Skip to content
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • Konvokasie
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • Konvokasie

Menu

  • Afrikaans

Kurrikula moet reageer op die gemeenskap se behoeftes

Moet onderwysers wat toekomstige gesondheidsorg beroepslui oplei slegs op die biomediese vereistes van die beroep fokus, of moet hulle ook eienskappe van maatskaplike verantwoordelikheid insluit?

Hierdie vraag is gestel deur Cecilia Jacobs, ʼn medeprofessor aan die Sentrum vir Gesondheidsberoepe Onderrig (SGBO), tydens haar spiespunt-toespraak by die 66ste Akademiese Jaardag van die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe (FGGW), Universiteit Stellenbosch (US).

In haar diepsinnige toespraak, genoem ‘Health Professions Education – whence and whither’, het Jacobs gesê dat dit belangrik is om biomediese kennis en kliniese vaardighede, asook maatskaplike verantwoordelikheid en kritiese bewustheid in die kurrikulum te inkorporeer.

Sy het aangevoer om toekomstige gesondheidsorg beroepslui te ontwikkel wat klinies bevoeg én maatskaplik bewus is, moet gesondheidsberoepe onderwysers kurrikula ontwerp wat sosiaal bewus is wat gegradueerdes oplei wat “kritiek bewuste toekomstige gesondheidsorg beroepslui” sal wees.

Jacobs spesialiseer in hoër-onderrig studies en het uitgebreide ervaring in die voorbereiding van akademici vir hulle onderrig rolle. Haar huidige navorsing fokus op die vraag oor kennis en die belangrikheid daarvan as die middelpunt van debatte in hoër onderwys onderrig en leer.

Daar word baie beroep gedoen vir responsiewe kurrikula in Gesondheidsberoepe Onderrig (GBO), insluitend in ʼn 2010-uitgawe van die joernaal Lancet. “Meer onlangse literatuur beklemtoon die behoefte vir kurrikula in GBO om meer responsief te wees op die gemeenskap se behoeftes,” het sy bygevoeg.

Jacobs het navorsing deur US-akademici aangehaal wat deel uitmaak van ʼn wyer studie wat ses universiteite in Suid-Afrika insluit. “Die basiese veronderstelling van die studie was dat siektes binne die konteks van ʼn gesondheidsorgstelsel behandel word. Dus moet die aanspreek van ongelykheid en maatskaplike onbillikheid binne die gesondheidsorgstelsel deel uitmaak van toekomstige gesondheidsorg beroepslui se opleiding, en gevolglik ook hoe kurrikula ontwerp word.”

Sy het gesê dat die studie, wat van 2019 tot 2022 geduur het, gewys het dat daar verskillende perspektiewe was oor wie verantwoordelikheid moet neem vir kurrikula wat maatskaplik responsief is. “Die analise het getoon dat deelnemers van die ses instellings begrip gehad het vir die behoefte vir die lewering van so ʼn kurrikula, maar dat hulle verskillende opinies gehad het oor wie daarvoor verantwoordelik moet wees. Party het gevoel dat dit die GBO-onderwysers se verantwoordelik is, en anders het gevoel dat almal daarvoor verantwoordelik is.”

Die ander area waar perspektiewe verskil het was oor of die implementering van ʼn responsiewe kurrikulum in alle program modules geïntegreer moet word, of slegs ʼn paar komponente van die kurrikulum aangepas moet word. “Party deelnemers sien dit as ʼn proses wat by alle modules ingesluit moet word; en ander sien dit as aparte inhoud wat in ʼn enkele module aangespreek moet word.

“Dit is ʼn paar van die kwessies waaroor ons moet dink as ons vorentoe wil beweeg in die GBO-veld,” het Jacobs gesê.​

More articles

Afrika Sentrum se eerste postdoktorale genoot wen BMNI-konferensietoekenning

SBGS-personeel dien as riglyn metodologie-kenners vir die WGO se riglyn oor die uittering van kinders

Da Vinci-robot plaas Tygerberg aan voorpunt van chirurgie-opleiding

Once a Matie, Always a Matie
Once a Matie, Always a Matie
  • Homecoming
    • Tuiskoms 2024
    • Tuiskoms 2023
    • Tuiskoms 2022
    • Tuiskoms 2020
  • Campaigns
    • 2021
      • Dekaansfonds: Regsfakulteit
      • Covid-19
      • Masked Masterpieces
      • Thank You
    • 2022
      • #Action4inclusion
      • BRIDGE THE GAP ANNUAL FUND
      • EindeGBV
      • Train4Fees
      • #SciMathus
      • Move4Food
    • 2023
      • Borskanker Bewustheids Maand
  • Chapters
    • Globale Maties Netwerk
  • Alumni Vlagskip-Programme
    • PreAlumni
    • Swan
    • Jong Alumni
  • Geleenthede
    • Alumni-interaksie Kalender
    • Geleenthede
  • Media
  • Video’s
  • Donate
    • Move4Food
    • Skenk
    • Impakverslag
  • Get informed
    • Alumni Clubhouse
    • Kontak
    • Raak ingelig
    • Matie Shop
    • Maties Wynklub
  • Vrywilligerswerk vir die US
  • Visit Sun.ac
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • Konvokasie

Stellenbosch
Private Bag X1
Matieland
South Africa

+27(0)21 808 9265
alumni@sun.ac.za

Facebook Linkedin Instagram Twitter

We are using cookies to give you the best experience on our website.

You can find out more about which cookies we are using or switch them off in .

Privacy Overview

This website uses cookies so that we can provide you with the best user experience possible. Cookie information is stored in your browser and performs functions such as recognising you when you return to our website and helping our team to understand which sections of the website you find most interesting and useful.

Strictly Necessary Cookies

Strictly Necessary Cookie should be enabled at all times so that we can save your preferences for cookie settings.

If you disable this cookie, we will not be able to save your preferences. This means that every time you visit this website you will need to enable or disable cookies again.

3rd Party Cookies

This website uses Google Analytics to collect anonymous information such as the number of visitors to the site, and the most popular pages.

Keeping this cookie enabled helps us to improve our website.

Please enable Strictly Necessary Cookies first so that we can save your preferences!