Skip to content
  • Tuis
  • Matie shop
  • Maties Connect
  • Media
  • Kontak
  • Vir meer inligting oor COVID-19 Klik hier
  • English
Menu
  • Tuis
  • Matie shop
  • Maties Connect
  • Media
  • Kontak
  • Vir meer inligting oor COVID-19 Klik hier
  • English

Menu

  • English
  • Afrikaans

COVID-19: Alumni-geleenthede in Europa gekanselleer

Beste alumnus

Dit is hartseer om te sien dat die COVID-19 krisis die wese van ons alumni-geleentheidskalender beïnvloed, naamlik om ‘n dinamiese gemeenskap in en oor die hele Europa heen via persoonlike geleenthede op te bou. Dit is met dankbaarheid dat ek kan terugkyk na die ontmoeting met Maties in Stuttgart, Gent, Oslo, Stockholm, Kopenhagen, Amsterdam, Berlyn, Bern, Leuven, München en Frankfurt in die eerste kwartaal van 2020. Die entoesiasme vir die Universiteit Stellenbosch (US) en die interaksie tussen alumni was bemoedigend. Dankie vir jou ondersteuning.

Die gebeure die afgelope weke het emosies oor die hele wêreld aangevuur. Ons lande staar ‘n ongekende gesondheidskrisis in die gesig vanweë hierdie pandemie. Die onderskeie regerings het drastiese maatreëls getref om die verdere verspreiding van die coronavirus te stuit, wat groot aanpasbaarheid van ons almal verg. Dit het ‘n groot invloed op ons daaglikse lewe, maar dit is nodig om onsself en ander te beskerm, veral diegene wat as kwesbaar beskou word.

As deel van hierdie poging het die president van Suid-Afrika, Cyril Ramaphosa, ‘n nasionale ramptoestand afgekondig asook  ‘n 21-dag inperking. Dit beteken dat die Afdeling Ontwikkeling en Alumni-betrekkinge van die US nou alle alumni-geleenthede wat tussen 18 Maart en 30 Junie 2020 gehou sou word, gekanselleer het. Dit geld ook vir ons geleenthede in Europa, alhoewel die beleid spertyd hier op ‘n deurlopende grondslag geëvalueer sal word, met inagneming van die riglyne vir plaaslike regering.

Ek is hoopvol dat ons ‘n sterker gevoel van solidariteit sal oorhou namate ons herstel van die impak van die coronavirus. Dit is ‘n momentele stilstand wat geleenthede en reis betref, maar die Universiteit se verbintenis tot onderrig as ‘n manier om lewens en die samelewing te transformeer, bly onwrikbaar.

Ons sien uit daarna om jou op hoogte te hou in die komende weke en soos altyd verwelkom ons jou betrokkenheid. Moet asseblief nie huiwer om my te kontak by alisonapril@sun.ac.za indien jy vrae het nie.

Sorg asseblief dat jy veilig bly.

Hartlike groete

Alison April
Europese Direkteur
Ontwikkeling en Alumni-betrekkinge
Universiteit Stellenbosch

More articles

Top kwantum-wetenskaplike sluit hom aan by US se Skool vir Datawetenskap en Rekenaardenke

UITKOMS VAN SDK-VERHOOR: MNR THEUNS DU TOIT

Rapport redakteur spreker by jaarlikse Konvokasievergadering

  • Homecoming
    • huis kom
    • Tuiskoms 2020
  • Campaigns
    • 2021
      • Dekaansfonds: Regsfakulteit
      • Covid-19
      • Train4Fees
      • Masked Masterpieces
      • Thank You
    • 2022
      • #Action4inclusion
      • BRIDGE THE GAP ANNUAL FUND
      • #SciMathus
      • Move4Food
  • Hubs & Clubs
    • VSA
    • VK
    • Noord-Amerika
    • Namibië
    • Londen
    • KwaZulu Natal
    • Ierland
    • Hongkong
    • Gauteng
    • Europa
    • Kanada
    • Breëriviervallei
  • Alumni Vlagskip-Programme
    • PreAlumni
    • Swan
    • Jong Alumni
  • Geleenthede
    • Alumni-interaksie Kalender
    • Geleenthede
    • Maties Events
      • Annual Events
      • Verjaarsdae
      • Crest Talks
      • Maties Sports
      • Eweknie-fondswerwing
      • Openbare lesings
      • Koshuise
  • Konvokasie
  • Donate
    • Skenk
    • Impakverslag
  • Get informed
    • Alumni Clubhouse
    • Kontak
    • Get Informed
    • Maties Wynklub
  • Vrywilligerswerk vir die US
Once a Matie, Always a Matie
  • Tuis
  • Matie shop
  • Maties Connect
  • Media
  • Kontak
  • Vir meer inligting oor COVID-19 Klik hier
  • English

Stellenbosch
Private Bag X1
Matieland
South Africa

+27(0)21 808 9265 alumni@sun.ac.za

Facebook Linkedin Instagram Twitter

We are using cookies to give you the best experience on our website.

You can find out more about which cookies we are using or switch them off in settings.

Privacy Overview

This website uses cookies so that we can provide you with the best user experience possible. Cookie information is stored in your browser and performs functions such as recognising you when you return to our website and helping our team to understand which sections of the website you find most interesting and useful.

Strictly Necessary Cookies

Strictly Necessary Cookie should be enabled at all times so that we can save your preferences for cookie settings.

If you disable this cookie, we will not be able to save your preferences. This means that every time you visit this website you will need to enable or disable cookies again.

3rd Party Cookies

This website uses Google Analytics to collect anonymous information such as the number of visitors to the site, and the most popular pages.

Keeping this cookie enabled helps us to improve our website.

Please enable Strictly Necessary Cookies first so that we can save your preferences!