Skip to content
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • English
  • Konvokasie
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • English
  • Konvokasie

Menu

  • English
  • Afrikaans

Da Vinci-robot plaas Tygerberg aan voorpunt van chirurgie-opleiding

Die toekoms van gevorderde chirurgiese operasies lê ongetwyfeld in tegnologie en toenemend in die gebruik van robotika vir ingewikkelde chirurgiese prosedures. Dit was dus ʼn groot oomblik vir die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe (FGGW) toe die eerste operasie met behulp van die nuwe da Vinci Xi-robot in Februarie 2022 by die Tygerberg-hospitaal uitgevoer is.

Sedertdien is nog tientalle operasies suksesvol met behulp van hierdie hoogs gesofistikeerde stelsel uitgevoer.

Die da Vinci Xi is die mees gevorderde chirurgiese robot in Afrika en een van slegs ‘n paar sulke robotte wat op die vasteland van Afrika in gebruik is.

Die robot stel chirurge in staat om op ʼn afstand te opereer deur vier interaktiewe “arms” te gebruik en dit word intyds deur ʼn 3D- chirurgiese konsole beheer.

Die beskikbaarheid van die da Vinci Xi-robot by die Tygerberg-hospitaal beteken dat pasiënte in die openbare sektor toegang het tot die beste chirurgiese tegnologie wat ter wêreld beskikbaar is.

Opleidingsprogram

Toe die robot aangeskaf is, het die FGGW tegelykertyd ʼn robotika-opleidingsprogram ontwikkel om chirurge en senior personeel in opleiding se vaardighede in die gebruik van moderne chirurgiese stelsels oor veelvuldige dissiplines heen uit te brei.

Volgens dr Tim Forgan, ʼn kolorektale chirurg by die Tygerberg-hospitaal en ʼn lektor by die FGGW, bied die beskikbaarheid van die robot ʼn waardevolle geleentheid om te toon hoe ʼn staatshospitaal op ʼn baie hoë vlak kan funksioneer.

“Chirurgie op die hoëtegnologie-front vorder met rasse skrede, wat dit veiliger en meer doeltreffend maak. Tygerberg het reeds van die mees gevorderde minimaal indringende chirurgievaardighede in die land tot sy beskikking, dus is dit baie voordelig vir pasiënte dat hierdie vaardighede geredelik op die robot toegepas kan word. Dit bevestig voorts die Universiteit Stellenbosch se reputasie dat hy uitstekende chirurge oplewer,” het hy gesê.

Forgan het die chirurgiese span by die Tygerberg-hospitaal gelei wat die eerste robotiese gastro-intestinale chirurgieprosedure by ʼn Suid-Afrikaanse staatshospitaal uitgevoer het. Hulle het ʼn kankeragtige rektale groeisel uit ʼn pasiënt verwyder. Hy het gesê die robotstelsel beteken pasiënte in die staatsektor “sal baie vinniger na hul vorige lewe kan terugkeer”.

Die stelsel word oor etlike platforms heen gebruik – in algemene chirurgie, urologie en ginekologie – en bied wydlopende prosedures.

“Die hospitaal het die robot in Oktober 2021 gekry. Ons het ʼn opleidingsprogram daarvoor opgestel, want die bemeestering van hierdie apparate verg ʼn steil leerkurwe,” het Forgan verduidelik.

Opleiding in die gebruik van die robot bestaan uit drie fases: eerstens die ontwikkeling van basiese koördinasie en vaardighede; dan indiensopleiding in die gebruik van die robot; en laastens praktiese chirurgiese opleiding.

“Wanneer die studente hierdie drie fases voltooi het, word hulle as robot-chirurge geakkrediteer. Elke chirurgie-tak het sy eie vereistes vir die aantal gevalle wat gedoen moet word voor die chirurge geakkrediteer word.”

Volgens Forgan word ʼn nuwe geval elke week aangepak sedert die eerste operasie met die robot gedoen is. “Vir ons behels dit ʼn inkrementele ontwikkeling van ons vaardighede. Ons doen al 30 jaar lank laparoskopiese chirurgie in ons departement en soortgelyke tegnieke word in die robotproses gebruik, net met lekkerder instrumente. Dit is ʼn natuurlike evolusie van ons vaardighede.”

Hy het gesê die integrasie van robotika om minimaal indringende chirurgie moontlik te maak word al hoe meer algemeen. “In dié proses sal die koste afneem en sal toegang daartoe toeneem. Hierdie soort chirurgie sal hopelik die norm word, wat beter uitkomste vir pasiënte sal meebring.

