Maties-personeel en -studente sien uit daarna om jou by ons stalletjie by die Kaapstad-Fietstoer-Ekspo te verwelkom. Jy sal ons in die liefdadigheidsafdeling vind.

Dus, sodra jy klaar geregistreer en jou wedloopnommer, wedlooppakkie en tydhouer by een van die RaceTec-stalletjies nagegaan het, slaan koers in die rigting van die aandenkingsafdeling, waarna jy ons in Afrika se grootste fietstoer-uitstalling sal bevind. Kom groet by ons US #Move4Food-stalletjie. Hier’s alles en nog wat, asook Maties Alumni-items te koop of jy kan bloot net ratte verwissel en gesels.

Die Ekspo vind op hierdie datums by Kaapstadstadion plaas:

  • Donderdag 5 Maart: 09h30 tot 19h00
  • Vrydag 6 Maart: 09h00 tot 19h00
  • Saterdag 7 Maart: 09h00 tot 16h00

Ondersteun die Universiteit Stellenbosch se #Move4Food-veldtog

Ondersteun ons #Move4Food kampioenfietsryers voor of na die resies. Hierdie ambassadeurs het jou aansporing tot en met die eindstreep broodnodig en by ons stalletjie sal jy meer te wete oor #Move4Food kom.

Ons sal jou ook graag wil gelukwens en hoor wat jou tyd was na afloop van die fietstoer met sy 109km! Jy sal ons binne-in die gasvryheidstent (9:00 — 16:00) op die veld langsaan Vleiweg, Greenpoint vind.

Bring gerus jou hele span ondersteuners — jou familie en vriende, ontmoet ons #Move4Food fietsryers, asook die Rektor en Visekanselier, Prof Wim de Villiers en Kanselier Edwin Cameron. Deel jou indrukke van die dag via #MatiesIDidIt! by ons. Daar sal verversings wees en jy kan ook behoorlik afkoel met ‘n welverdiende sportmassering.

Ons sien uit om jou by die 42ste aanbieding van hierdie wonderlike, wêreldberoemde fietstoer te sien!