Skip to content
  • Tuis
  • Matie shop
  • Maties Connect
  • Media
  • Kontak
  • Vir meer inligting oor COVID-19 Klik hier
  • English
Menu
  • Tuis
  • Matie shop
  • Maties Connect
  • Media
  • Kontak
  • Vir meer inligting oor COVID-19 Klik hier
  • English

Menu

  • English
  • Afrikaans

Karen Bruns aangestel op uitvoerende komitee van Hoëronderwys Fondsinsameling Forum

Karen Bruns, Senior Direkteur: Ontwikkeling en Alumnibetrekkinge aan die Universiteit Stellenbosch (US), is onlangs aangestel op die Uitvoerende Komitee van die nuutgestigte Hoëronderwys Fondsinsameling Forum (in Eng. HEFF), ‘n nuwe Gemeenskap van Praktyk binne Universiteite Suid-Afrika (USAf).

USAf se Gemeenskappe van Praktyk is forums wat bestaan uit spesialiste op verskillende vakgebiede wat almal relevant is tot die bestuur van ‘n universiteit. Hierdie groepe kom gereeld bymekaar om kennis en inligting te deel en mekaar te ondersteun deur gemeenskaplike kwessies te bespreek en kollektiewe oplossings vir spesifieke probleme te vind.

Die doel van die Fondsinsameling Forum is om beste praktyke vir fondsinsameling in die Suid-Afrikaanse hoëronderwys-sektor te bevorder. Dit sal gedoen word deur inligting en kennisbronne te deel; samewerking tussen hoëronderwysinstellings in Suid-Afrika te bevorder; plaaslike, streeks- en wêreldwye uitdagings aan te spreek; asook die bevordering van gesamentlike akademiese projekte.

“Dit is ‘n groot voorreg om die Universiteit Stellenbosch op hierdie Forum te kan verteenwoordig. Dit bied aan my die geleentheid om debat oor nasionale fondsinsamelingsinisiatiewe en -kwessies te bevorder en insae te hê in die ontwikkeling van beleide en praktyke volgens nasionale en internasionale fondsinsameling standaarde,” het Bruns gesê.

“In ons huidige nasionale en internasionale konteks is groter samewerking van deurslaggewende belang — en dit is presies wat hierdie Forum sal bied,” het sy bygevoeg.

Die stigting van die Forum het ook positiewe reaksies vanaf professionele persone binne die plaaslike en internasionale fondsinsamelingsfere gekry.

Nazeema Mohamed, uitvoerende direkteur van Inyathelo, die Suid-Afrikaanse Instituut vir Bevordering in die institusionele en niewinsgewende sektor, het gesê die feit dat hierdie Forum binne USAf funksioneer, sal help met die institusionalisering van goeie praktyk. “Welgedaan met die daarstel van die Hoëronderwys Fondsinsameling Forum as ‘n Gemeenskap van Praktyk. Hierdie Forum is beslis nodig in die sektor.”

Bill Moses, besturende direkteur van die Kresge-stigting se onderwysprogram, het gesê hy is verheug dat hierdie groep op die been gebring is. “Volgens ‘n onlangse Inyathelo-opname is daar tans byna 200 professionele persone in Suid-Afrika, so HEFF het ‘n goeie poel van potensiële lede.”

“Dit is so lekker om bekende name [op die uitvoerende komitee] te sien. Hou ons in die toekoms op hoogte van HEFF se aktiwiteite. Daar sal waarskynlik samewerkingsareas wees, veral rondom fondsinsamelingsplatforms,” het Hafeeza Rashed, senior adviseur vir kommunikasie en uitreike by die King Baudouin-stigting in die Verenigde State, gesê.

  • USAf op die web: https://www.usaf.ac.za/ ​

More articles

Hombré: 2021 Reünie

Maties se #Train4Fees-veldtog kry ekstra tyd

Unieke Suid-Afrikaanse kuns om Matie-studente in nood te help

  • Tuiskoms
    • Tuiskoms 2022
    • Tuiskoms 2020
  • Veldtogte
    • Dekaansfonds: Regsfakulteit
    • Covid-19 Hulpfondse
    • Train4Fees
    • Masked Masterpieces
    • Move4Food
    • #Action4inclusion
    • #SciMathus
    • BRIDGE THE GAP ANNUAL FUND
    • Dankie
  • Hubs & Clubs
    • VSA
    • VK
    • Noord-Amerika
    • Namibië
    • Londen
    • KwaZulu Natal
    • Ierland
    • Hongkong
    • Gauteng
    • Europa
    • Kanada
    • Breëriviervallei
  • Alumni Vlagskip-Programme
    • PreAlumni
    • Swan
    • Jong Alumni
  • Geleenthede
    • Alumni-interaksie Kalender
    • Geleenthede
    • Maties Geleenthede
      • Maties Sport
      • Jaarlikse gebeure
      • Crest Talks
      • Openbare lesings
      • Verjaarsdae
      • Koshuise
      • Eweknie-fondswerwing
  • Konvokasie
  • Vrywilligheid
  • Skenk
    • Skenk
    • Impakverslag
  • Alumni Clubhouse
  • Maties Wynklub
Once a Matie, Always a Matie
  • Tuis
  • Matie shop
  • Maties Connect
  • Media
  • Kontak
  • Vir meer inligting oor COVID-19 Klik hier
  • English

Stellenbosch
Private Bag X1
Matieland
South Africa

+27(0)21 808 9265 alumni@sun.ac.za

Facebook Linkedin Instagram Twitter

We are using cookies to give you the best experience on our website.

You can find out more about which cookies we are using or switch them off in settings.

Privacy Overview

This website uses cookies so that we can provide you with the best user experience possible. Cookie information is stored in your browser and performs functions such as recognising you when you return to our website and helping our team to understand which sections of the website you find most interesting and useful.

Strictly Necessary Cookies

Strictly Necessary Cookie should be enabled at all times so that we can save your preferences for cookie settings.

If you disable this cookie, we will not be able to save your preferences. This means that every time you visit this website you will need to enable or disable cookies again.

3rd Party Cookies

This website uses Google Analytics to collect anonymous information such as the number of visitors to the site, and the most popular pages.

Keeping this cookie enabled helps us to improve our website.

Please enable Strictly Necessary Cookies first so that we can save your preferences!