Skip to content
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • English
  • Konvokasie
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • English
  • Konvokasie

Menu

  • English
  • Afrikaans

Kom ons voer die goedheid verder!

Vir die 28-jarige Matie-alumnus Jazz Rampen het die ondersteuning van die Universiteit Stellenbosch se Bridge the Gap‑ (BTG‑)veldtog beteken dat hy sy deel kon doen om tot ‘n beter toekoms vir talentvolle jong Matie-studente by te dra.

“Persoonlik voel ek sterk dat alle mense gelyke toegang tot opvoeding moet hê, daarom was ek baie bly om my skenking te maak,” sê hy.

BTG is in 2021 van stapel gestuur en nooi alumni, die studentegemeenskap, personeel, ouers, en vriende van die Universiteit om studente te ondersteun om die finansiële struikelblokke te oorkom wat hul pad na sukses versper. Die doel van die veldtog is om die gaping tussen talent en finansiële behoefte te verklein en om ‘n tasbare verskil in studente se lewe te maak.

Die Universiteit samel fondse in vir verskeie inisiatiewe onder die sambreel van BTG. Dit sluit in: #Move4Food en die Tygerberg Pantry‑projek om hongersnood onder studente te bekamp; #Action4Inclusion, #GradMe, Caught in the Middle, en #Zim4Zim om uitstaande studenteskuld uit te wis; #EndPeriodPoverty om sanitêre higiëneprodukte beskikbaar te stel aan studente wat dit nie kan bekostig nie; en #MatiesHaveDrive om bestuurdersopleiding te verskaf aan studente wat ‘n bestuurslisensie benodig om werk te kry. Skenkers kan kies watter prioriteitsinisiatief hulle wil ondersteun, of dit nou ‘n spesifieke inisiatief of die Fonds in die algemeen is.

Jazz, wat as ‘n volhoubaarheidsleer‑konsultant vir ‘n Nederlandse bank werk, sê deernis en mededeelsaamheid is waardes wat sy ouers aan hom oorgedra het.

“Terwyl ek grootgeword het, het ek gesien hoe my ouers vir ander omgee en hul tiendes aan die kerk gee. Noudat ek op ‘n plek is waar ek kan gee en tot die samelewing kan bydra, voel ek dit is my plig om so te maak. Ek dra oor die algemeen by tot inisiatiewe waarby ek aanklank vind en in hierdie geval het die BTG-fonds aan al my vereistes voldoen.”

Sy boodskap aan mede-alumni is om daardie sprong te maak en die goedheid verder te voer. “Ek was verras deur die verskeidenheid inisiatiewe binne die BTG-veldtog. Julle kan gerus gaan kyk, ek is seker daar sal ‘n inisiatief wees wat ook julle hartsnare sal aanroer.”

More articles

‘Reuse-avontuur’ wag op Matie op pad na Oxford met Rhodes-beurs in 2024

Dr Celeste Nel – “Moet nooit ophou leer nie

15 jaar van die bevordering van Chinese taal en kultuur gevier

Once a Matie, Always a Matie
Once a Matie, Always a Matie
  • Homecoming
    • Tuiskoms 2024
    • Tuiskoms 2023
    • Tuiskoms 2022
    • Tuiskoms 2020
  • Campaigns
    • 2021
      • Dekaansfonds: Regsfakulteit
      • Covid-19
      • Masked Masterpieces
      • Thank You
    • 2022
      • #Action4inclusion
      • BRIDGE THE GAP ANNUAL FUND
      • EindeGBV
      • Train4Fees
      • #SciMathus
      • Move4Food
    • 2023
      • Borskanker Bewustheids Maand
  • Chapters
    • Globale Maties Netwerk
  • Alumni Vlagskip-Programme
    • PreAlumni
    • Swan
    • Jong Alumni
  • Geleenthede
    • Alumni-interaksie Kalender
    • Geleenthede
  • Media
  • Video’s
  • Donate
    • Move4Food
    • Skenk
    • Impakverslag
  • Get informed
    • Alumni Clubhouse
    • Kontak
    • Raak ingelig
    • Matie Shop
    • Maties Wynklub
  • Vrywilligerswerk vir die US
  • Visit Sun.ac
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • English
  • Konvokasie

Stellenbosch
Private Bag X1
Matieland
South Africa

+27(0)21 808 9265
alumni@sun.ac.za

Facebook Linkedin Instagram Twitter

We are using cookies to give you the best experience on our website.

You can find out more about which cookies we are using or switch them off in .

Privacy Overview

This website uses cookies so that we can provide you with the best user experience possible. Cookie information is stored in your browser and performs functions such as recognising you when you return to our website and helping our team to understand which sections of the website you find most interesting and useful.

Strictly Necessary Cookies

Strictly Necessary Cookie should be enabled at all times so that we can save your preferences for cookie settings.

If you disable this cookie, we will not be able to save your preferences. This means that every time you visit this website you will need to enable or disable cookies again.

3rd Party Cookies

This website uses Google Analytics to collect anonymous information such as the number of visitors to the site, and the most popular pages.

Keeping this cookie enabled helps us to improve our website.

Please enable Strictly Necessary Cookies first so that we can save your preferences!