Skip to content
  • Tuis
  • Matie shop
  • Maties Connect
  • Media
  • Kontak
  • Vir meer inligting oor COVID-19 Klik hier
  • English
Menu
  • Tuis
  • Matie shop
  • Maties Connect
  • Media
  • Kontak
  • Vir meer inligting oor COVID-19 Klik hier
  • English

Menu

  • English
  • Afrikaans

Prof Kairinos wil die beste Plastiese en Rekonstruktiewe Chirurgie-eenheid op die vasteland bou

Die uitdrukking op ‘n pasiënt se gesig nadat hy die skynbaar onmoontlike as plastiese chirurg vermag het, is waarskynlik die mees bevredigende aspek van sy werk.

Aan die woord is die nuwe Hoof van die Afdeling Plastiese en Rekonstruktiewe Chirurgie aan die Universiteit Stellenbosch (US), prof Nick Kairinos. “Om mense se lewens te verander is net so bevredigend as om lewens te red,” sê hy.

Kairinos, ‘n leier op die gebied van negatiewedruk-wondterapie, was sedert 2011 tot in Mei vanjaar in privaat praktyk. Hy sal na sy onlangse aanstelling aan die US se Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe steeds in beperkte mate privaat werk doen, maar sien uit na die akademie, die opleiding van jong chirurge en die opwinding wat hy maar te goed weet met die ontdekking van nuwe dinge via navorsing gepaardgaan – “veral wanneer navorsingsbevindinge dít uitdaag wat ons nog altyd in die geneeskunde aangeneem of as vanselfsprekend aanvaar het”.

Wat die kliniese sy van sy werk betref, geniet hy die uitdaging om uit die boks te moet dink ten einde die vele probleme met rekonstruktiewe chirurgie op te los.

Kairinos se ouers was in hulle vroeë twintigs toe hulle van Ciprus na Suid-Afrika geëmigreer het. Hy is in Klerksdorp gebore, maar het in Welkom grootgeword en skoolgegaan.

In 1996 het hy sy mediese graad aan die Universiteit van die Vrystaat voltooi. Nadat hy agtien maande in Oos-Londen deurgebring het, het hy vir vyf jaar in die Verenigde Koninkryk gewerk. “In daardie tydperk het ek my Fellowship of the Royal College of Surgeons (Engeland) in algemene chirurgie verwerf, die wêreld oor gereis en my toekomstige vrou ontmoet,” vertel hy.

Kairinos het daarna na Suid-Afrika teruggekeer om in plastiese chirurgie aan die Universiteit van Kaapstad (UK) te studeer. Die innovasie in hierdie spesialiteitsveld en die presisie wat dit verg, was die beweegrede agter hierdie besluit.

In 2010 het hy sy Fellowship of Plastic Surgeons of South Africa voltooi. Die volgende jaar het hy gelyktydig ‘n meestersgraad in traumachirurgie (cum laude) en ‘n doktorsgraad in plastiese chirurgie verwerf.

As hy so terugkyk, besef hy dat daar vele individue was wat onderweg sy toekoms help vorm het. As hy een sou móés uitsonder, sal dit die destydse hoof van die UK se Departement Chirurgie, prof Del Khan, wees – “hoofsaaklik omdat hy in my en my potensiaal geglo het, selfs meer as wat ek in daardie stadium in myself geglo het”.

Sy ondersteuning het ‘n voorspoedige navorsingpad tot gevolg gehad, in so ‘n mate dat hy regdeur sy opleiding as kliniese assistent jaarliks ‘n minimum van twee kongrestoekennings vir navorsing verower het. “In die proses het hy my selfvertroue help ontwikkel, waarvoor ek hom altyd dankbaar sal wees.”

Vanweë die bevindinge in Kairinos se PhD-proefskrif, getiteld “The biomechanics of negative-pressure wound therapy”, het die algemene siening oor vakuumterapie vir wonde in só ‘n mate verander dat die indikasies en kontra-indikasies hiervoor hersien moes word. Sy doktorsgraad was boonop die eerste wat die UK aan ‘n Suid-Afrikaanse plastiese chirurg toegeken het, en het daartoe gelei dat hy internasionaal ‘n meningsleier op hierdie gebied geword het. Hy is tans hoofredakteur van die Journal of Wound Healing of Southern Africa.

