Skip to content
<\/i>","library":"fa-solid"}}" data-widget_type="nav-menu.default">
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • English
  • Konvokasie
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • English
  • Konvokasie

Menu

  • English
  • Afrikaans

Prof Henry Mbaya se navorsing belig rol van Anglikaanse Kerk in SA

Prof Henry Mbaya van die Departement Sistematiese Teologie en Ekklesiologie in die Fakulteit Teologie aan die Universiteit Stellenbosch het sy intreerede op 26 September 2023 gelewer. Die titel van sy lesing was “Plek, mag en die verlede: Herdenking en monumentalisering van godsdiens as ʼn uitdaging vir die Suid-Afrikaanse geskiedenis. Die Katedraal van St. Michael en St. George, Grahamstad, 1992-1996″.

Mbaya het met die Afdeling Korporatiewe Kommunikasie en Bemarking gesels oor hoe sy navorsing die rol van die Anglikaanse Kerk in verskillende Suid-Afrikaanse gemeenskappe belig.

Vertel ons meer oor jou navorsing en hoekom jy in hierdie spesifieke veld begin belangstel het.

My navorsing handel oor die raakvlak tussen Engelse sendelinge (Anglikaanse Kerk) en Afrika-kultuur in Suider-Afrika in die 19de tot 21ste eeu. Ek fokus meer spesifiek op die Anglikaanse Kerk se missionêre benadering tot Afrika-kultuur en die komplekse aard van sy destydse sendingwerk in die streek. Oor die afgelope 11 jaar het ek ook die historiese ontwikkeling van die inheemse Christendom in Suid-Afrika ondersoek.

Ek het in hierdie onderwerpe belang gestel omdat ek ʼn Anglikaanse priester was en in die kerk ‘gebore’ is. Nog belangriker is dat my betrokkenheid by hierdie navorsing uit akademiese nuuskierigheid spruit. Die Anglikaanse Kerk was een van die kerke wat oor die jare ʼn deurslaggewende rol in Suider-Afrikaanse gemeenskappe gespeel het. Die belangrikste vraag was: Hoe en waarom het hierdie kerk oor die jare ʼn aansienlike invloed in hierdie gemeenskappe gehad rakende die ontwikkeling van inheemse leierskap, asook die verskaffing van onderwys, maatskaplike welsynsprogramme en kerke?

Hoe sou jy die relevansie van jou werk vir kerke en die gemeenskap in Suid-Afrika berskryf?

My navorsing vestig die aandag op die krag van die Christelike godsdiens (spiritualiteit) as ʼn bron van transformasie en hoop in die lewe van gemeenskappe, maar ook as die bron van sommige van die uitdagings wat sommige mense as gevolg van die sendingnalatenskappe ervaar.

Gegrond op jou navorsing, hoekom is dit belangrik om die historiese ontwikkeling van inheemse Christendom in Suid-Afrika na te spoor?

Om die wortels van die inheemse Christendom te verstaan (Christendom wat wortel by Suid-Afrikaners geskiet en ʼn Afrika-kultuur en -etos beliggaam het) het die potensiaal om ons te help om sommige van die positiewe dimensies van Christenskap vandag te begryp, maar ook die uitdagings daarvan. As Christenskap ʼn toekoms in Suid-Afrika wil hê, is dit belangrik om oor die verlede te leer omdat dit die potensiaal het om die hedendaagse Kerk (Christendom) te posisioneer.

Jy werk al lank in die uitdagende omgewing van hoër onderwys. Wat hou jou gemotiveer wanneer dinge moeilik raak?

Die gedagte dat ek steeds ʼn verskil aan die lewe van ʼn student kan maak, want toe ek ʼn student was, het iemand anders ʼn verskil in my lewe gemaak. Ek is ook gemotiveerd om studente en gemeenskappe te dien.

Vertel ons iets oor jouself wat mense nie sal verwag nie.

Ek is mal oor klassieke musiek, veral Mozart, asook baie tradisionele gesange en Gregoriaanse kerksang. Om daarna te luister bied my ʼn mate van innerlike vrede.

Hoe bring jy jou vrye tyd deur?

Ek het nie baie vrye tyd nie, maar as ek dit regkry om ʼn blaaskans te neem luister ek na klassieke musiek. Daar is tye wanneer ek om gesondheidsredes draf. Dit lyk of dit met my geestesgesondheid help. Ek wens ek kan baie meer doen. Ek beny diegene wat gereeld oefen.

  • Foto deur Ignus Dreyer (SCPS Photos)

More articles

VGP lei Megan na mynwese

Die nuut-opgeknapte Neelsie Bioskoop

Jazz-uitvoering ten bate van #Action4Inclusion

Once a Matie, Always a Matie
Once a Matie, Always a Matie
  • Homecoming
    • Tuiskoms 2024
    • Tuiskoms 2023
    • Tuiskoms 2022
    • Tuiskoms 2020
  • Campaigns
    • 2021
      • Dekaansfonds: Regsfakulteit
      • Covid-19
      • Masked Masterpieces
      • Thank You
    • 2022
      • #Action4inclusion
      • BRIDGE THE GAP ANNUAL FUND
      • EindeGBV
      • Train4Fees
      • #SciMathus
      • Move4Food
    • 2023
      • Borskanker Bewustheids Maand
  • Chapters
    • Globale Maties Netwerk
  • Alumni Vlagskip-Programme
    • PreAlumni
    • Swan
    • Jong Alumni
  • Geleenthede
    • Alumni-interaksie Kalender
    • Geleenthede
  • Media
  • Video’s
  • Donate
    • Move4Food
    • Skenk
    • Impakverslag
  • Get informed
    • Alumni Clubhouse
    • Kontak
    • Raak ingelig
    • Matie Shop
    • Maties Wynklub
  • Vrywilligerswerk vir die US
  • Visit Sun.ac
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • English
  • Konvokasie

Stellenbosch
Private Bag X1
Matieland
South Africa

+27(0)21 808 9265
alumni@sun.ac.za

Facebook Linkedin Instagram Twitter

We are using cookies to give you the best experience on our website.

You can find out more about which cookies we are using or switch them off in .

Privacy Overview

This website uses cookies so that we can provide you with the best user experience possible. Cookie information is stored in your browser and performs functions such as recognising you when you return to our website and helping our team to understand which sections of the website you find most interesting and useful.

Strictly Necessary Cookies

Strictly Necessary Cookie should be enabled at all times so that we can save your preferences for cookie settings.

If you disable this cookie, we will not be able to save your preferences. This means that every time you visit this website you will need to enable or disable cookies again.

3rd Party Cookies

This website uses Google Analytics to collect anonymous information such as the number of visitors to the site, and the most popular pages.

Keeping this cookie enabled helps us to improve our website.

Please enable Strictly Necessary Cookies first so that we can save your preferences!