Skip to content
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • English
  • Konvokasie
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • English
  • Konvokasie

Menu

  • English
  • Afrikaans

Jazz-uitvoering ten bate van #Action4Inclusion

TOP JAZZ-MUSIKANTE HELP OM FONDSE VIR STUDENTE TE WERF

GELEENTHEID: Jazz-uitvoering ten bate van #Action4Inclusion

DATUM: 8 Junie 2022

TYD: 18:00

PLEK: Die Stal, Stellenbosch

KAARTJIES: R200 per persoon

BESPREKINGS: https://plankton.mobi/Events/EventBooking/dc94bb3c-a3da-ec11-80e0-0cc47a93d288

Jazz-liefhebbers kan uitsien na ʼn gesellige wintersaand met vuurwarm vermaak wat ook fondse vir ʼn goeie saak werf – om studente te help om hulle studieskuld te betaal. Woensdag 8 Junie sal twee van Kaapstad se top jazz-virtuose, Billy Domingo en Don Vino Prins, by Die Stal in Stellenbosch teenwoordig wees ten bate van #Action4Inclusion, ʼn fondswerwingsinisiatief van die Universiteit Stellenbosch (US), onder die beskerming van prof Thuli Madonsela, die Regstrust se leerstoel vir Maatskaplike Geregtigheid.

Prof Madonsela sê die Universiteit en die #Action4Inclusion-veldtog voel geëerd om as gasheer vir Kaapstad se voorste musiektalent op te tree. “Verlede jaar het ons ʼn suksesvolle komedie-aand ten bate van #Action4Inclusion aangebied; dus het ons besluit om vanjaar op musiek te fokus. Die uitvoerende kunste is ʼn kragtige hulpmiddel om mense te verenig en om broodnodige afleiding van ons daaglikse probleme te bied. Ons is dankbaar vir kunstenaars wat hulle tyd en grootse talente opoffer om ons strewe na zero studenteskuld en finansiële uitsluiting te ondersteun.”

Billy Domingo is bekend as die feesregisseur van die gewilde Kaapstadse Internasionale Jazz-fees. Hy het as ʼn jong man in die 1960’s in die teater begin werk en later sy talent in die musiekbedryf geslyp deur agter die skerms van musiekproduksies en as ʼn toerbestuurder vir een van Suid-Afrika se bekendste musikante, Lucky Dube, te werk. Oor die belangrikheid van die uitvoerende kunste sê Domingo: “Die kunste het my nog altyd ná aan die hart gelê en ná die verwoesting wat Covid-19 aangerig het en die langdurige effek daarvan op die musiekbedryf, is dit goed om te sien dat die kunste weer begin herstel en floreer. Dit is ʼn eer om met jong musikante saam te werk en hulle te ondersteun saam met my goeie vriend, Don Vino Prins, en ek sien daarna uit om my ondervinding en kennis van die bedryf by die geleentheid te deel.”

Veelsydige baassaksofoonspeler, Don Vino Prins, is al meer as 20 jaar lank ʼn skitterende ster op die musiektoneel en is veral bekend vir sy vertoning, Saxy Vibes. Hy is meesterlik in enige genre – van gospel tot reggae, hip-hop, pop en jazz.

Die musiekduo sal bekendgestel word deur die aanbieder, Pieter Swart van die US se Alumni-kantoor, en gaste kan uitsien na kaas en wyn om die aand se vermaak te komplementeer.

Prof Madonsela sê dat dit verblydend is om te sien hoe die ondersteuning vir die #Action4Inclusion-veldtog oor die afgelope twee gegroei het. Die inisiatief, wat in 2020 bekendgestel is, was die breinkind van die US se Studenteraad, prof Madonsela, prof Sonia Human (voormalige dekaan van die US Fakulteit Regsgeleerdheid) en die Ambassadeurs vir Maatskaplike Geregtigheid. Die fondse wat via #Action4Inclusion ingesamel word, word gebruik om studente te help wat weens uitstaande klasgeld nie vir die volgende akademiese jaar kan registreer nie en ook graduandi wat nie ná graduering toegang tot hulle akademiese rekords kan kry nie.

