Skip to content
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • English
  • Konvokasie
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • English
  • Konvokasie

Menu

  • English
  • Afrikaans

Rekenmeester met ‘n hart vir die gemeenskap

Ayanda Vabaza-Mvandaba se maatstaf van sukses is nie monetêre welvaart nie, maar om ‘n beter samelewing te help skep.

As ‘n geoktrooieerde rekenmeester wat haar BRek- en HonsBRek-graad aan die US verwerf het, het sy in 2019 Kwandiso Consulting gestig. Die konsultasiefirma bied finansiëledienste-oplossings aan klein, middelslagen mikro-ondernemings (KMMO’s), bevorder finansiële insluiting, en bewys aan entrepreneurs dat geoktrooieerde rekenmeesters nie net vir groot maatskappye bedoel is nie, maar ook ‘n kerndeel uitmaak van kleiner ondernemings se ekonomiese volhoubaarheid.

“KMMO’s vervul ‘n belangrike rol in ekonomiese groei, en hulle sukses en volhoubaarheid hang af van ons dienste as geoktrooieerde rekenmeesters,” verduidelik Ayanda. “Ek het ‘n behoefte geïdentifiseer om bekostigbare dienste aan hierdie ondernemings te lewer, veral dié in vroulike besit en wat deur families bedryf word. Ek het die geleentheid raakgesien om hulle met die nodige gereedskap toe te rus sodat hulle goeie bestuur kan verseker, finansiële vryheid kan verkry, en ‘n volgende vlak van groei kan bereik.”

Ayanda het op Queenstown in die Oos-Kaap grootgeword. Sy het hierdie loopbaan gekies in die hoop dat sy vir haarself en haar familie sal kan sorg en sekere geleenthede sal kan ontsluit wat nie voorheen vir mense van kleur beskikbaar óf toeganklik was nie

Nadat sy haar honneursgraad verwerf het, het sy haar klerkskap by KPMG voltooi, waar sy ‘n beurshouer was. “Ek het albei raadseksamens met my eerste probeerslag geslaag en is tot toesighouer bevorder.

Ayanda is ook ‘n sosiale entrepreneur, en die inisiatiewe waarby sy betrokke is, word deur ‘n belangstelling in sosio-ekonomiese opheffing en gemeenskapsgebaseerde oplossings aangevuur. “Deur my onderneming neem ekjongmense in diens. Ek was ook medestigter van die Langa Siphe-stigting, wat bystand verleen aan, voorspraak doen én geld insamel vir gemarginaliseerde vroue en weggooikinders. Deur die organisasie bevorder ons finansiële geletterdheid en fasiliteer die voorsiening van gesondheidsorg, klere en kos, en finansiële bystand vir skoolbywoning,” sê sy.

Sy dien in die oudit- en risikokomitees van Equal Education, Wesgro, die Kaapse Skiereiland Universiteit vir Tegnologie en die Wes-Kaapse provinsiale regering, sowel as in die direksie van African Phoenix Investments Limited.

Ayanda is in 2021 as een van Afrika se “Brightest Young Minds” erken. Die volgende jaar was sy ‘n finalis in RMB, Accenture en Business Engage se gendertoekennings in die kategorie “Positiewe rolmodel”. Sy is ook in 2022 as een van die Suid-Afrikaanse Instituut vir Geoktrooieerde Rekenmeesters se 35 beste geoktrooieerde rekenmeesters onder 35 aangewys – ‘n kompetisie wat erkenning verleen aan mense wat uitblink, uitsonderlik presteer en na uitnemendheid streef. En in 2023 is sy as ‘n finalis in die Woman of Stature-toekennings in die kategorie “Vrou in die gemeenskap” vereer. “Dit is ‘n ongelooflike gevoel om op dié manier erkenning te ontvang, want dit bevestig dat ek op die regte pad is,” sê sy.

“My droom is om ‘n blywende nalatenskap te skep,” voeg Ayanda by. “Wanneer toekomstige geslagte aanKort nadat ek as geoktrooieerde rekenmeester gekwalifiseer het, het ek my op batebestuur begin toespits. Ek het egter gesondheidsprobleme ontwikkel, en toe ek uiteindelik daarvan herstel het, het ek my formele werk vaarwel toegeroep en Kwandiso Consulting begin.” my dink, hoop ek hulle sal sê: ‘Daar was ‘n dapper vrou met die naam Ayanda, en sy het haarself oortref. Haar nalatenskap is een van liefde, aanvaarding en sorg. Sy het die wêreld in ‘n beter toestand agtergelaat as waarin sy dit gekry het.”

More articles

Skool vir Rekeningkunde eerstejaars verower eerste prys in Deloitte-kompetisie

Universiteit Stellenbosch installeer sanitêre doekiesmasjiene op kampus

US mariene bioloë raap toptoekennings op by SASAqS Konferensie

Once a Matie, Always a Matie
Once a Matie, Always a Matie
  • Homecoming
    • Tuiskoms 2024
    • Tuiskoms 2023
    • Tuiskoms 2022
    • Tuiskoms 2020
  • Campaigns
    • 2021
      • Dekaansfonds: Regsfakulteit
      • Covid-19
      • Masked Masterpieces
      • Thank You
    • 2022
      • #Action4inclusion
      • BRIDGE THE GAP ANNUAL FUND
      • EindeGBV
      • Train4Fees
      • #SciMathus
      • Move4Food
    • 2023
      • Borskanker Bewustheids Maand
  • Chapters
    • Globale Maties Netwerk
  • Alumni Vlagskip-Programme
    • PreAlumni
    • Swan
    • Jong Alumni
  • Geleenthede
    • Alumni-interaksie Kalender
    • Geleenthede
  • Media
  • Video’s
  • Donate
    • Move4Food
    • Skenk
    • Impakverslag
  • Get informed
    • Alumni Clubhouse
    • Kontak
    • Raak ingelig
    • Matie Shop
    • Maties Wynklub
  • Vrywilligerswerk vir die US
  • Visit Sun.ac
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • English
  • Konvokasie

Stellenbosch
Private Bag X1
Matieland
South Africa

+27(0)21 808 9265
alumni@sun.ac.za

Facebook Linkedin Instagram Twitter

We are using cookies to give you the best experience on our website.

You can find out more about which cookies we are using or switch them off in .

Privacy Overview

This website uses cookies so that we can provide you with the best user experience possible. Cookie information is stored in your browser and performs functions such as recognising you when you return to our website and helping our team to understand which sections of the website you find most interesting and useful.

Strictly Necessary Cookies

Strictly Necessary Cookie should be enabled at all times so that we can save your preferences for cookie settings.

If you disable this cookie, we will not be able to save your preferences. This means that every time you visit this website you will need to enable or disable cookies again.

3rd Party Cookies

This website uses Google Analytics to collect anonymous information such as the number of visitors to the site, and the most popular pages.

Keeping this cookie enabled helps us to improve our website.

Please enable Strictly Necessary Cookies first so that we can save your preferences!