Kairinos se visie is om die Afdeling Plastiese en Rekonstruktiewe Chirurgie aan die US mettertyd een van die top-afdelings in die land en op die vasteland as ‘n geheel te maak. “Die bes opgeleide studente met die beste toesig in die land, sal na verwagting ook tot die hoogste slaagsyfer onder kliniese assistente lei.”

Daarbenewens verwag hy ‘n aansienlike toename in navorsing aan hierdie departement, met meer interdepartementele samewerking met ander spesialiteite. “Ek glo die vloei van opwindende, nuwe navorsing sal help om hierdie departement internasionaal ‘n prag-voorbeeld te maak van dit waartoe Suid-Afrikaners in staat is.”

Met dit alles in gedagte, beoog prof. Kairinos terselfdertyd om ‘n aangename werkomgewing te skep. “Om werk toe te kom moet nie na werk voel nie. Dit moet prettig en opwindend wees,” sê hy.

En sy advies aan diegene wat in plastiese chirurgie wil spesialiseer? “Voltooi eers die primêre en intermediêre eksamens in chirurgie voordat jy vir plastiese chirurgie aansoek doen. Dit is ‘n baie gesogte spesialiteit en poste is skaars. Maar wanneer jy wel aansoek doen, behoort jou eerste keuse sonder twyfel die US se Afdeling Plastiese en Rekonstruktiewe Chirurgie te wees!”

More articles

Lewensveranderende geleenthede

Cape Epic-fietsryers skop “aflos” af vir #Move4Food om fondse in te samel vir studentebehoeftes

Ontmoet die US se GAUC ambassadeurs vir globale verandering

  • Tuiskoms
    • Tuiskoms 2022
    • Tuiskoms 2020
  • Veldtogte
    • Dekaansfonds: Regsfakulteit
    • Covid-19 Hulpfondse
    • Train4Fees
    • Masked Masterpieces
    • Move4Food
    • #Action4inclusion
    • #SciMathus
    • BRIDGE THE GAP ANNUAL FUND
    • Dankie
  • Hubs & Clubs
    • VSA
    • VK
    • Noord-Amerika
    • Namibië
    • Londen
    • KwaZulu Natal
    • Ierland
    • Hongkong
    • Gauteng
    • Europa
    • Kanada
    • Breëriviervallei
  • Alumni Vlagskip-Programme
    • PreAlumni
    • Swan
    • Jong Alumni
  • Geleenthede
    • Alumni-interaksie Kalender
    • Geleenthede
    • Maties Geleenthede
      • Maties Sport
      • Jaarlikse gebeure
      • Crest Talks
      • Openbare lesings
      • Verjaarsdae
      • Koshuise
      • Eweknie-fondswerwing
  • Konvokasie
  • Vrywilligheid
  • Skenk
    • Skenk
    • Impakverslag
  • Alumni Clubhouse
  • Maties Wynklub
Once a Matie, Always a Matie
  • Tuis
  • Matie shop
  • Maties Connect
  • Media
  • Kontak
  • Vir meer inligting oor COVID-19 Klik hier
  • English

Stellenbosch
Private Bag X1
Matieland
South Africa

+27(0)21 808 9265 alumni@sun.ac.za

Facebook Linkedin Instagram Twitter

We are using cookies to give you the best experience on our website.

You can find out more about which cookies we are using or switch them off in settings.

Privacy Overview

This website uses cookies so that we can provide you with the best user experience possible. Cookie information is stored in your browser and performs functions such as recognising you when you return to our website and helping our team to understand which sections of the website you find most interesting and useful.

Strictly Necessary Cookies

Strictly Necessary Cookie should be enabled at all times so that we can save your preferences for cookie settings.

If you disable this cookie, we will not be able to save your preferences. This means that every time you visit this website you will need to enable or disable cookies again.

3rd Party Cookies

This website uses Google Analytics to collect anonymous information such as the number of visitors to the site, and the most popular pages.

Keeping this cookie enabled helps us to improve our website.

Please enable Strictly Necessary Cookies first so that we can save your preferences!