Skip to content
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • English
  • Konvokasie
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • English
  • Konvokasie

Menu

  • English
  • Afrikaans

US-student se skepping gekies as een van top drie oplossings vir wêrelduitdagings

ʼn Digitale toepassing wat deur ʼn ingenieurstudent van die Universiteit Stellenbosch (US) ontwerp is en inligting oor waterinstandhoudingstelsels verskaf, het die derde plek behaal op ʼn onlangse internasionale byeenkoms in New York waar meer as 250 jong leiers van 61 lande oplossings vir volhoubare ontwikkeling voorgelê het.

Stanley Chindikani Msiska, ʼn PhD-student aan die US se Fakulteit Ingenieurswese, het trots en opgewonde teruggekeer van Camp 2030 – ʼn projek van Unite 2030, ʼn globale jeuggemeenskap sonder winsbejag wat daarna streef om die Verenigde Nasies se Volhoubare Ontwikkelingsdoelwitte (SDG’s) teen die jaar 2030 te bereik.

Unite 2030 reken jong mense kan daarin slaag om hierdie SDG’s te bereik, veral wat die globale uitdagings van armoede, ongelykheid, ongeregtigheid, klimaatsverandering en water en sanitasie betref.

“Ek voel heeltemal oorweldig dat die beoordelaars my innovasie as een van die wenoplossings gekies het. Hierdie is die nuus waarvoor ek baie hard gewerk en gehoop het,” het Msiska oor sy prestasie gesê. “Ek dank God selfs meer, want hierdie is die soort sukses wat die lewe gaan verander van miljoene mense wat in wanhoop en lyding leef.”

Msiska en Stefani Terblanche, ʼn BA-student in internasionale studies, het die US by hierdie globale geleentheid verteenwoordig. Die afgevaardigdes is in 36 gemengde groepe ingedeel wat op verskillende SDG-uitdagings gefokus het.

Msiska se groep het opgekom met die webwerftoepassing, bekend as Maji, as ʼn oplossing vir die SDG oor water en sanitasie. “Maji” beteken water in Tumbuka, ʼn taal wat in Noord-Malawi gepraat word. Die toepassing maak deel uit van sy nagraadse ingenieurstudies oor bestaande watergehalte-onderhouduitdagings in Malawi, sy geboorteland. Hy is ook ʼn lektor in chemiese ingenieurswese aan die Malawi-Universiteit van Tegnologie en Wetenskappe.

Maji is ʼn digitale platform wat onderhoudsdienste en inligting oor watergehalte in watertoevoerstelsels in veral ontwikkelende lande verskaf. Die proses het begin toe Maji in Lilongwe, die hoofstad van Malawi, in werking gestel is.

Msiska se spanlede was Ashley Wunsch (Kanada), Felipe Contreras (Mexiko), Muskaan Waraich (Kanada) en Inbar Erez (Israel). Die span en Unite 2030 gaan Msiska ondersteun  terwyl die innovasie geïmplementeer word. “Wat my fassineer, is mense en instellings se opgewondenheid oor die innovasie en hul steun vir die inwerkingstelling daarvan,” het Msiska gesê.

Hy wou nie veel besonderhede oor Maji se werking uitlap nie, omdat die patent nog nie geregistreer is nie. Hy het wel onthul dat die Maji-webtoepassing op slimfone en rekenaars sal werk – en selfs deur middel van teksboodskappe as internettoegang nie beskikbaar is nie.

Msiska het gesê die nuwe toepassing sal ook die uitdaging van werkloosheid die hoof bied. “Die digitale platform sal werk skep, omdat gemeenskapslede in diens geneem sal word om data oor water en stelsels in te samel.

“Ek gaan nou aktief by belanghebbers betrokke wees om Maji in werking te stel,” het hy bygevoeg dn vra vir nog ondersteuning omdat die implementering baie hulpbronne gaan vereis.

Terblanche was ook oorstelp oor haar “wonderlike ervaring” by Camp 2030 en haar groep, wat op oplossings vir geslagsgebaseerde geweld en geslagsongelykheid gefokus het.

