Skip to content
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • English
  • Konvokasie
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • English
  • Konvokasie

Menu

  • English
  • Afrikaans

​’n Uitmuntende graad-oes vir #SciMathUS

Negentien van die gegradueerdes wat die verhoog vandeesweek by die Universiteit Stellenbosch (US) se April-gradeplegtighede sal oorsteek, word nie net trotse US-alumni nie. Hulle sluit hulle ook aan by die toenemende getal studente wat hierdie punt kon bereik danksy die “tweedekansprogram”, SciMathUS​. 
 
Die 21 jaar oue SciMathUS bied leerders wat reeds graad 12 geslaag het, maar nie vir toelating tot hoër onderwys kon kwalifiseer nie, ’n tweede geleentheid om hulle matriekpunte in bepaalde vakke te verbeter en weer by ’n universiteit aansoek te doen. Soos die naam te kenne gee, konsentreer die program op Wiskunde en (Fisiese) Wetenskappe, en word studente dus voorberei om wetenskapverwante skaarsvaardigheidsrigtings in te slaan. Altesaam 1 816 studente het die program tot dusver voltooi. 
 
Die 19 SciMathUS-gegradueerdes by vandeesweek se herfsgradeplegtighede sal grade van onderskeidelik die Fakulteit Lettere en Sosiale Wetenskappe, Teologie, Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe, Natuurwetenskappe, en Ekonomiese en Bestuurswetenskappe ontvang.  
 
“Dit was ’n uitdagende paar jaar, maar ek glo SciMathUS het my gehelp om die uitdagings verbonde aan my studie te hanteer,” sê Kaythlynne Koopman, wat haar in 2017 by die program aangesluit het en haar BCom-graad in Bedryfsielkunde sal ontvang. 
 
Ook vir Yonwaba Mfengwana was SciMathUS ’n kerndeel van haar akademiese en professionele sukses. Sy is opgewonde om dié week haar MPhil in Ontwikkelingsfinansiering van die Universiteit Stellenbosch Bestuurskool (USB) te ontvang, en sê: “My en SciMathUS se paaie het in 2010, ná my matriekjaar, gekruis toe ek besef het ek kan nie met my bestaande Wiskunde-punte my voorkeurkursus volg nie. Ek het sedertdien my GR(SA)-kwalifikasie verwerf, en nou kry ek my meestersgraad.” Vir haar was SciMathUS ook veel meer as ’n akademiese instaatsteller: “Afgesien van die akademiese werktuie waarmee die program my toegerus het, het ek ook waardevolle lewens- en studievaardighede geleer, wat my nog lank in my professionele loopbaan sal help. En ek het lewenslange vriende gemaak op wie se knoppie ek kan druk.” 
 
“Gradedag is vir enige student ’n tyd vir feesviering en vreugde, maar die graduering van SciMathUS-studente bring boonop hoop dat hulle lewens ten goede sal verander,” sê Nokwanda Siyengo, SciMathUS-direkteur. “Geluk aan die herfsgegradueerdes met die verwesenliking van die doelwitte wat hulle aan die begin van hulle reis by die Universiteit vir hulleself gestel het. 
 
“Baie van hierdie studente is die eerste in hulle gesinne om tersiêr te studeer. Hulle het hulle weg suksesvol deur die hoër onderwys gebaan, en kan nou die toekoms op gelyke voet met ander gegradueerdes verken,” voeg Siyengo by. “Dit maak altyd my hart bly om te sien hoe die studente in selfversekerde, verantwoordelike burgers ontwikkel, slaggereed om die wêreld in te vaar en te oorwin.”  
 
Siyengo is ewe trots op hoe SciMathUS self oor die afgelope 21 jaar gegroei het. “Ons het as ’n oorbruggingsprogram begin en later ’n toegangsprogram geword, en nou is ons ’n volskaalse universiteitsvoorbereidingsprogram. Hierdie veranderinge het plaasgevind om studente meer mededingend te maak en om hulle te help om hul studie te voltooi,” verduidelik sy. 
 
