Skip to content
<\/i>","library":"fa-solid"}}" data-widget_type="nav-menu.default">
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • Konvokasie
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • Konvokasie

Menu

  • Afrikaans

DTTS verskaf leierskap met die opdatering van die WGO se TB-riglyne vir kinders

Die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) het onlangs nuwe riglyne vir die behandeling van veelvoudige middelweerstandige tuberkulose (MDR-TB) in kinders en tieners bekendgestel, en die Desmond Tutu TB-sentrum (DTTS) het ʼn sentrale rol gespeel in die intensiewe globale proses wat daartoe gelei het.

Hierdie riglyne, wat op Wêreld TB-dag aangekondig is, het saamgeval met die bekendstelling van ʼn handige bedryfshandboek oor die bestuur van TB in kinders en tieners.

Die riglyne sluit ses nuwe aanbevelings in wat strek van die diagnose tot die behandeling van TB, en volgens professor Anneke Hesseling, direkteur van die DTTS, is dit ʼn “groot prestasie”.

“Die nuwe riglyne en handboek sal dit makliker maak om TB in die veld te diagnoseer, te behandel en te voorkom. Dit maak die hantering van TB meer toeganklik en familie-vriendelik,” het Hesseling in ʼn onderhoud gesê. “Die handboek is ʼn uitstekende veldgids en is uiters nuttig vir mense wat op voetsoolvlak met TB werk.”

Hesseling het gesê dat die bekendstelling van die riglyne opnuut bewustheid skep oor die belangrikheid van TB in kinders en tieners. “Dit is baie tydig dat dit vanjaar bekendgestel word, en sal ons help om die agterstand in te haal wat teweeg gebring is deur die negatiewe impak wat Covid-19 op die behandeling van TB gehad het.”

​Volgens haar was die riglyne saamgestel na maandelange voorbereiding deur verskeie TB-kenners reg oor die wêreld.

“Daarna het ons ʼn aanlynvergadering oor die riglyne gehou wat vir drie weke geduur het en oor verskeie tyd sones plaasgevind het. Dit was die langste vergadering oor riglyne wat nog ooit gehou was. Dit was ʼn absolute maraton, maar die gevoel van samehorigheid, samewerking en trots was eenvoudig wonderlik.”

Hesseling het gesê dat die DTTS inligting bygedra het tot al ses die nuwe aanbevelings en het ook die bewyse gelei vir verskeie van hierdie aspekte.

Die aanbevelings in die riglyne sluit ʼn uitbreiding in wat nie-indringende monsters, soos stoel, insluit vir toetsing met die snel molekulêre diagnostiese toetse wat aanbeveel word vir aanvanklike TB-diagnose in kinders en tieners.

Nog ʼn aanbeveling is dat pasiënte met matige vorms van middelvatbare-TB vir net vier maande, in plaas van ses maande behandeling ontvang. Dit geld ook vir TB-meningitis, waar behandeling van ses maande, in plaas van 12 maande, nou aanbeveel word.

ʼn Verdere aanbeveling is dat twee van die nuutste TB-middels wat vir die behandeling van middelweerstandige-TB gebruik word (bedaquiline en delamanid) in kinders van alle ouderdomme gebruik kan word.

Nuwe modelle vir gedesentraliseerde en geïntegreerde TB-sorg is ook aanbeveel. Met hierdie nuwe modelle sal meer kinders en tieners toegang kry tot TB-sorg of voorkoming naby aan waar hulle woon.

Volgens Hesseling is die DTTS al vir baie jare lank betrokke by die WGO se riglyn-ontwikkelingsproses vir TB.

“Ons werk baie nou saam met hulle en as ons ons navorsing beplan, laat weet ons hulle dat ons navorsing in die pyplyn het wat hulle riglyne kan beïnvloed, en ons kry insette van hulle. Dit is ʼn nabye verhouding en almal hoop dat dit sal oorskakel in internasionale beleide en riglyne wat tot op voetsoolvlak kan strek om ʼn impak hê op die lewens van kinders en tieners met TB.”

