Skip to content
<\/i>","library":"fa-solid"}}" data-widget_type="nav-menu.default">
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • English
  • Konvokasie
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • English
  • Konvokasie

Menu

  • English
  • Afrikaans

Nuwe viserektor oorgehaal om impak van US se navorsing, innovasie en nagraadse studie uit te brei

Prof Sibusiso Moyo is die Universiteit Stellenbosch se nuwe Viserektor: Navorsing, Innovasie en Nagraadse Studie. Sy het op 1 September amptelik by die Universiteit aangesluit.
 

Prof Sibusiso Moyo se onderwys- en beroepsagtergrond was die perfekte leerskool vir haar nuwe pos as die Universiteit Stellenbosch (US) se Viserektor: Navorsing, Innovasie en Nagraadse Studie. Dit het haar met ‘n buitengewoon wye verskeidenheid vaardighede toegerus.

Sy het in 1996 die graad BSc in Zambië, haar geboorteland, verwerf. Daardie selfde jaar verhuis sy na Suid-Afrika om nagraads aan die Universiteit van Natal (deesdae die Universiteit van KwaZulu-Natal) te studeer, en voltooi in 2002 haar PhD in Wiskunde.

Moyo skrik duidelik nie vir uitdagings nie. In 2001, nog hard aan die werk aan haar doktoraat, word sy gewerf om haar as Wiskundedosent by die voormalige Natal Technikon aan te sluit. Dié instelling het sedertdien met die ML Sultan Technikon saamgesmelt en is deesdae bekend as die Durban Universiteit vir Tegnologie (DUT). “My spesiale fokus is differensiaalvergelykings en die eienskappe en toepassings daarvan,” verduidelik sy. “Ek het die afgelope dekade aan die simmetrie-eienskappe van differensiaalvergelykings en hulle integreerbaarheid gewerk om na oplossings vir verskillende stelsels te soek.

“Ek het met navorsers op die gebied van meganiese ingenieurswese, wiskundige wetenskappe en kosmologie saamgewerk om van die bekende metodes toe te pas om te verstaan hoe ons ‘n stelsel so ver moontlik kan optimaliseer, terwyl ons ook die fisiese gedrag van die oplossings en hulle eienskappe probeer verklaar en verstaan.”

Avontuurlike reis

Sy het ‘n hele aantal akademiese en administratiewe poste by DUT beklee en is uiteindelik in 2017 as die instelling se Viserektor: Navorsing, Innovasie en Skakeling aangestel. “Ek het altesaam ten minste 21 jaar by DUT deurgebring en sal dit as ‘n leersame, inspirerende en avontuurlike reis beskryf,” sê Moyo.

Daarbenewens het sy in haar tyd by DUT ‘n lewendige belangstelling in tersiêre onderwysbestuur ontwikkel en in verskeie oorsigbestuurskomitees gedien, waaronder as Senaatsverteenwoordiger in die DUT Raad. Sy het selfs in 2016 ‘n magistergraad in Tersiêre Onderwysbestuur aan die Universiteit van Melbourne in Australië verwerf.

Moyo voeg by: “As deel van my akademiese en professionele werk, dien ek ook in ‘n aantal rade. My grootste passie is natuurlik die bevordering van wiskunde en wetenskap, veral onder ons jeug.” Vir dié doel dien sy as voorsitter van die trusteeraad van die Sentrum vir die Bevordering van Wetenskap- en Wiskundeonderwys (CASME).

Boonop is sy voorsitter van die adviesraad vir die Departement van Hoër Onderwys en Ontwikkeling (DHOO) se program vir toekomstige professore (FPP) fase 1, waarvoor die US as gasheer optree. Sy is ook ‘n voormalige lid van etlike komitees van die DHOO, die Departement van Wetenskap en Innovasie en die Nasionale Navorsingstigting, en was in 2020/21 ‘n ministeriële aanstelling in die taakgroep vir die hersiening van Suid-Afrika se Tegnologie- en Innovasieagentskap (TIA).

Op internasionale vlak is sy eredekaan van die Skool vir Innovasie en Entrepreneurskap van die Tianjin-beroepsinstituut in China (2021–2023) en institusionele koördineerder vir die Alliansie van Guangzhou Internasionale Susterstad-universiteite (GISU), wat uit 13 universiteite in 12 lande bestaan.

Nuwe begin

Moyo sien daarna uit om vandeesmaand haar nuwe amp by die US op te neem. “Ek is opgewonde om my by so ‘n gevestigde navorsingsintensiewe universiteit aan te sluit,” sê sy. “Die eerste drie maande sal deurslaggewend wees om die omgewing, strategie, mense en prioriteitsgebiede te verstaan.”

Nietemin besef sy ook die verskillende areas in haar portefeulje is elk ewe belangrik en onderling verbind: “My doel op kort termyn sal wees om te verstaan hoe elk van die afdelings wat direk aan my verslag doen, funksioneer, wat hulle prioriteitsgebiede is, en wat hulle vir die toekoms beplan. Ek wil weet hoe hulle kern- strategiese fokusgebiede en -strewes inpas by die US se oorhoofse strategie om navorsing, innovasie en nagraadse studie te bevorder.

“Ek wil ook graag ons huidige streeks-, nasionale en internasionale netwerke verstaan, en uitvind hoe dit die US se mense baat ten opsigte van uitruilgeleenthede vir akademici en studente, en steun vir ons navorsings- en innovasiemissie. My rol is om te sorg dat ons die instelling se ondersteuningstelsels vir ál ons navorsers en nagraadse studente versterk.

