Skip to content
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • English
  • Konvokasie
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • English
  • Konvokasie

Menu

  • English
  • Afrikaans

‘Ek het die geleentheid aangegryp’

Othmar Vorster

SciMathUS-klas van 2017

Graadprogram: BScHons in Aardwetenskappe 2021

Ek is Othmar Vorster en ek is oorspronklik van Kakamas, maar het op ‘n jong ouderdom na Aggeneys in die Boesmanland-streek van die Noord-Kaap verhuis. Ek was altyd ‘n goeie presteerder op skool.

Ek het vir drie agtereenvolgende jare deelgeneem aan die Eskom Expo for Young Scientists International Science Fair waar ek ‘n brons‑ en silwermedalje in my tweede jaar van deelname verwerf het. Ek is ook gekies as een van die toppresteerders in my provinsie wat aan die Hope@Maties‑program in 2016 kon deelneem.

Alles het verander toe my ouers skei. Ek was net nie meer dieselfde student nie en my punte het daarna gedaal. In my matriekjaar was my uitslae vir Wiskunde en Fisiese Wetenskappe nie na wense nie en ek kon nie vir die MB,ChB‑graad op Stellenbosch aansoek doen nie. Ek het gevoel dat ek nie net myself teleurgestel het nie, maar ook my ouers en onderwysers wat in my geglo het.

My eertydse Wiskunde‑onderwyser het my van SciMathUS vertel. Ek het die geleentheid aangegryp en nooit weer teruggekyk nie. Dit was vir my moeilik toe ek my mede-matrikulante, en dié wat deel van die Hope@Maties program was, op die Stellenboschkampus sien. Dit het my nog meer vasberade gemaak om ‘n sukses van my jaar te maak.

SciMathUS het my die geleentheid gegee om verskeie loopbaankeuses te oorweeg. Die uitdagings van hoër onderwys is aan ons uitgewys, onder meer die struikelblokke wat ons te wagte kon wees en hoe ander studente die uitdagings oorkom het. Dit het my nog meer vasberade gemaak om op sukses te fokus, veral omdat ek van so ‘n klein dorpie kom en baie ver van my ouers was. Die program was werklik insiggewend en aan die einde van die jaar het ek presies geweet wat ek eendag wil word.

My aandag het ook van die MB,ChB na Geologie verskuif. Die Departement Aardwetenskappe is regoor die Fakulteit Opvoedkunde geleë en ek het gereeld daar aangeklop om meer oor die vakgebied, die lektore en die kwalifikasievereistes uit te vind. Aan die einde van my SciMathUS-jaar het ek vir ‘n BSc‑graad in Aardwetenskappe (Toegepaste Geologie) aansoek gedoen. En ek was nie spyt oor my keuse nie, want ek het dadelik daar tuis gevoel. Ek het my graad en nagraadse kwalifikasie in die minimum voorgeskrewe tyd voltooi. Dit is als te danke aan die grondslag wat SciMathUS gelê het en wat my aan die Universiteit Stellenbosch se verskeie aanbiedinge bekend gestel het sodat ek ‘n ingeligte besluit kon neem.

My boodskap aan studente wat voel hulle het misluk, of dat hulle hul ouers teleurgestel het, is hierdie motiverende aanhaling wat vir my uitgestaan het tydens my SciMathUS‑jaar: “Jy het nie só ver gekom net om só ver te kom nie.”

Wanneer jy dalk misluk of struikel, onthou dis nie die einde nie. Jy het nie sover gekom om tou op te gooi nie. Jy is nie ‘n mislukking nie. Daar steek iets in jou wat maak dat jy die wêreld kan aanvat.

Sonder SciMathUS en hulle volgehoue ondersteuning sou ek nie geweet het wat in my steek nie. Hulle het my gehelp om selfvertroue te kweek en om my drome na die beste van my vermoë na te streef. Ek is dankbaar vir die SciMathUS‑span wat my gehelp het om my drome te realiseer. Die onsekere seun wat by julle program aangesluit is nou ‘n man wat die wêreld in sy hande hou. Ek sal julle vir ewig dankbaar wees.

More articles

US se rassisme-ondersoek onderweg ná aanvanklike skorsing

Die herverbeelding van assessering vir ʼn transformerende studente-ervaring by die 2022 US AvOL-konferensie

Maties en Veldskoen Shoes span saam om studente te help

Once a Matie, Always a Matie
Once a Matie, Always a Matie
  • Homecoming
    • Tuiskoms 2024
    • Tuiskoms 2023
    • Tuiskoms 2022
    • Tuiskoms 2020
  • Campaigns
    • 2021
      • Dekaansfonds: Regsfakulteit
      • Covid-19
      • Masked Masterpieces
      • Thank You
    • 2022
      • #Action4inclusion
      • BRIDGE THE GAP ANNUAL FUND
      • EindeGBV
      • Train4Fees
      • #SciMathus
      • Move4Food
    • 2023
      • Borskanker Bewustheids Maand
  • Chapters
    • Globale Maties Netwerk
  • Alumni Vlagskip-Programme
    • PreAlumni
    • Swan
    • Jong Alumni
  • Geleenthede
    • Alumni-interaksie Kalender
    • Geleenthede
  • Media
  • Video’s
  • Donate
    • Move4Food
    • Skenk
    • Impakverslag
  • Get informed
    • Alumni Clubhouse
    • Kontak
    • Raak ingelig
    • Matie Shop
    • Maties Wynklub
  • Vrywilligerswerk vir die US
  • Visit Sun.ac
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • English
  • Konvokasie

Stellenbosch
Private Bag X1
Matieland
South Africa

+27(0)21 808 9265
alumni@sun.ac.za

Facebook Linkedin Instagram Twitter

We are using cookies to give you the best experience on our website.

You can find out more about which cookies we are using or switch them off in .

Privacy Overview

This website uses cookies so that we can provide you with the best user experience possible. Cookie information is stored in your browser and performs functions such as recognising you when you return to our website and helping our team to understand which sections of the website you find most interesting and useful.

Strictly Necessary Cookies

Strictly Necessary Cookie should be enabled at all times so that we can save your preferences for cookie settings.

If you disable this cookie, we will not be able to save your preferences. This means that every time you visit this website you will need to enable or disable cookies again.

3rd Party Cookies

This website uses Google Analytics to collect anonymous information such as the number of visitors to the site, and the most popular pages.

Keeping this cookie enabled helps us to improve our website.

Please enable Strictly Necessary Cookies first so that we can save your preferences!