk tans saam met die niewinsgewende organisasie Greenpop om ‘n fynbostuin by die 83 jaar oue Helderberg-hospitaal in Somerset-Wes aan te lê. Inwoners van die Kaapse Helderberg word aangemoedig om skenkings te maak.

Die Fakulteit en Greenpop is van plan om die hospitaal se tuin op te kikker deur fynbos te plant voor die hospitaal se hoofgebou én twee eilande in die parkeerterrein waar tans geen groenigheid is nie. Die FGGW het twee opslaanleersentrums op die hospitaalperseel wat studente gebruik as deel van die fakulteit se kliniese rotasieprogram.

Prof Bob Mash, die voorsitter van die FGGW dekaan se Advieskomitee vir Omgewingsvolhoubaarheid, het gesê die plan is om die ekostelsel in sy geheel te restoureer deur fynbos buite die hospitaal te plant. “Die fondse wat ons insamel, sal gebruik word om die tuin mooi te maak. Dit sluit in tuinontwerpdienste, en die aankoop van fynbos vir die beoogde areas.” Mash het verduidelik dat die tuin wat by die hospitaal beplan word, daartoe sal bydra om nóg fynboskorridors te skep op die Kaapse Vlakte. Die fynbostuin sal bestuiwers in staat stel om rond te beweeg wat plante, insekte en diere in die Groter-Wes-Kaap positief sal beïnvloed.

Me Anita Theron, die gehaltebestuurder van die Helderberg-hospitaal (Wes-Kaapse regering) het gesê ‘n fynbostuin sal nie net die voorkoms van die hospitaal verbeter nie, maar dit sal ook help om stres te verminder én om kliniese uitkomste te verbeter. “Die sielkundige en fisieke welstand van ons personeel en pasiënte is belangrik, en ons weet dat ‘n mooi tuin tot alle vlakke van gesondheidsorg sal bydra.” Theron het bygevoeg dat om in ‘n tuin of groen ruimte te sit of stap, pasiënte én personeellede se gemoed en fokus sal verbeter.

Die Helderberg-hospitaal bedien die gemeenskap van die Helderbergkom: Somerset-Wes, Macassar, Gordonsbaai en Sir Lowryspas en het 344 mense in diens. Die hospitaal het ‘n lang geskiedenis in die gemeenskap en die infrastruktuur is onlangs opgeknap om aan te pas by die behoeftes van ‘n groeiende aantal pasiënte. “’n Fynbostuin sal ons visie vir ‘n ten volle funksionele hospitaal wat uitstekende gesondheidsorg in ‘n goed versorgde gebou komplimenteer, en die tuin sal ‘n kalmerende uitwerking op almal betrokke hê,” het Theron bygevoeg.

Die Kaapse Helderberg is een van die Wes-Kaap se mees biodiverse gebiede met fynbosuitsigte wat insluit die Harmony Flats-natuurreservaat, Helderberg-natuurreservaat, sowel as die Macassarduinebewaringsgebied. Van dié gebiede is ook die tuiste van ‘n paar oorlewende krities bedreigde spesies.

​Gaan na https://www.givengain.com/cc/greening-the-helderberg-hospital/ om ‘n skenking te maak vir die Helderberg-hospitaal se fynbostuin.

Die Helderberg-hospitaalspan en Greenpop het saam met FGGW plantdae op 6 en 13 Augustus 2022. Sluit aan by https://bit.ly/GP_FFF_HelderbergH

Kontak Christine Groenewald by clgroenewald@sun.ac.za / 084 270 4489 of Carla Wessels by carla@greenpop.org /  079 262 3005 vir meer inligting.

More articles

Matie Legends and Pioneers: Robert F. Kennedy and the Other White House

Kom ons ondersteun Allan Boyle se 10 000 m-uitdaging

Militêre Akademie se Trans Enduro-uithouren skop af

Once a Matie, Always a Matie
Once a Matie, Always a Matie
  • Homecoming
    • Tuiskoms 2024
    • Tuiskoms 2023
    • Tuiskoms 2022
    • Tuiskoms 2020
  • Campaigns
    • 2021
      • Dekaansfonds: Regsfakulteit
      • Covid-19
      • Masked Masterpieces
      • Thank You
    • 2022
      • #Action4inclusion
      • BRIDGE THE GAP ANNUAL FUND
      • EindeGBV
      • Train4Fees
      • #SciMathus
      • Move4Food
    • 2023
      • Borskanker Bewustheids Maand
  • Chapters
    • Globale Maties Netwerk
  • Alumni Vlagskip-Programme
    • PreAlumni
    • Swan
    • Jong Alumni
  • Geleenthede
    • Alumni-interaksie Kalender
    • Geleenthede
  • Media
  • Video’s
  • Donate
    • Move4Food
    • Skenk
    • Impakverslag
  • Get informed
    • Alumni Clubhouse
    • Kontak
    • Raak ingelig
    • Matie Shop
    • Maties Wynklub
  • Vrywilligerswerk vir die US
  • Visit Sun.ac
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • English
  • Konvokasie

Stellenbosch
Private Bag X1
Matieland
South Africa

+27(0)21 808 9265
alumni@sun.ac.za

Facebook Linkedin Instagram Twitter

We are using cookies to give you the best experience on our website.

You can find out more about which cookies we are using or switch them off in .

Privacy Overview

This website uses cookies so that we can provide you with the best user experience possible. Cookie information is stored in your browser and performs functions such as recognising you when you return to our website and helping our team to understand which sections of the website you find most interesting and useful.

Strictly Necessary Cookies

Strictly Necessary Cookie should be enabled at all times so that we can save your preferences for cookie settings.

If you disable this cookie, we will not be able to save your preferences. This means that every time you visit this website you will need to enable or disable cookies again.

3rd Party Cookies

This website uses Google Analytics to collect anonymous information such as the number of visitors to the site, and the most popular pages.

Keeping this cookie enabled helps us to improve our website.

Please enable Strictly Necessary Cookies first so that we can save your preferences!