Skip to content
  • Tuis
  • Matie shop
  • Maties Connect
  • Media
  • Kontak
  • Vir meer inligting oor COVID-19 Klik hier
  • English
Menu
  • Tuis
  • Matie shop
  • Maties Connect
  • Media
  • Kontak
  • Vir meer inligting oor COVID-19 Klik hier
  • English

Menu

  • English
  • Afrikaans

Saam Vorentoe

Die afgelope anderhalf jaar moet liefs een vir die geskiedenisboeke wees. Ons moes almal, by tye, gewis soms onoorkomelike uitdagings in die gesig staar. Hier by die Universiteit Stellenbosch (US) bly ons op ons kernmandaat gefokus — die versekering dat ons studente onderrig van ‘n wêreldgehalte ontvang, waarvoor hulle aansoek gedoen het, en om terselfdertyd ‘n volhoubare instelling te wees.

Sonder jou vrygewigheid en ondersteuning sou ons nie hierdie tydperk suksesvol kon navigeer nie. Ek het onlangs ‘n artikel geskryf wat in die Mail and Guardian gepubliseer is en wat die deurslaggewende rol illustreer wat visekanseliers as leiers van universiteite en gevolglik as hooffondsinsamelaars, van hul instellings vervul. Gun my die geleentheid om enkele van die belangrike punte wat ek in hierdie artikel aanraak, te beklemtoon wat jou, ons gewaardeerde donateur, mag interesseer.

Sedert ons Visekanselier, prof Wim de Villiers, in 2015 aangestel is, het die US R1,7 miljard in filantropiese bystand bekom. Meer as driekwart van alle skenkings is van trusts en stigtings, individue en maatskappye. Meer as ‘n derde van die R1,7 miljard wat ingesamel is, is aan beurse en studentebystand toegeken, en ‘n deel is vir onderrig, infrastruktuur, navorsing en gemeenskapsdiens aangewend. Met strategiese finansiering het ons nuwe navorsingsentrums en onderriggeboue op ons kampusse gebou en die diversiteit van ons akademiese en navorsingspersoneel verhoog.

Prof De Villiers het ons portuurfondswerwingsprojekte gelei deur aan verskeie wedlope en fietswedrenne deel te neem om geld vir voedselsekerheid op ons kampusse in te samel — ons #Move4Food-veldtog. Die Universiteit Stellenbosch is gelukkig om ‘n leier te hê wat altyd bereid is om meer as sy plig te doen om studente in nood te help. Jy kan my volledige artikel hier lees.

Terselfdertyd is daar ‘n koste aan fondsinsameling verbonde, veral wat internasionale bedrywighede betref. Maar in die geval van die US, het Inyathelo se nasionale peilingstudie, ASPIHE, aangetoon dat ons geldinsamelingsuitgawes hoogstens 11c is vir elke Rand wat ingesamel word. En die Buro vir Ekonomiese Navorsing het onlangs bevind dat ons Rektor 50 keer sy regstreekse fondsverwerwingkoste ingesamel het. Hierdie Impakverslag weerspieël die syfers.

Ek wil jou graag die versekering gee dat jou swaarverdiende fondse, wat so mildelik aan hierdie instelling geskenk word, nog altyd gebruik word soos jy dit bestem het – en sal steeds op hierdie manier aangewend word. Jou vrygewigheid help inderdaad om ‘n blink toekoms te skep. En ons kan nie genoeg dankie sê nie.

Enige navrae of vrae? Ek staan reg vir jou telefoonoproep of e-pos.

Met dankbaarheid

Karen Bruns
Senior Direkteur: Ontwikkeling en Alumnibetrekkinge
Universiteit Stellenbosch

More articles

Maties se #Train4Fees-veldtog kry ekstra tyd

#SciMathus: Geslagsgelykheid in STEM*

Dis net omdat ek gewaag het, sê Songezo Mabece

  • Tuiskoms
    • Tuiskoms 2022
    • Tuiskoms 2020
  • Veldtogte
    • Dekaansfonds: Regsfakulteit
    • Covid-19 Hulpfondse
    • Train4Fees
    • Masked Masterpieces
    • Move4Food
    • #Action4inclusion
    • #SciMathus
    • BRIDGE THE GAP ANNUAL FUND
    • Dankie
  • Hubs & Clubs
    • VSA
    • VK
    • Noord-Amerika
    • Namibië
    • Londen
    • KwaZulu Natal
    • Ierland
    • Hongkong
    • Gauteng
    • Europa
    • Kanada
    • Breëriviervallei
  • Alumni Vlagskip-Programme
    • PreAlumni
    • Swan
    • Jong Alumni
  • Geleenthede
    • Alumni-interaksie Kalender
    • Geleenthede
    • Maties Geleenthede
      • Maties Sport
      • Jaarlikse gebeure
      • Crest Talks
      • Openbare lesings
      • Verjaarsdae
      • Koshuise
      • Eweknie-fondswerwing
  • Konvokasie
  • Vrywilligheid
  • Skenk
    • Skenk
    • Impakverslag
  • Alumni Clubhouse
  • Maties Wynklub
Once a Matie, Always a Matie
  • Tuis
  • Matie shop
  • Maties Connect
  • Media
  • Kontak
  • Vir meer inligting oor COVID-19 Klik hier
  • English

Stellenbosch
Private Bag X1
Matieland
South Africa

+27(0)21 808 9265 alumni@sun.ac.za

Facebook Linkedin Instagram Twitter

We are using cookies to give you the best experience on our website.

You can find out more about which cookies we are using or switch them off in settings.

Privacy Overview

This website uses cookies so that we can provide you with the best user experience possible. Cookie information is stored in your browser and performs functions such as recognising you when you return to our website and helping our team to understand which sections of the website you find most interesting and useful.

Strictly Necessary Cookies

Strictly Necessary Cookie should be enabled at all times so that we can save your preferences for cookie settings.

If you disable this cookie, we will not be able to save your preferences. This means that every time you visit this website you will need to enable or disable cookies again.

3rd Party Cookies

This website uses Google Analytics to collect anonymous information such as the number of visitors to the site, and the most popular pages.

Keeping this cookie enabled helps us to improve our website.

Please enable Strictly Necessary Cookies first so that we can save your preferences!