Skip to content
<\/i>","library":"fa-solid"}}" data-widget_type="nav-menu.default">
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • English
  • Konvokasie
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • English
  • Konvokasie

Menu

  • English
  • Afrikaans

Maties en Veldskoen Shoes span saam om studente te help

Die Universiteit Stellenbosch (US) het vandeesweek hulle samewerking aangekondig met gevierde plaaslike skoenmaatskappy, Veldskoen Shoes, wat ook die plakkie-handelsmerk, Plakkie, vervaardig. Die opbrengs uit verkope van die nuwe skoen, by name Maties X Veldskoen, sal aan die Universiteit se Jaarfonds, Bridge the Gap, geskenk word.

Bridge the Gap is daarop gemik om die hindernisse wat Maties daarvan weerhou om ʼn betekenisvolle studente-ervaring te hê en daardie gesogte graad te ontvang, uit die weg te ruim. Die Universiteit werf fondse vir verskeie inisiatiewe onder die sambreel van Bridge the Gap. Dit sluit in #Move4Food, die Tygerberg Pantry-projek, #Action4Inclusion, #GradMe, #Zim4Zim, End Period Poverty, #MatiesHaveDrive en Caught in the Middle.

Alumni wat ʼn paar handgemaakte Maties X Veldskoene met maroen sole en Maties Plakkies in die ikoniese maroen koop, kan trots wees op die feit dat 5% van die totale verkope geskenk sal word aan die Universiteit se langdurige inisiatief, wat voedselsekerheid en finansiële hulp bied aan studente wat andersins nie in die posisie sou wees om hulle studies af te handel nie. Hierdie nuwe medewerking sal die Maties van die verlede in staat stel om vandag positief tot die volgende geslag Maties by te dra.

Die koördineerder van Bridge the Gap, Viwe Benxa, sê: “Ons is werklik opgewonde oor hierdie nuwe vennootskap met Veldskoen en Plakkie. Ons studente sal geweldig baie daarby baat en dit sal tot verdere sukses en die vooruitstrewendheid van ons studentegemeenskap bydra.”

Die Maties X Veldskoen en Plakkie sal amptelik tydens die 2022 Alumni Tuiskomsnaweekvieringe gedurende die Matie Soirée by die Alumni-klubhuis in Die Stal bekendgestel word.

Met ongeveer twee duisend alumni wat na Stellenbosch terugkeer vir hulle jaarlikse Tuiskomsvieringe, is die sentiment van gemeenskaplike trots en solidariteit selfs sterker as gewoonlik. Die bekende slagspreuk ‘Altyd ʼn Matie’ was nog nooit meer waar nie.

Die Direkteur van Groot en Transformerende Skenkings aan die US, Pieter Swart, voeg by: “Die Universiteit Stellenbosch is opgewonde oor ons vennootskap met Veldskoen/Plakkie, ʼn waarlik Suid-Afrikaanse produk. Ons glo dat ons deur hierdie onderneming nie slegs die US-handelsmerk op unieke wyse sal laat groei nie, maar ook beduidend deur Bridge the Gap tot ons behoeftige studentgemeenskap sal bydra.”

Veldskoen se voortgesette missie om Suid-Afrika via veelvuldige sektore te ondersteun, op te hef en te verdedig, word aangedryf deur hulle doelwit om ʼn inklusiewe toekoms vir almal moontlik te maak, wat die bemagtiging van toekomstige geslagte Maties en die positiewe impak deur die Bridge the Gap-inisiatief insluit.

Veldskoen Shoes se medestigter en trotse Matie, Ross Zondagh, sê “As ʼn alumnus is die geleentheid om betekenisvol te kan bydra, ʼn voorreg. Omdat ons weet wat Bridge the Gap doen, weet ons dat hierdie onderneming ʼn positiewe invloed sal hê op studente wat hulp benodig.”