Hesseling het eer betoon aan haar voorgangers by die DTTS en het gesê dat dit danksy hulle is dat die DTTS vandag is waar dit is. “Ons sentrum is amper 20 jaar oud. Die kennis wat ons het en die proewe wat ons vandag doen bou alles op die fondasie van diegene wat jare gelede met die werk begin het. Dit sluit wonderlike professors soos Peter Donald, Robert Gie, Nulda Beyers en Simon Schaaf in.

“Al die goeie navorsingsvrae kom van wat ons sien in die kliniese omgewing, en dit is slegs as mens die plaaslike kliniese storie ken wat jy weet wat benodig word. Die werk wat ons doen bou voort op die skouers van hierdie reuse.

“Iets anders wat ook baie belangrik in ons werk is, is die feit dat ons baie nou saamwerk met gemeenskappe en burgerlike gemeenskappe. Ons het ʼn baie sterk gemeenskapsadviesraad wat met navorsing help. Gemeenskapsbetrokkenheid is baie belangrik asook ons vennootskap met plaaslike TB-dienste en TB-kontrolegroepe.

“Ons skep vennootskappe met hulle om ons navorsing te doen en om seker te maak dat ons bevindinge omgeskakel word in iets betekenisvol wat in roetine sorg toegepas kan word.”

Terselfdertyd as wat die WGO-riglyne vrygestel is, het die International Union Against TB and Lung Disease (waarvan Hesseling ʼn erelid is) ʼn toets x-straal diagnostiese atlas vrygestel wat ʼn mens in staat sal stel om x-strale in kinders te lees om ʼn TB-diagnose te maak en om te bepaal watse behandeling nodig is vir die kind wat getoets word. “Die eerste een was in 2003 ontwikkel en die DTTS se dr Megan Palmer het die opdatering daarvan gelei. Dit is ʼn wonderlike hulpbron vir klinici om x-strale in die veld mee te interpreteer,” het Hesseling gesê.

 

Foto-onderskrif: Prof Anneke Hesseling.

Foto-erkenning: Damien Schumann

More articles

Matie ontvang medalje vir dapperheid in Londen

Rektor en span voltooi ‘n suksesvolle Kaapstad Fietstoer

VGP-student Shane nou ‘n suksesvolle radiofrekwensie-ingenieur

Once a Matie, Always a Matie
Once a Matie, Always a Matie
  • Homecoming
    • Tuiskoms 2024
    • Tuiskoms 2023
    • Tuiskoms 2022
    • Tuiskoms 2020
  • Campaigns
    • 2021
      • Dekaansfonds: Regsfakulteit
      • Covid-19
      • Masked Masterpieces
      • Thank You
    • 2022
      • #Action4inclusion
      • BRIDGE THE GAP ANNUAL FUND
      • EindeGBV
      • Train4Fees
      • #SciMathus
      • Move4Food
    • 2023
      • Borskanker Bewustheids Maand
  • Chapters
    • Globale Maties Netwerk
  • Alumni Vlagskip-Programme
    • PreAlumni
    • Swan
    • Jong Alumni
  • Geleenthede
    • Alumni-interaksie Kalender
    • Geleenthede
  • Media
  • Video’s
  • Donate
    • Move4Food
    • Skenk
    • Impakverslag
  • Get informed
    • Alumni Clubhouse
    • Kontak
    • Raak ingelig
    • Matie Shop
    • Maties Wynklub
  • Vrywilligerswerk vir die US
  • Visit Sun.ac
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • Konvokasie

Stellenbosch
Private Bag X1
Matieland
South Africa

+27(0)21 808 9265
alumni@sun.ac.za

Facebook Linkedin Instagram Twitter

We are using cookies to give you the best experience on our website.

You can find out more about which cookies we are using or switch them off in .

Privacy Overview

This website uses cookies so that we can provide you with the best user experience possible. Cookie information is stored in your browser and performs functions such as recognising you when you return to our website and helping our team to understand which sections of the website you find most interesting and useful.

Strictly Necessary Cookies

Strictly Necessary Cookie should be enabled at all times so that we can save your preferences for cookie settings.

If you disable this cookie, we will not be able to save your preferences. This means that every time you visit this website you will need to enable or disable cookies again.

3rd Party Cookies

This website uses Google Analytics to collect anonymous information such as the number of visitors to the site, and the most popular pages.

Keeping this cookie enabled helps us to improve our website.

Please enable Strictly Necessary Cookies first so that we can save your preferences!