[av_section min_height=’75’ min_height_px=’500px’ padding=’large’ shadow=’no-border-styling’ bottom_border=’no-border-styling’ bottom_border_diagonal_color=’#333333′ bottom_border_diagonal_direction=” bottom_border_style=” id=” color=’alternate_color’ custom_bg=” src=’https://matiesalumni.com/assets/uploads/vid-thumb-innovation-article-1.jpg’ attachment=’281′ attachment_size=’full’ attach=’scroll’ position=’center center’ repeat=’stretch’ video=” video_ratio=’16:9′ overlay_enable=’aviaTBoverlay_enable’ overlay_opacity=’0.5′ overlay_color=’#000000′ overlay_pattern=” overlay_custom_pattern=” custom_class=”]
[av_heading heading=’Hier Leer Jy Innoveer’ tag=’h1′ style=’blockquote modern-quote modern-centered’ size=’50’ subheading_active=” subheading_size=’15’ padding=’10’ color=” custom_font=’#ffffff’ custom_class=”][/av_heading]
[av_one_fifth first min_height=” vertical_alignment=” space=” custom_margin=” margin=’0px’ padding=’0px’ border=” border_color=” radius=’0px’ background_color=” src=” background_position=’top left’ background_repeat=’no-repeat’ animation=” mobile_display=”]
[/av_one_fifth][av_three_fifth min_height=” vertical_alignment=” space=” custom_margin=” margin=’0px’ padding=’0px’ border=” border_color=” radius=’0px’ background_color=” src=” background_position=’top left’ background_repeat=’no-repeat’ animation=” mobile_display=”]
[av_textblock size=” font_color=” color=” custom_class=”]
“Matiewees gaan vir my daaroor om iemand van besondere relevansie vir Suid-Afrika én Afrika suid van die Sahara te wees. Ek dink ons stel die land se sake voor ons eie. Ek hoop dít is die indruk wat ander kry as hulle na ons kyk.”
Professor André van der Merwe – hoof van Urologie aan die Universiteit Stellenbosch
[/av_textblock]
[/av_three_fifth][av_one_fifth min_height=” vertical_alignment=” space=” custom_margin=” margin=’0px’ padding=’0px’ border=” border_color=” radius=’0px’ background_color=” src=” background_position=’top left’ background_repeat=’no-repeat’ animation=” mobile_display=”]
[/av_one_fifth][/av_section][av_textblock size=’19’ font_color=” color=” custom_class=”]
Ware innovasie gebeur wanneer ’n individu of groep skeppend, vernuwend en onverskrokke dink. ’n Wêreldklasinstelling soos die Universiteit Stellenbosch bied die volmaakte platform om sulke denke aan die gang te sit, en moedig sodoende entrepreneurskap en innoverende navorsing aan wat al die weg berei het vir groot baanbrekerswerk op ’n aantal terreine. Twee sulke baanbrekers wat saam met hulle onderskeie spanne verantwoordelik is vir enorme deurbrake op wetenskaplike en mediese gebied is die CubeSpace-wetenskaplike Gerhard Janse van Vuuren en toonaangewende chirurg professor André van der Merwe. Dié twee bewys dat innovasie waarlik die sleutel is om die gaping tussen Afrika en die wêreld te oorbrug.
[/av_textblock]
[av_textblock size=” font_color=” color=” custom_class=”]
Gerhard Janse van Vuuren is oorspronklik van Pretoria en het in 2008 aan die Universiteit Stellenbosch begin studeer met die plan om hom as aktuaris te bekwaam. Na ’n jaar se studie op dié gebied het hy van rigting verander toe hy besef dat sy eintlike belangstelling by die kompleksiteit van elektroniese ingenieurswese, veral ontwikkelings op die terrein van ruimtetegnologie, lê. Halfpad deur sy magistergraad het professor Herman Steyn hom en ’n paar ander magisterstudente genader toe die Universiteit se Elektroniese Stelselslaboratorium (ESL) saam met die Universiteit van Surrey in Engeland ’n kontrak losslaan om 15 beheerstelseleenhede te bou vir ’n groot projek wat uiteindelik 50 klein CubeSats, of nanosatelliete, die ruimte in sou stuur. Dít was waar die idee vir die ontwikkeling van CubeSpace ontstaan het – ’n afwentelmaatskappy wat amptelik aan die begin van 2015 gestig is, hoewel dit toe reeds ’n paar jaar lank met soortgelyke navorsing besig was. Met drie nanosatelliete reeds gelanseer en die aanvanklike 15 vereiste eenhede én ’n verdere 20 klaar gelewer, maak dié klein beginnermaatskappy astronomiese opgang.
