Skip to content
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • English
  • Konvokasie
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • English
  • Konvokasie

Menu

  • English
  • Afrikaans

Besoek aan die Stellenbosch Biblioteek Innovasieruimte: ʼn Buitengewone, asemrowende ervaring

Die maandelikse personeelvergadering van die Sentrum vir Leertegnologieë (SLT) het gedurende Oktober in ʼn ander ruimte as gewoonlik plaasgevind. Die SLT-personeel het die Stellenbosch Biblioteek se Innovasieruimte besoek waartydens personeel kon vergader terwyl hulle ook lewe in innoverende en stimulerende idees kon blaas.

Makerspace.PNG

Die Innovasieruimte verskaf ʼn innoverende en stimulerende omgewing aan universiteitspersoneel en geregistreerde studente vir samewerkende prototipering, innovasie en leer. Norman Hebler het die SLT-personeel deur verskillende ontwerpwerkstasies, wat ʼn area vir 3D-modelering, stroombaanontwerp en rekenaarondersteunde ontwerpsagteware verskaf, begelei. Die spasie bevat ook vier konstruksiewerkstasies met osiloskope waarmee kreatiwiteit konstruktief in ʼn skepping kan ontaard deur die tegniek van soldering. Iets wat die meeste belangstelling onder SLT-personeel aangewakker het, was die 3D-modelering en drukker moontlikhede en hoe idees vir 3D-drukwerk met opvoedkundige idees gekombineer kan word.

 

Volgens sommige van die SLT-personeel is daar ʼn pret-element aan 3D drukwerk gekoppel. Wanneer studente genot ervaar tydens die proses van leer, vind leer ook optimaal plaas – hiervan kan die personeel getuig. Die 3D-drukwerkproses sluit ʼn ontwerp komponent in waartydens idees kreatief in ʼn ontwerp omgeskakel kan word terwyl iemand ook kreatiewe rekenaarontwerpvaardighede in die proses ontwikkel. Nadat die idee op die rekenaar ontwerp is, word die idee en ontwerp ʼn werklikheid tydens die 3D-drukproses. Volgens die personeel het ʼn ontwerk ʼn realiteit geword deur die drukproses en kan die produk innoverend as “opvoedkundige (tegnologiese) rekwisiet” aangewend word. Sommige personeel het die tyd in die Innovasieruimte as ʼn “heelbrein denkende ervaring” beskryf waartydens dele van jou brein, wat nie noodwendig andersins deur ʼn bepaalde dissipline aangewakker word nie, wel hier geaktiveer kan word. Sommige personeel het die ervaring as asemrowend beskryf aangesien – deur ʼn nuutgevonde kreatiewe lens – selfs klein 3D-gedrukte voorwerpe diepgaande betekenis kan hê wat verdere leer en/of betekenisvolle ervaringe teweeg kan bring. ʼn Ander lewenswerklike opmerking was dat die 3D ervaring weer pret en opwinding in opvoedkunde terugbring, wat weer die belangrikheid om vooruitstrewende benaderings in opvoedkunde te oorweeg, benadruk het. 3D drukwerk kan ook prototipes en voorwerpe druk wat studente se ervaringsleer kan ondersteun.

 

Die SLT-personeel het nie net meer oor die aanbod van die Innovasieruimte geleer nie, maar ook hoe eindelose innoverende moontlikhede deur kreatiewe idees ʼn werklikheid kan word. Aanvullend daartoe het kollegas ook van mekaar in ʼn ander ruimte op  ʼn prettige wyse geleer.

 

Vir meer inligting oor die Innovasieruimte, besoek gerus die webblad hier.

More articles

US ook by skool oor wetenskapdiplomasie in Venesië

My Brew Coffee Roastery borg student se veldekskursie na Mongolië

Kampvegter vir billikheid, diversiteit en insluiting in die werkplek

Once a Matie, Always a Matie
Once a Matie, Always a Matie
  • Homecoming
    • Tuiskoms 2024
    • Tuiskoms 2023
    • Tuiskoms 2022
    • Tuiskoms 2020
  • Campaigns
    • 2021
      • Dekaansfonds: Regsfakulteit
      • Covid-19
      • Masked Masterpieces
      • Thank You
    • 2022
      • #Action4inclusion
      • BRIDGE THE GAP ANNUAL FUND
      • EindeGBV
      • Train4Fees
      • #SciMathus
      • Move4Food
    • 2023
      • Borskanker Bewustheids Maand
  • Chapters
    • Globale Maties Netwerk
  • Alumni Vlagskip-Programme
    • PreAlumni
    • Swan
    • Jong Alumni
  • Geleenthede
    • Alumni-interaksie Kalender
    • Geleenthede
  • Media
  • Video’s
  • Donate
    • Move4Food
    • Skenk
    • Impakverslag
  • Get informed
    • Alumni Clubhouse
    • Kontak
    • Raak ingelig
    • Matie Shop
    • Maties Wynklub
  • Vrywilligerswerk vir die US
  • Visit Sun.ac
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • English
  • Konvokasie

Stellenbosch
Private Bag X1
Matieland
South Africa

+27(0)21 808 9265
alumni@sun.ac.za

Facebook Linkedin Instagram Twitter

We are using cookies to give you the best experience on our website.

You can find out more about which cookies we are using or switch them off in .

Privacy Overview

This website uses cookies so that we can provide you with the best user experience possible. Cookie information is stored in your browser and performs functions such as recognising you when you return to our website and helping our team to understand which sections of the website you find most interesting and useful.

Strictly Necessary Cookies

Strictly Necessary Cookie should be enabled at all times so that we can save your preferences for cookie settings.

If you disable this cookie, we will not be able to save your preferences. This means that every time you visit this website you will need to enable or disable cookies again.

3rd Party Cookies

This website uses Google Analytics to collect anonymous information such as the number of visitors to the site, and the most popular pages.

Keeping this cookie enabled helps us to improve our website.

Please enable Strictly Necessary Cookies first so that we can save your preferences!