Skip to content
  • Tuis
  • Matie shop
  • Maties Connect
  • Media
  • Kontak
  • Vir meer inligting oor COVID-19 Klik hier
  • English
Menu
  • Tuis
  • Matie shop
  • Maties Connect
  • Media
  • Kontak
  • Vir meer inligting oor COVID-19 Klik hier
  • English

Menu

  • English
  • Afrikaans

Alumna sien uit om ‘lewens ten goede te beïnvloed’

Dit is nie hoe jy begin nie, maar waar jy eindig – dit is die les wat die eerstegenerasiestudent Agnes Molebatsi moes leer op haar hoëronderwysreis aan die Universiteit Stellenbosch (US). Maar gelukkig vir haar was dit ‘n les wat veel meer draagliker gemaak is deur haar deelname aan die universiteit se SciMathUS-universiteitsvoorbereidingsprogram.

Die US se SciMathUS-universiteitsvoorbereidingsprogram gee hoërskoolleerders wat reeds graad 12 geslaag het, maar nie vir hoëronderwyskeuring kwalifiseer nie, ‘n tweede geleentheid om hul Nasionale Senior Sertifikasie resultate in wiskunde, fisiese wetenskappe en rekeningkunde te verbeter. Dit stel hulle dan in staat om weer vir universiteitsprogramme aansoek te doen.

Molebatsi het die lewe begin in die klein dorpie Khutsong in Carletonville in die Gauteng-provinsie.

“In ons dorp was die toploopbane wat hoog aangeskryf is en deur die gemeenskap as betekenisvol beskou is, ingenieurswese, medisyne, regte en onderrig. So, gedurende my grootwordjare was my aspirasies en keuse van studie dus gefokus op daardie loopbaanvelde. Maar my matriekpunte was nie goed genoeg om medies of ingenieurswese te studeer nie, en weens my Christelike agtergrond het ek besluit om iets te studeer wat met jeugbediening verband hou (Baccalaureus in Teologie) aan die US. Maar in 2015, tydens ‘n US-opedag, het ek veekundeboerdery ontdek en die drang begin voel om nuwe volhoubare boerderypraktyke en nuwe tegnologie te vind om ons groeiende bevolking te help voed. Net daar het ek geweet dit is wat ek wou doen.”

Sy het besluit om haar kursus te verander, maar die struikelblok was haar matriekpunte wat nie aan die minimum vereistes voldoen het om aansoek te doen vir die BSc Agric (Veekundige wetenskappe)-program wat sy wou studeer nie. Dit was toe dat sy die SciMathUS-program teëgekom het en daarin geslaag het om ‘n plek in die klas van 2015 te kry.

“My SciMathUs-reis was nie ‘n maklike een nie. Ek het baie gesukkel omdat die NSS-sillabus die vorige jaar verander het en ek van nuuts af moes begin om sekere wiskundige konsepte te leer. Maar die dosente was geduldig met my en het my aangemoedig om ekstra sessies aan te vat om my te help om die konsepte te verstaan. Ek het volhard en kon my fisiese wetenskap- en wiskundepunte verbeter en toelating tot die BSc Agric (Veekundige wetenskappe)-kursus verkry.”

Molebatsi studeer tans vir ‘n MSc in Volhoubare Landbou en beplan om eendag haar eie pluimveeboerdery te begin waar sy die vaardighede wat sy aan die US geleer het, aan haar gemeenskap kan oordra.

“My doel is om lewensonderhoud te verbeter deur die wetenskap van volhoubare boerdery, en om kleinhandelboere te help om produksie en doeltreffendheid op ‘n omgewingsvriendelike wyse te verhoog.”

Maar vir eers is sy besig om terug te ploeg in die SciMathUS-gemeenskap as ‘n SciMathUS-mentor.

​“Ek was gelukkig genoeg om as ‘n mentor aangestel te word en kan nou my ervarings met die huidige SciMathUS-studente deel. Net om in ‘n posisie te wees om ander te inspireer wat op die pad is wat ek geloop het, is vervullend. Eendag wanneer ek finansieel in staat is, sal ek graag een van die skenkers wil word wat die program aan die gang hou en wat soveel lewens ten goede beïnvloed.”

More articles

SAMNR-toekenning ondersteun navorsing oor gestremdheidsoorwegings tydens Covid-19

Hier Leer Jy Innoveer

Fakulteit Regsgeleerdheid vier 101 jaar

  • Tuiskoms
    • Tuiskoms 2022
    • Tuiskoms 2020
  • Veldtogte
    • Dekaansfonds: Regsfakulteit
    • Covid-19 Hulpfondse
    • Train4Fees
    • Masked Masterpieces
    • Move4Food
    • #Action4inclusion
    • #SciMathus
    • BRIDGE THE GAP ANNUAL FUND
    • Dankie
  • Hubs & Clubs
    • VSA
    • VK
    • Noord-Amerika
    • Namibië
    • Londen
    • KwaZulu Natal
    • Ierland
    • Hongkong
    • Gauteng
    • Europa
    • Kanada
    • Breëriviervallei
  • Alumni Vlagskip-Programme
    • PreAlumni
    • Swan
    • Jong Alumni
  • Geleenthede
    • Alumni-interaksie Kalender
    • Geleenthede
    • Maties Geleenthede
      • Verjaarsdae
      • Koshuise
      • Eweknie-fondswerwing
  • Konvokasie
  • Vrywilligheid
  • Skenk
    • Skenk
    • Impakverslag
  • Die Stal
  • Maties Wynklub
Once a Matie, Always a Matie
  • Tuis
  • Matie shop
  • Maties Connect
  • Media
  • Kontak
  • Vir meer inligting oor COVID-19 Klik hier
  • English

Stellenbosch
Private Bag X1
Matieland
South Africa

+27(0)21 808 9265 alumni@sun.ac.za

Facebook Linkedin Instagram Twitter

We are using cookies to give you the best experience on our website.

You can find out more about which cookies we are using or switch them off in settings.

Privacy Overview

This website uses cookies so that we can provide you with the best user experience possible. Cookie information is stored in your browser and performs functions such as recognising you when you return to our website and helping our team to understand which sections of the website you find most interesting and useful.

Strictly Necessary Cookies

Strictly Necessary Cookie should be enabled at all times so that we can save your preferences for cookie settings.

If you disable this cookie, we will not be able to save your preferences. This means that every time you visit this website you will need to enable or disable cookies again.

3rd Party Cookies

This website uses Google Analytics to collect anonymous information such as the number of visitors to the site, and the most popular pages.

Keeping this cookie enabled helps us to improve our website.

Please enable Strictly Necessary Cookies first so that we can save your preferences!