Soos Jansen van Vuuren, het professor André van der Merwe, deesdae hoof van Urologie aan die Universiteit Stellenbosch, ook nie aanvanklik geneeskunde oorweeg nie. Toe hy in 1988 as eerstejaar by die Universiteit aankom, het hy ’n loopbaan as beroepsatleet in die oog gehad, waarvoor hy ook ’n beurs ontvang het. Tog het hy daaraan begin dink om moontlik medies te studeer, en kort voor lank het hy sy oefenklere ingepak en vir teaterklere verruil. Vir die volgende vyf jaar het hy op die Universiteit Stellenbosch se Tygerbergkampus, waar die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe geleë is, gewerk. “Dit was so hittete of ek is nie vir mediese studie aanvaar nie, en ek het dikwels gedink ek’s waarskynlik nie goed genoeg nie,” onthou hy. “Ek het myself gereeld herinner: ‘Hiérvoor gaan jy regtig alles in die stryd moet werp.’” Na sy studie het Van der Merwe as ’n junior dokter in Engeland gaan werk. In dié tyd slaag hy die omvattende en strawwe eksamen van die RCS (Royal College of Surgeons) van Engeland en Edinburg – ’n sprekende bewys dat harde werk inderdaad beloon word. Met sy terugkeer na Suid-Afrika het hy ’n paar jaar lank by Groote Schuur-hospitaal in Kaapstad in urologie gespesialiseer. Hier het hy kennis gemaak met oorplantings, ’n gebied wat hom besonder nuuskierig gemaak en geboei het. Van der Merwe het in 2007 ná bykans 20 jaar na Tygerberg teruggekeer, waar hy plaaslik én internasionaal mediese geskiedenis sou maak deur ’n oorplanting sonder gelyke uit te voer.
Ook CubeSpace en sy entoesiastiese span het al prestasies behaal wat Afrika én die wêreld ten goede raak. Hulle word hierin ondersteun deur hulle vennote, die Universiteit Stellenbosch, Innovus en die LaunchLab – ’n samewerkingsruimte wat finansiering bied aan klein beginnerondernemings wat die toekoms met hulle baanbrekerontwerpe en vervaardigingsvermoëns verander. “Die werk het vroeg in 1992 begin toe satellietnavorsing aan die US begin posvat het, en is afgeskop met die oprigting van die Elektroniese Stelselslaboratorium, waar die US tot vandag toe navorsing oor satelliete en onbemande lugvoertuie (UAV’s) onderneem,” verduidelik Jansen van Vuuren. In Februarie 1999 het die SUNSAT-satelliet die heel eerste satelliet uit Afrika geword wat gelanseer en met welslae in die buitenste ruimte aangewend is. Meer as 100 studente het aan hierdie projek deelgeneem en meer as 50 magister- en PhD-grade is gedurende dié tyd toegeken. “Ons eie professor Steyn het sy PhD oor die SUNSAT-beheerstelsel gedoen,” sê Jansen van Vuuren. Nou het die span by CubeSpace onder leiding van professor Steyn dié innoverende werk gekommersialiseer en sodoende die gaping tussen wetenskap en entrepreneurskap oorbrug – iets wat nog net ’n paar universiteite gedoen het. “Daar was nog altyd innovasie by universiteite; dis waaroor ’n universiteit gaan,” sê Jansen van Vuuren. “Maar die kommersialisering daarvan het nog nooit werklik voorheen gebeur nie. Net ’n handjie vol maatskappye in die wêreld doen wat ons doen – bou hardeware vir klein satelliete. En ek dink dis noemenswaardig dat Suid-Afrika oor tegnologie beskik wat ontstaan het uit navorsing hier in ons land, aan ons universiteit.”
