Skip to content
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Aanlyn Skenkings
    • Maniere om te gee
    • Tipes geskenke
  • Media
    • Video’s
  • Kontak
  • Konvokasie
    • Nominasies vir US Raad 2023
    • Konvokasie 2023
    • Konvokasie 2022
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Aanlyn Skenkings
    • Maniere om te gee
    • Tipes geskenke
  • Media
    • Video’s
  • Kontak
  • Konvokasie
    • Nominasies vir US Raad 2023
    • Konvokasie 2023
    • Konvokasie 2022

Menu

  • Afrikaans

Globale klimaatsverandering-ambassadeurs van US by COP27

Temperature het sedert die pre-industriële tydperk met 1,1 °C gestyg en daar is nou onteenseglike bewyse dat dit deur mense veroorsaak word. Terwyl die uitwerking van klimaatsverandering regoor die planeet gevoel kan word, vergader party-samesprekingspanne, politici, nywerheidsleiers, jeuggroepe en wetenskaplikes – insluitende vier van die Universiteit Stellenbosch (US) – tans by COP27.

Wat betref die aanspreek van klimaatsverandering is daar geen groter of belangriker geleentheid as die Verenigde Nasies se Klimaatsveranderingkonferensie, of beter bekend as die COP27-klimaatberaad, nie. COP27 het op 6 November in Sharm el-Sheikh in Egipte afgeskop en duur tot 18 November. Die US se Skool vir Klimaatstudie is trots daarop om deel te wees van die program.

Die Universiteit het as die enigste Afrika-lid van die ‘Global Alliance of Universities of Climate Change’ (GAUC) kragte saamgespan met 14 van die wêreld se voorste universiteite, insluitende die Massachusetts Instituut vir Tegnologie (MIT), Yale, Oxford en Cambridge, om baanbrekersnavorsing en akademiese insigte te bied wat kan help om oplossings vir klimaatsveranderinge te vind.

Wie woon COP27 by?

Die US se Skool vir Klimaatstudie het vroeër vanjaar saam met nog ‘n GAUC-lid, Sciences Po-Universiteit in Frankryk, gewerk om ‘n kursus vir die opleiding en ontwikkeling van globale klimaatsveranderingambassadeurs te skep. Tien tot 15 studente van elke GAUC-liduniversiteit is gekies om aan die aanlyn kursus deel te neem. Hulle is uitgedaag om weeklikse lesings en besprekings oor toepaslike onderwerpe aan te bied en om dringende wêreldwye klimaatskwessies in multikontinentale groepe op te los.

Twee van hierdie globale klimaatsveranderingambassadeurs van die US woon tans saam met die Klimaatskool se waarnemende direkteur, prof Guy Midgley, en die koördineerder vir wetenskaplike navorsings, Kerry-Anne Grey, COP27 by. Die span het Woensdag 9 November – wat GAUC-dag by die China-pawiljoen in COP27 se blou sone gedoop is – ‘n uur lange geleentheid aangebied. Hulle het drie vooraanstaande sprekers, dr Chris Tresos van die Universiteit van Kaapstad, Olivia Rumble van Climate Legal en Dhesigen Naidoo van die Suid-Afrikaanse presidensiële klimaatskommissie, genooi om die Just Energy Transition- (JET-)oorgang te bespreek.

“Ons is hier om te wys dat ons iets het om te sê,” sê Midgley, “en dat ons ‘n unieke suider-Afrikaanse perspektief het. Ons wil van die Afrika-tak se kant af verduidelik wat die wetenskap sê en ons wil hierdie internasionale netwerk van universiteite ‘n idee gee van wie ons is en waarmee ons besig is.”

