Skip to content
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • English
  • Konvokasie
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • English
  • Konvokasie

Menu

  • English
  • Afrikaans

Prof Karin Baatjes gaan die ekstra myl vir studente

Professor Karin Baatjes het haar doelwit om R49 000 vir die iThemba-beursfonds in te samel oortref.

Baatjes, die Visedekaan: Leer en Onderrig aan die Universiteit Stellenbosch (US) se Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe (FGGW), het mense oraloor geïnspireer om hand in die sak te steek en tot die kritiese saak van studente‑opvoeding by te dra.

“Baie dankie aan elkeen wat ’n skenking gemaak het. Deur jou hulp kan ons iThemba-beursstudente hul doelwit bereik en hul kwalifikasie behaal,” skryf Baatjes vir ondersteuners wat haar reis op sosiale media meemaak.

Al het sy haar aanvanklike teiken bereik, is die pret nog nie verby nie, want sy beplan ’n verdere drie persoonlike wedlope. Die GivenGain-bladsy is steeds oop en die skenkings word ontvang direk tot voordeel van die iThemba-beursfondsstudente in die FGGW. Volg Baatjes op Facebook vir meer inligting oor die opkomende pogings.

Inspirasie

Nadat prof Baatjes in Desember 2022 van Covid-19 herstel het, het sy vir haar die doelwit gestel om R49 000 in te samel deur 49 kilometer te hardloop vir haar 49ste verjaardag op 31 Januarie. “Een rand vir elke meter afgelê, en daarom 49 000 meter met ’n doelwit van R49 000.”

Alle skenkings gaan aan die FGGW se iThemba-beursfonds. Die fonds is agt jaar gelede gestig as finansiële hulpverlening aan studente wat nie vir befondsing kwalifiseer via die bestaande befondsingstrukture van die Universiteit, die regering en/of privaat entiteite nie.

As deel van die projek het Baatjes die bekleër van die Fakulteit Regsgeleerdheid se navorsingsleerstoel in sosiale geregtigheid aan die US, prof Thuli Madonsela, gewerf om 5 km saam met haar op die Stellenbosch-kampus af te lê.

Baatjes sê: “Opvoeding is ’n basiese mensereg, maar die wrede werklikheid is dat daar vele kwalifiserende studente is wat nie die finansiële hulpbronne het om vir hul studie te registreer en hul tersiêre opvoeding te voltooi nie. Ondersteun asseblief hierdie veldtog deur ’n skenking te maak vir elke meter wat ek aflê. Hierdeur word jy ook ’n kampvegter vir gelyke toegang tot opvoeding.”

Help prof Baatjes asseblief om haar doelwit te bereik deur hier te klik: https://www.givengain.com/ap/karin-baatjies-raising-funds-for-stellenbosch-university-south-africa/#timeline

More articles

Boeke: Die Spore van Gert Saggiestrap

FGGW-psigiater erken vir baanbrekersnavorsing oor skisofrenie

‘n Tweede tuiste

Once a Matie, Always a Matie
Once a Matie, Always a Matie
  • Homecoming
    • Tuiskoms 2024
    • Tuiskoms 2023
    • Tuiskoms 2022
    • Tuiskoms 2020
  • Campaigns
    • 2021
      • Dekaansfonds: Regsfakulteit
      • Covid-19
      • Masked Masterpieces
      • Thank You
    • 2022
      • #Action4inclusion
      • BRIDGE THE GAP ANNUAL FUND
      • EindeGBV
      • Train4Fees
      • #SciMathus
      • Move4Food
    • 2023
      • Borskanker Bewustheids Maand
  • Chapters
    • Globale Maties Netwerk
  • Alumni Vlagskip-Programme
    • PreAlumni
    • Swan
    • Jong Alumni
  • Geleenthede
    • Alumni-interaksie Kalender
    • Geleenthede
  • Media
  • Video’s
  • Donate
    • Move4Food
    • Skenk
    • Impakverslag
  • Get informed
    • Alumni Clubhouse
    • Kontak
    • Raak ingelig
    • Matie Shop
    • Maties Wynklub
  • Vrywilligerswerk vir die US
  • Visit Sun.ac
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • English
  • Konvokasie

Stellenbosch
Private Bag X1
Matieland
South Africa

+27(0)21 808 9265
alumni@sun.ac.za

Facebook Linkedin Instagram Twitter

We are using cookies to give you the best experience on our website.

You can find out more about which cookies we are using or switch them off in .

Privacy Overview

This website uses cookies so that we can provide you with the best user experience possible. Cookie information is stored in your browser and performs functions such as recognising you when you return to our website and helping our team to understand which sections of the website you find most interesting and useful.

Strictly Necessary Cookies

Strictly Necessary Cookie should be enabled at all times so that we can save your preferences for cookie settings.

If you disable this cookie, we will not be able to save your preferences. This means that every time you visit this website you will need to enable or disable cookies again.

3rd Party Cookies

This website uses Google Analytics to collect anonymous information such as the number of visitors to the site, and the most popular pages.

Keeping this cookie enabled helps us to improve our website.

Please enable Strictly Necessary Cookies first so that we can save your preferences!