“Ons doelwit is om die gehalte van ons chirurgie te verbeter met beter resultate as doelwit, asook om dit op lang termyn na al hoe meer pasiënte en al hoe meer takke van chirurgie of pasiëntsorg uit te brei.”

‘Ongelooflike voordele vir pasiënte’

Prof Elmin Steyn, Hoof van die Departement Chirurgiese Wetenskappe aan die FGGW, het gesê die aanskaffing van die robot het die Tygerberg-hospitaal aan die voorpunt van chirurgiese opleiding in Suid-Afrika en Afrika geplaas.

Sy het benadruk dat die kolorektale span reeds gevorderde chirurgietegnieke uitgevoer het en goed voorbereid was toe die robot sy opwagting gemaak het. “Die robot stel ons in staat om die vermoëns van ʼn staatshospitaal ten toon te stel en versterk subspesialis-opleiding by die FGGW.

“Ons as chirurge is so opgewonde wanneer ons nuwe speelgoed kry – en natuurlik hou dit ook ongelooflike voordele vir pasiënte in. Die feit dat pasiënte vroeër ontslaan word is voordelig vir die hospitaalstelsel en baie meer kostedoeltreffend, maar die ware voordeel behels die vermindering van risiko en die moontlike beter chirurgiese verwydering van kankerweefsel,” het sy bygevoeg.

“Dit is ʼn reuse-voorreg om hierdie toerusting te hê en ons is ten volle bewus van die verantwoordelikheid om dit op die beste moontlike manier te benut, soveel moontlik mense op te lei en soveel pasiënte te bevoordeel as wat ons kan.”

  • Skrywer: Sue Segar
  • Foto-onderskrif: Prof Elmin Steyn en dr Tim Forgan in die da Vinci teater by die Tygerberg-hospital.
  • Foto-erkenning: Damien Schumann

More articles

Navorsing ondersoek kwessie van geweld teen mense met gestremdhede

Giving Day (Geedag): Kry ‘n voorsmakie

Besoek aan die Stellenbosch Biblioteek Innovasieruimte: ʼn Buitengewone, asemrowende ervaring

Once a Matie, Always a Matie
Once a Matie, Always a Matie
  • Homecoming
    • Tuiskoms 2024
    • Tuiskoms 2023
    • Tuiskoms 2022
    • Tuiskoms 2020
  • Campaigns
    • 2021
      • Dekaansfonds: Regsfakulteit
      • Covid-19
      • Masked Masterpieces
      • Thank You
    • 2022
      • #Action4inclusion
      • BRIDGE THE GAP ANNUAL FUND
      • EindeGBV
      • Train4Fees
      • #SciMathus
      • Move4Food
    • 2023
      • Borskanker Bewustheids Maand
  • Chapters
    • Globale Maties Netwerk
  • Alumni Vlagskip-Programme
    • PreAlumni
    • Swan
    • Jong Alumni
  • Geleenthede
    • Alumni-interaksie Kalender
    • Geleenthede
  • Media
  • Video’s
  • Donate
    • Move4Food
    • Skenk
    • Impakverslag
  • Get informed
    • Alumni Clubhouse
    • Kontak
    • Raak ingelig
    • Matie Shop
    • Maties Wynklub
  • Vrywilligerswerk vir die US
  • Visit Sun.ac
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • English
  • Konvokasie

Stellenbosch
Private Bag X1
Matieland
South Africa

+27(0)21 808 9265
alumni@sun.ac.za

Facebook Linkedin Instagram Twitter

We are using cookies to give you the best experience on our website.

You can find out more about which cookies we are using or switch them off in .

Privacy Overview

This website uses cookies so that we can provide you with the best user experience possible. Cookie information is stored in your browser and performs functions such as recognising you when you return to our website and helping our team to understand which sections of the website you find most interesting and useful.

Strictly Necessary Cookies

Strictly Necessary Cookie should be enabled at all times so that we can save your preferences for cookie settings.

If you disable this cookie, we will not be able to save your preferences. This means that every time you visit this website you will need to enable or disable cookies again.

3rd Party Cookies

This website uses Google Analytics to collect anonymous information such as the number of visitors to the site, and the most popular pages.

Keeping this cookie enabled helps us to improve our website.

Please enable Strictly Necessary Cookies first so that we can save your preferences!