Skip to content
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Aanlyn Skenkings
    • Maniere om te gee
    • Tipes geskenke
  • Media
    • Video’s
  • Kontak
  • Konvokasie
    • Nominasies vir US Raad 2023
    • Konvokasie 2023
    • Konvokasie 2022
  • English
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Aanlyn Skenkings
    • Maniere om te gee
    • Tipes geskenke
  • Media
    • Video’s
  • Kontak
  • Konvokasie
    • Nominasies vir US Raad 2023
    • Konvokasie 2023
    • Konvokasie 2022
  • English

Menu

  • English
  • Afrikaans

Aardwetenskap-studente skitter by wêreldkonferensie oor mineraaleksplorasie

Yann Waku en Steve Chingwaru, nagraadse studente in die Departement Aardwetenskappe by die Universiteit Stellenbosch (US), het onlangs onderskeidelik die eerste en derde prys verower in die kategorie vir aanlyn MSc-aanbiedings by die Prospectors and Developers Association of Canada (PDAC) se konferensie.

Volgens Dr Bjorn von der Heyden hulle studieleier, is hulle prestasie merkwaardig aangesien die PDAC konferensie as een van die wêreld se grootste internasionale konferensies oor mineraaleksplorasie en -beleggings beskou word.

Yann, wat as eksplorasiegeoloog by Kibali Gold Mines in die Demokratiese Republiek die Kongo (DRK) werk, is tans deeltyds besig met sy meestergraad in eksplorasiegeologie. Dit beteken dat hy vir nege weke aaneen op die mynperseel werk, gevolg deur ‘n maand se laboratoriumwerk in die laboratorium by die US. En dan is dit weer terug werk toe.

“Die DRK is een van die beste lande ter wêreld vir geologiese eksplorasie, maar die grootste gedeelte hiervan is nog nie goed bestudeer nie. In my werk ervaar ek dit daagliks. Deur my navorsing verkry ons ‘n groter wetenskaplike basis wat ons help om ons eksplorasiepogings te rig en voort te dryf”.

Tot op hede het sy navorsing gelei tot die generering van nuwe groenveld-eksplorasieteikens. Ten einde hierdie resultate te behaal, moes hy metodies te werk gaan en geofisiese en geochemiese data kombineer met die data verkry uit die noukeurige bestudering van die gouderts-teksture, chemie en minerale wat daarmee geassosieer word. Hierdie inligting het hy toe in die konteks van vorige en huidige teorieë oor die geologiese geskiedenis van die gebied geïnterpreteer.

Steve, wat in Zimbabwe grootgeword en sy skoolloopbaan in Suid-Afrika voltooi het, sê hy geniet Aardwetenskap as gevolg van sy belangstelling in die buitelewe, kamp en die vooruitsig om na die mees afgeleë plekke ter wêreld te reis

Sy oupa, wyle George Henry Nolan, se memoires getiteld: The Road to Lithium Lodge, inspireer hom ook. Dit vertel die storie van sy reis in die 1920s in sy poging om die ekonomiese waarde van die wêreld se grootste petaliet-afsetting by Bikita in Zimbabwe, te bewys.

Sy huidige navorsing fokus egter op ekstraksiemetallurgie: “Geometallurgie is die praktyk waar geologie of geostatistiek gekombineer word met ekstraksiemetallurgie. Hierdie veld het oor die jare momentum gekry as gevolg van ‘n wêreldwye afname in hoëgehalte erts. Ek werk tans met uitskot mynhoopmateriaal van die Witwatersrandse goudveld om aan te toon dat daar moontlik steeds ‘n aansienlike hoeveelheid onsigbare goud in die sulfiede in hierdie mynhope teenwoordig kan wees.”

Die doel van hierdie navorsing is om genoegsame data aan myne te verskaf as motivering om die afvalmynhope op ‘n volhoubare wyse te myn. Dit sal beteken dat hulle die ekstra goud kan ontsluit en terselfdertyd ontslae kan raak van die besoedelende stowwe wat met mynhope geassosieer word.

“Ek geniet die feit dat my navorsing tot algehele skoner produksie kan bydra. Dit is in lyn met die wêreldwye tendens − om die foute van die verlede te probeer regstel,” sluit hy af.

More articles

Stellenbosch Alumni gereed vir Cape Epic vir #Move4Food

Bly Verbind: Maties Alumnibetrekkinge en die Konvokasie aan die US

US skitter op jongste wêreldranglys vir akademiese vakke

  • Homecoming
    • Tuiskoms 2023
    • Tuiskoms 2022
    • Tuiskoms 2020
  • Campaigns
    • 2021
      • Dekaansfonds: Regsfakulteit
      • Covid-19
      • Masked Masterpieces
      • Thank You
    • 2022
      • #Action4inclusion
      • BRIDGE THE GAP ANNUAL FUND
      • EindeGBV
      • Train4Fees
      • #SciMathus
      • Move4Food
  • Chapters
    • Globale Maties Netwerk
  • Alumni Vlagskip-Programme
    • PreAlumni
    • Swan
    • Jong Alumni
  • Geleenthede
    • Alumni-interaksie Kalender
    • Geleenthede
    • Maties Events
      • Annual Events
      • Verjaarsdae
      • Crest Talks
      • Maties Sports
      • Eweknie-fondswerwing
      • Openbare lesings
      • Koshuise
  • Donate
    • Skenk
    • Impakverslag
  • Get informed
    • Alumni Clubhouse
    • Kontak
    • Raak ingelig
    • Matie Shop
    • Maties Wynklub
  • Vrywilligerswerk vir die US
  • Visit Sun.ac
Once a Matie, Always a Matie
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Aanlyn Skenkings
    • Maniere om te gee
    • Tipes geskenke
  • Media
    • Video’s
  • Kontak
  • Konvokasie
    • Nominasies vir US Raad 2023
    • Konvokasie 2023
    • Konvokasie 2022
  • English

Stellenbosch
Private Bag X1
Matieland
South Africa

+27(0)21 808 9265 alumni@sun.ac.za

Facebook Linkedin Instagram Twitter

We are using cookies to give you the best experience on our website.

You can find out more about which cookies we are using or switch them off in .

Powered by Ultimate Auction
Privacy Overview

This website uses cookies so that we can provide you with the best user experience possible. Cookie information is stored in your browser and performs functions such as recognising you when you return to our website and helping our team to understand which sections of the website you find most interesting and useful.

Strictly Necessary Cookies

Strictly Necessary Cookie should be enabled at all times so that we can save your preferences for cookie settings.

If you disable this cookie, we will not be able to save your preferences. This means that every time you visit this website you will need to enable or disable cookies again.

3rd Party Cookies

This website uses Google Analytics to collect anonymous information such as the number of visitors to the site, and the most popular pages.

Keeping this cookie enabled helps us to improve our website.

Please enable Strictly Necessary Cookies first so that we can save your preferences!