Vanjaar is 130 nuwe studente gekies om hulle by SciMathUS aan te sluit. “Daar sal altyd ’n behoefte aan die program wees,” sluit Siyengo af, “want die een ná die ander student onderstreep die voordele wat dit bied, en hoe dit hulle gedurende hul studie help.” 
​
* Die SciMathUS-gegradueerdes van April 2022 is soos volg: 
  • Heinrich Paulse (BTh III)  
  • Lebo Sibulele Sinuka (BA Sosiale Wetenskap) 
  • Retshegofaditswe Boutlwanye (BSc Voedselwetenskap) 
  • Ethan van Wyk (BSc Bosbou- en Houtwetenskappe) 
  • Rene Louw (BSc Sportwetenskap) 
  • Adriette Johnson (MBChB) 
  • Mokwale Moswane (BSc Wiskundige Wetenskappe) 
  • Landiwe Mahlangu (BSc Molekulêre Biologie en Biotegnologie) 
  • Casey Walbrugh (BSc Molekulêre Biologie en Biotegnologie) 
  • Matilda Samuels (MBA) 
  • Yonwaba Mfengwana (MPhil Ontwikkelingsfinansiering) 
  • Robert Zingela (B Rekeningkunde) 
  • Jonathan Cloete (B Rekeningkunde) 
  • Raeeza Fagodien (B Rekeningkunde) 
  • Loren Wessels (BCom Bestuurswetenskappe) 
  • Kaythlynne Koopman (BCom Bedryfsielkunde) 
  • Sinalithemba Mbungu (BCom Bestuursrekeningkunde) 
  • Grant Duimpies (BCom Bestuursrekeningkunde)  
  • Thandolwethu Zithabile Ngonyama (BCom Bestuurswetenskappe) 

More articles

Universiteite in gesprek oor transformasie

US stel Afrika-gesentreerde infeksiesiektes-program bekend in samewerking met MSF

Universiteit Stellenbosch samel R8.1 miljoen in om studenteskuld te vereffen

Once a Matie, Always a Matie
Once a Matie, Always a Matie
  • Homecoming
    • Tuiskoms 2024
    • Tuiskoms 2023
    • Tuiskoms 2022
    • Tuiskoms 2020
  • Campaigns
    • 2021
      • Dekaansfonds: Regsfakulteit
      • Covid-19
      • Masked Masterpieces
      • Thank You
    • 2022
      • #Action4inclusion
      • BRIDGE THE GAP ANNUAL FUND
      • EindeGBV
      • Train4Fees
      • #SciMathus
      • Move4Food
    • 2023
      • Borskanker Bewustheids Maand
  • Chapters
    • Globale Maties Netwerk
  • Alumni Vlagskip-Programme
    • PreAlumni
    • Swan
    • Jong Alumni
  • Geleenthede
    • Alumni-interaksie Kalender
    • Geleenthede
  • Media
  • Video’s
  • Donate
    • Move4Food
    • Skenk
    • Impakverslag
  • Get informed
    • Alumni Clubhouse
    • Kontak
    • Raak ingelig
    • Matie Shop
    • Maties Wynklub
  • Vrywilligerswerk vir die US
  • Visit Sun.ac
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • English
  • Konvokasie

Stellenbosch
Private Bag X1
Matieland
South Africa

+27(0)21 808 9265
alumni@sun.ac.za

Facebook Linkedin Instagram Twitter

We are using cookies to give you the best experience on our website.

You can find out more about which cookies we are using or switch them off in .

Privacy Overview

This website uses cookies so that we can provide you with the best user experience possible. Cookie information is stored in your browser and performs functions such as recognising you when you return to our website and helping our team to understand which sections of the website you find most interesting and useful.

Strictly Necessary Cookies

Strictly Necessary Cookie should be enabled at all times so that we can save your preferences for cookie settings.

If you disable this cookie, we will not be able to save your preferences. This means that every time you visit this website you will need to enable or disable cookies again.

3rd Party Cookies

This website uses Google Analytics to collect anonymous information such as the number of visitors to the site, and the most popular pages.

Keeping this cookie enabled helps us to improve our website.

Please enable Strictly Necessary Cookies first so that we can save your preferences!