“Dit was so interessant om op so ʼn groot skaal oor ander kulture en lande te leer en te hoor wat mense binne hul gemeenskappe en die wêreld doen. Ek het ook meer geleer oor die verskillende kwessies waarvoor verskillende mense te staan kom met betrekking tot geslagsgebaseerde diskriminasie in die werkplek, vroue se gesondheidsregte, trans-gesondheidsorgvraagstukke en veel meer,” het Terblanche gesê.

Noel Bekkers, Hoof van die Concordia-koshuis waar Msiska woon, het hom met sy prestasie geluk gewens en hom lof toegeswaai vir sy toewyding tot sy PhD-studies en die passie waarmee hy uitdagende take as ʼn akademikus en as ʼn entrepreneur aangryp.

Bekkers het etlike personeellede bedank vir die moeite wat hulle gedoen het om Msiska en Terblanche in staat te stel om Camp 2030 by te woon – veral Michelle Pietersen, programbestuurder van die Afdeling Maatskaplike Impak, wat die reëlings op die nippertjie getref het.

  • Msiska kan gekontak word by 265884269861 (WhatsApp) of 27633867094 (direkte oproepe) , stanleycmsiska (Instagram), Stanley Chindikani Msiska (Facebook)
  • Terblanche se kontakbesonderhede is 0814446016 of Instagram: @stefani_terblanche
  • Besoek die Unite 2030-webwerf by https://www.camp2030.com/ vir meer inligting oor Camp 2030.
Hooffoto: Verskaf
Portretfoto: Stefan Els​

More articles

Prof Wim gereed vir Kaapstad-fietstoer ten bate van #Move4Food

Gebrek aan vakkundige publikasies deur vroue kom onder die loep

Covid-19: Ons staan saam

Once a Matie, Always a Matie
Once a Matie, Always a Matie
  • Homecoming
    • Tuiskoms 2024
    • Tuiskoms 2023
    • Tuiskoms 2022
    • Tuiskoms 2020
  • Campaigns
    • 2021
      • Dekaansfonds: Regsfakulteit
      • Covid-19
      • Masked Masterpieces
      • Thank You
    • 2022
      • #Action4inclusion
      • BRIDGE THE GAP ANNUAL FUND
      • EindeGBV
      • Train4Fees
      • #SciMathus
      • Move4Food
    • 2023
      • Borskanker Bewustheids Maand
  • Chapters
    • Globale Maties Netwerk
  • Alumni Vlagskip-Programme
    • PreAlumni
    • Swan
    • Jong Alumni
  • Geleenthede
    • Alumni-interaksie Kalender
    • Geleenthede
  • Media
  • Video’s
  • Donate
    • Move4Food
    • Skenk
    • Impakverslag
  • Get informed
    • Alumni Clubhouse
    • Kontak
    • Raak ingelig
    • Matie Shop
    • Maties Wynklub
  • Vrywilligerswerk vir die US
  • Visit Sun.ac
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • English
  • Konvokasie

Stellenbosch
Private Bag X1
Matieland
South Africa

+27(0)21 808 9265
alumni@sun.ac.za

Facebook Linkedin Instagram Twitter

We are using cookies to give you the best experience on our website.

You can find out more about which cookies we are using or switch them off in .

Privacy Overview

This website uses cookies so that we can provide you with the best user experience possible. Cookie information is stored in your browser and performs functions such as recognising you when you return to our website and helping our team to understand which sections of the website you find most interesting and useful.

Strictly Necessary Cookies

Strictly Necessary Cookie should be enabled at all times so that we can save your preferences for cookie settings.

If you disable this cookie, we will not be able to save your preferences. This means that every time you visit this website you will need to enable or disable cookies again.

3rd Party Cookies

This website uses Google Analytics to collect anonymous information such as the number of visitors to the site, and the most popular pages.

Keeping this cookie enabled helps us to improve our website.

Please enable Strictly Necessary Cookies first so that we can save your preferences!