Skip to content
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • English
  • Konvokasie
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • English
  • Konvokasie

Menu

  • English
  • Afrikaans

Maties vasberade om mode volhoubaar en toeganklik te maak

Dit was die “gekste” ses maande van hulle lewe, maar twee studente van die Universiteit Stellenbosch (US), Wihan Joubert en Bernard Combrink, is besig om ‘n revolusie in die koop en verkoop van tweedehandse klere te lei met hulle beginbesigheid, Drip Markets, ‘n koop-en-verkoop-platform vir gebruikte klere.

Albei is voltydse derdejaarstudente – Joubert studeer beleggingsbestuur en Combrink rekeningkunde. Maar danksy kreatiewe tydsbestuur en hope passie het hulle dit reggekry om Drip Markets as ‘n suksesvolle toepassing (“app”) te ontwikkel met meer as 3 000 gebruikers wat tweedehandse klere wil koop en verkoop.

Joubert was voorheen in die Verenigde Koninkryk (VK) op skool en het daaraan gewoond geraak om klere op een van die VK se gewilde toepassings, Depop, te koop. Met sy terugkeer na Suid-Afrika het hy ‘n behoefte aan iets soortgelyks vir Suid-Afrika raakgesien. Joubert en Combrink het in 2020 bevriend geraak toe hulle saam by Paul Roos-gimnasium in matriek was. Die twee het toe besluit om ‘n plaaslike weergawe van Depop te ontwikkel.

Hulle het twee jaar lank aan die konsep gewerk en het probeer om ‘n webtoepassing te ontwikkel wat ‘n gasheer vir Drip Market kon wees. Na verskeie leer-en-probeer-pogings het hulle met behulp van die US se LaunchLab aan die jaarlikse EDHE (Entrepreneurskapontwikkeling in Hoër Onderwys) Entrepreneurskap-intervarsity deelgeneem.

Hierdie ondervinding was ‘n keerpunt vir die twee ondernemende vriende en het tot medewerking met ander entrepreneurs gelei. Een van hulle was Arnold Hattingh, ‘n student in elektriese ingenieurswese wat Djol, ‘n toepassing wat die beste spesiale aanbiedings by eet- en drinkplekke op Stellenbosch vind, ontwikkel het. Binne ‘n paar maande was die twee gereed om Drip Markets as ‘n toepassingsgebaseerde platform op Apple en Google Play bekend te stel.

“Dit is deel van die studentelewe om “cool” ou klere te koop, maar ons het gou besef die impak van hierdie toepassing strek baie verder,” sê Joubert. “Drip Markets gaan nie net oor die skep van ‘n platform om tweedehandse klere te verkoop nie. Dit bied ook die geleentheid om deel te wees van ‘n volhoubare modebedryf.” Elke kooptransaksie op die platform verminder die behoefte aan die gebruik van bykomende hulpbronne. So word daar elke keer wat ‘n tweedehandse T-hemp eerder as ‘n nuwe een gekoop word, 713 liter water bespaar. Drip dra ook by tot die bemagtiging van mense om geld te verdien en hulle eie besigheid te begin, voeg hy by. Die Drip-app is oop vir kopers en verkopers landwyd en enigeen kan hulle klere op die toepassing verkoop.

Intussen leer die twee hoe om ‘n balans tussen die hoë eise van ‘n beginonderneming en hulle akademiese verpligtinge te handhaaf. Combrink is ook by die leierskap van sy koshuis, Dagbreek, betrokke. Albei word ten volle deur hulle families ondersteun – Combrink se oupa is ‘n voormalige dekaan van die Fakulteit Teologie.

Hierdie twee Maties, wat vasberade is om ‘n florerende sakeonderneming te bou wat ook ‘n sosiale impak het, stem saam dat, ongeag van wat in die toekoms op hulle wag, hierdie reis ‘n groot leerkurwe was.

Combrink se raad aan voornemende entrepreneurs is: “Droom groot en wees verbeeldingryk. Jy het meer tyd tot jou beskikking as wat jy dink en die beste tyd om te leer, om foute te maak en te groei, is gedurende jou studentejare. Moenie bang wees om vrae te vra nie, selfs al voel jy belaglik. Laastens moet jy die proses geniet en seker maak jou reis is prettig.”

Die Stellenbosch Netwerk het in Junie Drip Markets as sy entrepreneur van die maand aangewys. Die twee beoog nou om hulle aantal gebruikers binne die volgende paar maande te verdriedubbel. “Ons het die harde werklikheid besef van hoeveel tyd en opoffering nodig is om ‘n besigheid te begin,” sê Joubert.

En ook hoe lonend dit kan wees.

More articles

US Rektor en Visekanselier, prof Wim de Villiers, voltooi Kaapstad-fietstoer en samel fondse in vir die Bridge the Gap-jaarfonds

’n Perfekte mengsel van wetenskap en tradisie

Lang pad van BSc VKP-student tot PhD in Chemie

Once a Matie, Always a Matie
Once a Matie, Always a Matie
  • Homecoming
    • Tuiskoms 2024
    • Tuiskoms 2023
    • Tuiskoms 2022
    • Tuiskoms 2020
  • Campaigns
    • 2021
      • Dekaansfonds: Regsfakulteit
      • Covid-19
      • Masked Masterpieces
      • Thank You
    • 2022
      • #Action4inclusion
      • BRIDGE THE GAP ANNUAL FUND
      • EindeGBV
      • Train4Fees
      • #SciMathus
      • Move4Food
    • 2023
      • Borskanker Bewustheids Maand
  • Chapters
    • Globale Maties Netwerk
  • Alumni Vlagskip-Programme
    • PreAlumni
    • Swan
    • Jong Alumni
  • Geleenthede
    • Alumni-interaksie Kalender
    • Geleenthede
  • Media
  • Video’s
  • Donate
    • Move4Food
    • Skenk
    • Impakverslag
  • Get informed
    • Alumni Clubhouse
    • Kontak
    • Raak ingelig
    • Matie Shop
    • Maties Wynklub
  • Vrywilligerswerk vir die US
  • Visit Sun.ac
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • English
  • Konvokasie

Stellenbosch
Private Bag X1
Matieland
South Africa

+27(0)21 808 9265
alumni@sun.ac.za

Facebook Linkedin Instagram Twitter

We are using cookies to give you the best experience on our website.

You can find out more about which cookies we are using or switch them off in .

Privacy Overview

This website uses cookies so that we can provide you with the best user experience possible. Cookie information is stored in your browser and performs functions such as recognising you when you return to our website and helping our team to understand which sections of the website you find most interesting and useful.

Strictly Necessary Cookies

Strictly Necessary Cookie should be enabled at all times so that we can save your preferences for cookie settings.

If you disable this cookie, we will not be able to save your preferences. This means that every time you visit this website you will need to enable or disable cookies again.

3rd Party Cookies

This website uses Google Analytics to collect anonymous information such as the number of visitors to the site, and the most popular pages.

Keeping this cookie enabled helps us to improve our website.

Please enable Strictly Necessary Cookies first so that we can save your preferences!