“Nagraadse inskrywingstendense en suksessyfers is uiters belangrik, nes die huidige stand van sake wat ontluikende navorsers betref – hoe hulle gewerf, ondersteun en bygestaan word met hulle akademiese planne en loopbane.”

Moyo wil met die afdelings in haar portefeulje saamwerk om ‘n bloudruk op te stel van die kernfokusgebiede aan die hand van die US se oorhoofse strategie. Haar ander doelwitte sluit in om geslagsgelykheid op die gebied van die wetenskap, tegnologie, ingenieurswese en wiskunde te bevorder, en om diversiteit onder nagraadse studente te verbeter. “Van die intervensies – wat terloops nie nuut is óf net op die US van toepassing is nie – gaan daaroor om ‘n kritieke massa te lok uit verskillende gemeenskappe, veral uit dié wat onderverteenwoordig is in die sektor,” sê sy.

“En dan, wanneer hierdie kritieke massa die US-stelsel betree, hoe maak ons seker dat hulle sukses behaal en hulle studie so gou moontlik voltooi? Hoe bekom en benut ons bykomende hulpbronne om die nagraadse projek in die algemeen en beurse vir voltydse studie te ondersteun? En hoe word entrepreneurskap in sowel die nagraadse as voorgraadse kurrikulum vasgelê?”

Samewerking en netwerke

Moyo is maar alte bewus van die omvang van hierdie uitdagings. “Geen enkele individu kan ‘n instelling bou en bestuur nie,” sê sy. “Om sukses te behaal vereis sowel interne as eksterne samewerking – op streeks-, nasionale en internasionale vlak. My rol is om ons US-gemeenskap te ondersteun om ons bestaande netwerke te benut en bykomende hulpbronne te bekom wat kan waarde toevoeg tot ons werk.”

Sy glo vas dit ís moontlik: “Een van die US se belangrikste netwerke is ons alumni en vriende van die Universiteit. Deur die US se Ontwikkeling-portefeulje wil ek graag ons besonder invloedryke alumni ontmoet en verstaan wat vir húlle belangrik is. Dít is noodsaaklik vir ons volhoubaarheid, en is iets wat ek sal wil verken.”

Moyo beskou haar aanstelling as ‘n historiese geleentheid om die US te dien, en spreek haar dankbaarheid uit teenoor die Universiteitsleierskap vir hulle ondersteuning om ‘n vlot oorgang te verseker. Sy het reeds van die vernaamste steunafdelings ontmoet. “Ek moet hulle bedank vir hulle toewyding aan die US en hulle gasvryheid en doeltreffendheid, en ek sien daarna uit om met hulle saam te werk,” sê sy. “Ek kan nie wag om die res van die kernspanne in die portefeulje te ontmoet nie.”

Sy voeg by: “Die US het van die ongelooflikste en mees begaafde mense in die land en wêreld. Saam kan ons die Universiteit vorentoe neem en die impak van ons navorsing, innovasie en nagraadse studie verder uitbrei.”

More articles

‘Reuse-avontuur’ wag op Matie op pad na Oxford met Rhodes-beurs in 2024

My Brew Coffee Roastery borg student se veldekskursie na Mongolië

#Action4Inclusion: Baie dankie vir julle vrygewige donasies

Once a Matie, Always a Matie
Once a Matie, Always a Matie
  • Homecoming
    • Tuiskoms 2024
    • Tuiskoms 2023
    • Tuiskoms 2022
    • Tuiskoms 2020
  • Campaigns
    • 2021
      • Dekaansfonds: Regsfakulteit
      • Covid-19
      • Masked Masterpieces
      • Thank You
    • 2022
      • #Action4inclusion
      • BRIDGE THE GAP ANNUAL FUND
      • EindeGBV
      • Train4Fees
      • #SciMathus
      • Move4Food
    • 2023
      • Borskanker Bewustheids Maand
  • Chapters
    • Globale Maties Netwerk
  • Alumni Vlagskip-Programme
    • PreAlumni
    • Swan
    • Jong Alumni
  • Geleenthede
    • Alumni-interaksie Kalender
    • Geleenthede
  • Media
  • Video’s
  • Donate
    • Move4Food
    • Skenk
    • Impakverslag
  • Get informed
    • Alumni Clubhouse
    • Kontak
    • Raak ingelig
    • Matie Shop
    • Maties Wynklub
  • Vrywilligerswerk vir die US
  • Visit Sun.ac
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • English
  • Konvokasie

Stellenbosch
Private Bag X1
Matieland
South Africa

+27(0)21 808 9265
alumni@sun.ac.za

Facebook Linkedin Instagram Twitter

We are using cookies to give you the best experience on our website.

You can find out more about which cookies we are using or switch them off in .

Privacy Overview

This website uses cookies so that we can provide you with the best user experience possible. Cookie information is stored in your browser and performs functions such as recognising you when you return to our website and helping our team to understand which sections of the website you find most interesting and useful.

Strictly Necessary Cookies

Strictly Necessary Cookie should be enabled at all times so that we can save your preferences for cookie settings.

If you disable this cookie, we will not be able to save your preferences. This means that every time you visit this website you will need to enable or disable cookies again.

3rd Party Cookies

This website uses Google Analytics to collect anonymous information such as the number of visitors to the site, and the most popular pages.

Keeping this cookie enabled helps us to improve our website.

Please enable Strictly Necessary Cookies first so that we can save your preferences!