Die hoofdoel van die #Action4Inclusion-veldtog is om die akademiese insluiting van alle studente te verseker, verduidelik prof Madonsela. “Die nood van studente wat deur universiteitskuld oorweldig is, is ʼn saak van kommer. Talle studente uit minderbevoorregte agtergronde sukkel om hulle klasgeld te betaal en loop dikwels die risiko van uitsak.”

Sluit by prof Madonsela en die #Action4Inclusion-span aan vir ʼn aand van voorste vermaak, wat die wintergrysheid sal verdryf en verdienstelike studente sal help.

Kaartjies vir die #Action4Inclusion Jazz-uitvoering op 8 Junie kan teen R250 per persoon op die webwerf https://plankton.mobi/Events/EventBooking/dc94bb3c-a3da-ec11-80e0-0cc47a93d288

bespreek word.

Navrae: Thembalethu Seyisi: 072 785 3218 / seyisithembalethu@gmail.com

Skenk aan #Action4Inclusion: https://www.givengain.com/cc/action4inclusion/

EINDE

 

More articles

Twee Konvokasielede verkies tot US Raad en IF onderskeidelik

L’Oreal-UNESCO finansiële toekenning ondersteun malaria-navorsing

#Changinglives: Ter viering van Vrouemaand wil die Universiteit Stellenbosch die kollig laat val op die merkwaardige vroue wat deel vorm van die SciMathUS-onderrig- en ondersteuningsspan.

Once a Matie, Always a Matie
Once a Matie, Always a Matie
  • Homecoming
    • Tuiskoms 2024
    • Tuiskoms 2023
    • Tuiskoms 2022
    • Tuiskoms 2020
  • Campaigns
    • 2021
      • Dekaansfonds: Regsfakulteit
      • Covid-19
      • Masked Masterpieces
      • Thank You
    • 2022
      • #Action4inclusion
      • BRIDGE THE GAP ANNUAL FUND
      • EindeGBV
      • Train4Fees
      • #SciMathus
      • Move4Food
    • 2023
      • Borskanker Bewustheids Maand
  • Chapters
    • Globale Maties Netwerk
  • Alumni Vlagskip-Programme
    • PreAlumni
    • Swan
    • Jong Alumni
  • Geleenthede
    • Alumni-interaksie Kalender
    • Geleenthede
  • Media
  • Video’s
  • Donate
    • Move4Food
    • Skenk
    • Impakverslag
  • Get informed
    • Alumni Clubhouse
    • Kontak
    • Raak ingelig
    • Matie Shop
    • Maties Wynklub
  • Vrywilligerswerk vir die US
  • Visit Sun.ac
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • English
  • Konvokasie

Stellenbosch
Private Bag X1
Matieland
South Africa

+27(0)21 808 9265
alumni@sun.ac.za

Facebook Linkedin Instagram Twitter

We are using cookies to give you the best experience on our website.

You can find out more about which cookies we are using or switch them off in .

Privacy Overview

This website uses cookies so that we can provide you with the best user experience possible. Cookie information is stored in your browser and performs functions such as recognising you when you return to our website and helping our team to understand which sections of the website you find most interesting and useful.

Strictly Necessary Cookies

Strictly Necessary Cookie should be enabled at all times so that we can save your preferences for cookie settings.

If you disable this cookie, we will not be able to save your preferences. This means that every time you visit this website you will need to enable or disable cookies again.

3rd Party Cookies

This website uses Google Analytics to collect anonymous information such as the number of visitors to the site, and the most popular pages.

Keeping this cookie enabled helps us to improve our website.

Please enable Strictly Necessary Cookies first so that we can save your preferences!