Die Maties Veldskoen en Maties Plakkie

Veldskoen het die US se kenmerkende kleur en die naam ‘Die Matie aangegryp – bynaam vir studente van die Universiteit Stellenbosch wat afkomstig is van die Afrikaanse omgangstaal maat (vriend), wat oorspronklik deur die studente van die Universiteit van Kaapstad se voorloper, die Suid-Afrikaanse Kollege, gebruik is. ‘Die Matie’ is in die Veldskoen Heritage-reeks geïntegreer met die bypassende kleur sole en veters. Die skoene is beskikbaar teen R1 199 met die handelsmerk van die US op, of daarsonder teen R1 099. Die spesiaal ontwerpte Maties Plakkie verkoop vir R280 en sal van 9 September af op kampus by die Matie Shop en ook by veldskoen.com beskikbaar wees.

Veldskoen Shoes

Veldskoen Shoes is ʼn skoeisel- en klerasiemaatskappy wat Suid-Afrika voorstaan. Sedert die aanvang daarvan in 2016, het Veldskoen gegroei van ʼn klein beginnermaatskappy tot ʼn wêreldwye handelsmerk wat in meer as 30 lande verkoop word.

​Kleinhandelpryse:

  • Maties X Veldskoen sonder handelsmerk – R1 099
  • Maties X Veldskoen met handelsmerk – R1 199
  • Maties Plakkies mans en vroue – R280
  • ​Spotless Maties skoonmaakstel – R269

More articles

Bemagtiging van pasiënte en gesondheidsorgpersoneel die kern van Burger se visie vir Stralingsonkologie

‘n Geskenk vir die volgende generasie Maties

Magdel Pretorius – “Ek glo ek’s in dié rol om ‘n rede”

Once a Matie, Always a Matie
Once a Matie, Always a Matie
  • Homecoming
    • Tuiskoms 2024
    • Tuiskoms 2023
    • Tuiskoms 2022
    • Tuiskoms 2020
  • Campaigns
    • 2021
      • Dekaansfonds: Regsfakulteit
      • Covid-19
      • Masked Masterpieces
      • Thank You
    • 2022
      • #Action4inclusion
      • BRIDGE THE GAP ANNUAL FUND
      • EindeGBV
      • Train4Fees
      • #SciMathus
      • Move4Food
    • 2023
      • Borskanker Bewustheids Maand
  • Chapters
    • Globale Maties Netwerk
  • Alumni Vlagskip-Programme
    • PreAlumni
    • Swan
    • Jong Alumni
  • Geleenthede
    • Alumni-interaksie Kalender
    • Geleenthede
  • Media
  • Video’s
  • Donate
    • Move4Food
    • Skenk
    • Impakverslag
  • Get informed
    • Alumni Clubhouse
    • Kontak
    • Raak ingelig
    • Matie Shop
    • Maties Wynklub
  • Vrywilligerswerk vir die US
  • Visit Sun.ac
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • English
  • Konvokasie

Stellenbosch
Private Bag X1
Matieland
South Africa

+27(0)21 808 9265
alumni@sun.ac.za

Facebook Linkedin Instagram Twitter

We are using cookies to give you the best experience on our website.

You can find out more about which cookies we are using or switch them off in .

Privacy Overview

This website uses cookies so that we can provide you with the best user experience possible. Cookie information is stored in your browser and performs functions such as recognising you when you return to our website and helping our team to understand which sections of the website you find most interesting and useful.

Strictly Necessary Cookies

Strictly Necessary Cookie should be enabled at all times so that we can save your preferences for cookie settings.

If you disable this cookie, we will not be able to save your preferences. This means that every time you visit this website you will need to enable or disable cookies again.

3rd Party Cookies

This website uses Google Analytics to collect anonymous information such as the number of visitors to the site, and the most popular pages.

Keeping this cookie enabled helps us to improve our website.

Please enable Strictly Necessary Cookies first so that we can save your preferences!