Die finale GAUC Dag-geleentheid het die werk van GAUC en die nuutopgeleide globale klimaatsveranderingambassadeurs gevier. Aangesien hulle reeds in September aan die Afrika-streeksforum oor klimaatsverandering asook vroeg in November aan GAUC se Globale Jeugberaad oor ‘n Net-Zero-toekoms deelgeneem het, was die US se ambassadeurs ten volle voorbereid om die US – en suider-Afrika – by hierdie hoëvlakgeleentheid te verteenwoordig.

Wat hulle hoop om te bereik

“Ek wil regtig huis toe kom met ‘n duidelike begrip van waarheen besprekings oor aanpassing en verlies en skade heen op pad is, wat mense van die globale doelwit dink en, vir ons spesifiek, waar die groot geleenthede vir opleiding en kapasiteitsuitbouing gaan wees,” sê Midgley. “Dit is ‘n geleentheid vir verkenning en om inligting in te samel, asook om bestaande verhoudings te versterk en moontlik nuwe verhoudings te bou.”

Kortom is dit die begin van ‘n nuwe fase vir die Skool vir Klimaatstudie – dit is ‘n belangrike stap vorentoe om nouer by forums betrokke te wees om die wêreld se ernstigste probleme te bespreek. Hy sê die US is trots daarop om aktief aan die beweging vir verandering, gelei deur ‘n Afrika-akademiese perspektief – deel te neem.​

More articles

Die US Argief – ons Universiteit se institusionele geheuebank

Merkwaardige vroue gevier tydens Vrouemaand: Prof Maureen Robinson

US stel Afrika-gesentreerde infeksiesiektes-program bekend in samewerking met MSF

  • Homecoming
    • Tuiskoms 2023
    • Tuiskoms 2022
    • Tuiskoms 2020
  • Campaigns
    • 2021
      • Dekaansfonds: Regsfakulteit
      • Covid-19
      • Masked Masterpieces
      • Thank You
    • 2022
      • #Action4inclusion
      • BRIDGE THE GAP ANNUAL FUND
      • EindeGBV
      • Train4Fees
      • #SciMathus
      • Move4Food
  • Chapters
    • Globale Maties Netwerk
  • Alumni Vlagskip-Programme
    • PreAlumni
    • Swan
    • Jong Alumni
  • Geleenthede
    • Alumni-interaksie Kalender
    • Geleenthede
    • Maties Events
      • Annual Events
      • Verjaarsdae
      • Crest Talks
      • Maties Sports
      • Eweknie-fondswerwing
      • Openbare lesings
      • Koshuise
  • Donate
    • Skenk
    • Impakverslag
  • Get informed
    • Alumni Clubhouse
    • Kontak
    • Raak ingelig
    • Matie Shop
    • Maties Wynklub
  • Vrywilligerswerk vir die US
  • Visit Sun.ac
Once a Matie, Always a Matie
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Aanlyn Skenkings
    • Maniere om te gee
    • Tipes geskenke
  • Media
    • Video’s
  • Kontak
  • Konvokasie
    • Nominasies vir US Raad 2023
    • Konvokasie 2023
    • Konvokasie 2022

Stellenbosch
Private Bag X1
Matieland
South Africa

+27(0)21 808 9265 alumni@sun.ac.za

Facebook Linkedin Instagram Twitter

We are using cookies to give you the best experience on our website.

You can find out more about which cookies we are using or switch them off in .

Powered by Ultimate Auction
Privacy Overview

This website uses cookies so that we can provide you with the best user experience possible. Cookie information is stored in your browser and performs functions such as recognising you when you return to our website and helping our team to understand which sections of the website you find most interesting and useful.

Strictly Necessary Cookies

Strictly Necessary Cookie should be enabled at all times so that we can save your preferences for cookie settings.

If you disable this cookie, we will not be able to save your preferences. This means that every time you visit this website you will need to enable or disable cookies again.

3rd Party Cookies

This website uses Google Analytics to collect anonymous information such as the number of visitors to the site, and the most popular pages.

Keeping this cookie enabled helps us to improve our website.

Please enable Strictly Necessary Cookies first so that we can save your preferences!