’n Ewe noemenswaardige ontwikkeling, dié keer op mediese gebied, het op 11 Desember 2014 plaasgevind toe professor Van der Merwe ’n span chirurge by Tygerberghospitaal gelei het deur ’n nege uur lange operasie wat alle vorige grense sou verskuif. Die prosedure, waarin ’n penis van ’n skenker op ’n lewende pasiënt oorgeplant is, was die eerste in sy soort en is amptelik in Maart 2015 deur die Universiteit Stellenbosch se Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe aangekondig. Met tallose nieroorplantings op sy kerfstok (onder meer die heel eerste laparoskopiese nefrektomie in Suid-Afrika) en aan die soek na inspirasie vir sy PhD, was Van der Merwe oorgehaal om iets te doen wat nog nooit voorheen gedoen is nie. “Een van die pasiënte wat ons bespreek het, was iemand wat ’n penis verloor het en as gevolg daarvan hetsy baie siek geword of gesterf het,” onthou hy. “En skielik het dit net by my opgekom: Waarom op aarde as ek niere vir nieroorplantings kan verwyder, kan ek nie ook ’n penis vir ’n penisoorplanting verwyder nie? Soveel mense het gesê dit sal nooit werk nie. Soveel mense het gesê ek’s van lotjie getik.” Van der Merwe wil graag hoop gee aan diegene wat swaarkry as gevolg van kulturele praktyke wat skeefgeloop het, veral wat besnyding betref. “Jy’s ’n jong man wat bos toe gaan om besny te word. Jy verwag tog om daarna ’n man te wees en seksuele omgang te kan hê,” verduidelik hy. “Maar dan kom jy terug met absoluut niks óf met ’n penis wat nie normaal werk nie. Dis skrikwekkend. Dat ons die operasie suksesvol met ’n span dokters kon uitvoer, beteken baie vir ons gemeenskap en ook vir ons pasiënte op die waglys. Dit beteken baie vir die stilswyende massas mans wat sonder ’n penis moet klaarkom.”
Die ongelooflike innovasie aan die Universiteit Stellenbosch brei voortdurend uit en is volgens Van der Merwe bowenal daarop gerig om relevant te wees vir Afrika. Vir sowel Jansen van Vuuren as Van der Merwe beteken Matiewees om deel te wees van ’n span wat op leierskap en kommunikasie ingestel is; ’n omgewing waar innovasie byna vanself gebeur en nie net individue nie, maar die ganse vasteland aanvuur. “Matiewees is iets wat my altyd na aan die hart sal lê,” sê Jansen van Vuuren. “Ek weet dat ons oor 15 jaar, wanneer CubeSpace ’n groot maatskappy is, sal terugkyk en sal trots wees daarop dat ons van die Universiteit Stellenbosch gekom het, en dat ons altyd daardie band tussen ons sal wil sterk hou. Dís waar die navorsing en ontwikkeling vir ons begin het en dís waar ons dit wil hou.” Vir Van der Merwe gaan Matiewees daaroor om deel te wees van iets wat relevant is vir Suid-Afrika sowel as Afrika suid van die Sahara. “Dít is die eintlike boodskap wat elke Matie graag wil uitdra,” sê hy, “dat ons die land se sake voor ons eie stel.” Die voortdurend ontwikkelende aard van die Universiteit Stellenbosch bied ’n stewige platform vir van die land se voorste innoveerders om gedagtes uit te ruil en baanbrekerswerk op hulle onderskeie gebiede te doen. Die gesegde lui: Nood leer bid. Hierdie inspirerende verhale wys ons die Universiteit Stellenbosch leer innoveer.
[/av_textblock]