Skip to content
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Aanlyn Skenkings
    • Maniere om te gee
    • Tipes geskenke
  • Media
  • Kontak
  • Visit Sun.ac
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Aanlyn Skenkings
    • Maniere om te gee
    • Tipes geskenke
  • Media
  • Kontak
  • Visit Sun.ac

Menu

  • Afrikaans

ChangingLives: ‘Ek wil ʼn nuwe weg baan vir die volgende generasie’

As ‘n bekroonde voedselwetenskaplike het Sinesipho Galada haar ware passie gevind. En dit is alles te danke aan die Universiteit Stellenbosch se SciMathUS-program, wat haar aan die wonders van voedselwetenskap bekend gestel het.

Galada se passie het daartoe gelei dat sy met die voedselwetenskap- en tegnologie-prys in 2021 saam met ‘n groep medestudente by die Institute of Packaging South Africa se jaarlikse Gold Pack-toekennings bekroon is.

Maar voor haar sukses was sy ‘n graad 12-student wat net graag ‘n tweede kans wou hê om toelating tot hoër onderwys te verkry. Die SciMathUS-program gee hoërskoolleerders wat reeds graad 12 geslaag het, maar nie vir hoëronderwyskeuring kwalifiseer nie, ‘n tweede kans om hul Nasionale Senior Sertifikasie (NSS) resultate in wiskunde, fisiese wetenskappe en rekeningkunde te verbeter. Dit stel hulle dan in staat om weer vir universiteitsprogramme aansoek te doen.

Galada sê: “Nadat ek my graad 12-punte ontvang het, was die meeste van my aansoeke vir hoëronderwys van die hand gewys. Ek is wel by een instelling aanvaar, maar ongelukkig het ek nie destyds befondsing gehad nie. Terwyl ek nog op soek was na befondsingsgeleenthede, het ek van die SciMathUS-program gehoor en gedink dat dit iets is wat my kan bevoordeel. My fisiese wetenskappe-punte was nie goed genoeg nie en ek wou dit verbeter, want ek dink dit was die rede waarom ek nie aanvaar is by die instellings waar ek aansoek gedoen het nie.”

Sy het daarin geslaag om aanvaar te word in die SciMathUS-klas van 2017.

“Die SciMathUS-program het my nie net gehelp om my NSS-punte te verbeter nie, maar dit het my ook aan my loopbaankeuse bekend gestel het. Voor SciMathUS het ek niks van voedselwetenskap geweet nie. Nadat ek daarvan gehoor het, was ek vasbeslote om dié studierigting te volg.”

Sy het voortgegaan om vir ‘n BSc (Voedselwetenskap)-graad aan die US te studeer en het dit in 2021 voltooi.

“Ek het hierdie graad gekies omdat ek voel dat dit my verteenwoordig. Van kleins af al het voedselhigiëne- en veiligheid my nog altyd gefassineer. Ek het myself in dié graad gesien.”

Haar passie vir haar gekose loopbaan het ook daartoe gelei dat sy in 2021 die IPSA se Food Science and Technology-prys saam met ‘n groep medestudente ontvang het.

Galada, wat afkomstig is van die klein Oos-Kaapse dorp Molteno, het bygevoeg dat die SciMathUS-program haar ook gehelp het om uit haar gemaksone te ontsnap.

 

“My hele lewe lank al was ek nog altyd net saam met my eie mense van die amaXhosa-stam. Die program het my geleer om met ander te kommunikeer en ek het ‘n diverse groep mense leer ken. Ek het ook ander tale buiten my moedertaal en Engels geleer. Ek glo dat die oorgang van hoërskool na universiteit vir my moeilik sou gewees het as dit nie vir hierdie program was nie. Dit het dit makliker vir my gemaak om my universiteitsloopbaan te trotseer.”

Sy studeer tans vir ‘n MSc (Voedselwetenskap), met ‘n fokus op voedselmikrobiologie, aan die Universiteit van Pretoria.

“Ek daag altyd myself uit om beter te doen,” sê sy. “Ek kom uit ‘n benadeelde agtergrond en ek wil dit verander en ‘n nuwe weg baan vir die generasie na my.”

More articles

Oppenheimer Genootskaptoekenning ”n groot eer’, sê prof Gobodo-Madikizela

Hier Leer Jy Innoveer

Pionierstudie van TB in renosters steun Kruger-wildtuin se bewaringspogings

  • Homecoming
    • huis kom
    • Tuiskoms 2020
  • Campaigns
    • 2021
      • Dekaansfonds: Regsfakulteit
      • Covid-19
      • Masked Masterpieces
      • Thank You
    • 2022
      • #Action4inclusion
      • BRIDGE THE GAP ANNUAL FUND
      • EindeGBV
      • Train4Fees
      • #SciMathus
      • Move4Food
  • Hubs & Clubs
    • VSA
    • VK
    • Noord-Amerika
    • Namibië
    • Londen
    • KwaZulu Natal
    • Ierland
    • Hongkong
    • Gauteng
    • Europa
    • Kanada
    • Breëriviervallei
  • Alumni Vlagskip-Programme
    • PreAlumni
    • Swan
    • Jong Alumni
  • Geleenthede
    • Alumni-interaksie Kalender
    • Geleenthede
    • Maties Events
      • Annual Events
      • Verjaarsdae
      • Crest Talks
      • Maties Sports
      • Eweknie-fondswerwing
      • Openbare lesings
      • Koshuise
  • Convocation
    • Konvokasie
    • Konvokasie 2022
  • Donate
    • Skenk
    • Impakverslag
  • Get informed
    • Alumni Clubhouse
    • Kontak
    • Raak ingelig
    • Matie Shop
    • Maties Wynklub
  • Vrywilligerswerk vir die US
Once a Matie, Always a Matie
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Aanlyn Skenkings
    • Maniere om te gee
    • Tipes geskenke
  • Media
  • Kontak
  • Visit Sun.ac

Stellenbosch
Private Bag X1
Matieland
South Africa

+27(0)21 808 9265 alumni@sun.ac.za

Facebook Linkedin Instagram Twitter

We are using cookies to give you the best experience on our website.

You can find out more about which cookies we are using or switch them off in settings.

Powered by Ultimate Auction
Privacy Overview

This website uses cookies so that we can provide you with the best user experience possible. Cookie information is stored in your browser and performs functions such as recognising you when you return to our website and helping our team to understand which sections of the website you find most interesting and useful.

Strictly Necessary Cookies

Strictly Necessary Cookie should be enabled at all times so that we can save your preferences for cookie settings.

If you disable this cookie, we will not be able to save your preferences. This means that every time you visit this website you will need to enable or disable cookies again.

3rd Party Cookies

This website uses Google Analytics to collect anonymous information such as the number of visitors to the site, and the most popular pages.

Keeping this cookie enabled helps us to improve our website.

Please enable Strictly Necessary Cookies first so that we can save your preferences!