Skip to content
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • English
  • Konvokasie
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • English
  • Konvokasie

Menu

  • English
  • Afrikaans

SciMathUS 2021: Dit hang nou van jou af

Die Universiteit Stellenbosch (US) se SciMathUS-klas van 2021 het onlangs die einde van die akademiese jaar gevier met ‘n prysuitdelingsfunksie wat by STIAS gehou is.

Die SciMathUS-program bied jaarliks aan 100 leerders, wat reeds Graad 12 geslaag, maar nie vir hoër onderwys gekwalifiseer het nie, ‘n tweede geleentheid om hulle NSS-uitslae in spesifieke vakke te verbeter wat hulle in staat sal stel om vir universiteitsprogramme heraansoek te doen, veral daardie programme wat op STEM-vakgebiede fokus.Sedert sy ontstaan in 2001 het SciMathUS meer as 1 697 studente (uitgesluit die 2021-groep) die geleentheid gegee om deur die program toegang tot universiteit te verkry. In 2021 het meer as 2 000 studente aansoek gedoen vir die 100 beskikbare plekke in die program.

​Vanjaar se topprestasietoekennings het aan Teboho Nkosi (Wiskunde) en Tymen Fredericks (Natuurwetenskap) gegaan. Shanice Nicholas en Ammaarah Wanza het toekennings ontvang vir die beste verbetering in Wiskunde, terwyl Tembelihle Mathibela die toekenning vir die mees verbeterde student in Natuurwetenskap ontvang het. Envir Tiervlei het die top Rekenaargeletterdheidspresteerdertoekenning ontvang, terwyl Aneeqah Soeker as die toppresteerder in Akademiese Geletterdheid aangewys is.

Prof Mbulungeni Madiba, dekaan van die Fakulteit Opvoedkunde, het gesê die program het oor die jare baie jongmense ‘n tweede kans gegee om toegang tot hoër onderwys te verkry.

“Sommige van die SciMathUS-studente het voortgegaan om hul doktorsgrade te voltooi in gebiede soos Neurofisiologie, Mediese Fisiologie en Eksperimentele Kernfisika, en beklee vandag invloedryke posisies. Hierdie program het deure oopgemaak wat andersins stewig gesluit sou gebly het vir talentvolle jeug wat aangepaste ondersteuning nodig gehad het om hul volle potensiaal te bereik. Een van ons toppresteerders is dr Gerald Maarman wat deel was van die SciMathUS-klas van 2003. Vandag is hy ‘n dosent in die Universiteit Stellenbosch se Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe en ‘n NNS-geklassifiseerde ​navorser.”

Madiba het verder sy dank uitgespreek teenoor die program se befondsers, veral Eskom wie se verteenwoordiger, Nthato Minyuku, die geleentheid bygewoon het.

“Ons sien daarna uit om hierdie baie belangrike en betekenisvolle vennootskap te versterk, en ek glo vas dat ons saam die uitdagings van die COVID-19-pandemie sal kan oorkom,” het hy gesê.

​Nokwanda Siyengo, hoof van die SciMathUS-program, het die 2021-groep aangemoedig om die meeste van hul tweede kans te maak en in 2022 uit te blink.

“Hierdie jaar het jou die ruimte gegee om jou toekoms te herdefinieer. Dit hang nou van jou af. Wanneer jy jou eerste jaar ingaan, maak seker dat jy jou graad in rekordtyd voltooi. Jy het meer vaardighede wat jy deur die program ontvang het, jy is beter voorbereid om jou eerste jaar aan te pak, meer entoesiasties om verder te studeer en beter toegerus om die dimensies van akademie te oorskry,” het sy gesê.

‘n Belegging in die toekoms

Minyuku, Eskom-groep uitvoerende beampte: Regering en regulatoriese sake, het gesê die SciMathUS-program vorm deel van Eskom se belegging in sy en Suid-Afrika se toekoms.

“Ons glo dat belegging in onderwys en opleiding in wetenskappe, tegnologie, ingenieurswese, wiskunde en innovasie ‘n katalisator is vir die ontwikkeling van volhoubare en holistiese oplossings vir ons nasionale ontwikkelingsuitdagings en ons energiesektoruitdagings.”

SciMathUS student Qhamani Diphoko beskryf haar ervaring as ‘n reis van persoonlike groei.

​“Ons het vriende gemaak en verloor, asook familielede. Ons het ook nuwe dinge geleer.  Ek het persoonlik geleer dat dit goed is om hulp te vra wanneer jy dit nodig het.  Dit was ook ‘n reis van die ontwaking van ons inherente passies en nuuskierigheid wat gesterf het nadat ons ons matriekuitslae ontvang het. Dit was ‘n reis van akademiese groei.”

Siyabonga Sikiti het gesê hy kon die inhoud van natuurwetenskap en wiskunde verstaan soos nog nooit tevore nie, danksy sy dosente.

“’n Verwysing wat ek sedert die openingseremonie in gedagte hou is dat as jy jou punte will verander moet jy  opofferings in jou lewe gemaak anders sal jou punte moet opoffer.”

Sifisi Matebesi het die SciMathUS-personeel, SUNSEP, die borge en almal wat die jaar moontlik gemaak het, bedank.

“Dankie dat julle die potensiaal in ons raakgesien het.  Dankie dat almal van ons wat gedink het ons deure is gesluit, nou besef dat ons die sleutels en potensiaal het om hulle weer oop te sluit.”

​Samantha Koopman het haar dank uitgespreek teenoor haar mentors, fasiliteerders en haar koshuishoof, sis Noni”.

“Dankie vir al die mooi herinneringe wat ons saam met julle kon skep. Ons sal beslis die tye wat ons saam spandeer het, mis.”

Om vir die SciMathUS-program oorweeg te word, moes studente hul Graad 12 met ‘n minimum gemiddeld van 60% geslaag het, lewensoriëntering uitgesluit, en ‘n minimum van 45% in Wiskunde en ‘n minimum van 45% in Natuurwetenskap behaal het.

  • ​Befondsers wat belangstel om die SciMathUS-program te ondersteun, kan die ontwikkelingsbeampte, Sonia Schoeman, kontak by sonia@sun.ac.za. 

More articles

Rachel’s Angels genomineer vir TV-toekenning

Bespreking tydens Woordfees ondersoek die kompleksiteite van Kleurling kultuur

Sluit aan by die Breedevallei se US-alumni-hub

Once a Matie, Always a Matie
Once a Matie, Always a Matie
  • Homecoming
    • Tuiskoms 2024
    • Tuiskoms 2023
    • Tuiskoms 2022
    • Tuiskoms 2020
  • Campaigns
    • 2021
      • Dekaansfonds: Regsfakulteit
      • Covid-19
      • Masked Masterpieces
      • Thank You
    • 2022
      • #Action4inclusion
      • BRIDGE THE GAP ANNUAL FUND
      • EindeGBV
      • Train4Fees
      • #SciMathus
      • Move4Food
    • 2023
      • Borskanker Bewustheids Maand
  • Chapters
    • Globale Maties Netwerk
  • Alumni Vlagskip-Programme
    • PreAlumni
    • Swan
    • Jong Alumni
  • Geleenthede
    • Alumni-interaksie Kalender
    • Geleenthede
  • Media
  • Video’s
  • Donate
    • Move4Food
    • Skenk
    • Impakverslag
  • Get informed
    • Alumni Clubhouse
    • Kontak
    • Raak ingelig
    • Matie Shop
    • Maties Wynklub
  • Vrywilligerswerk vir die US
  • Visit Sun.ac
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • English
  • Konvokasie

Stellenbosch
Private Bag X1
Matieland
South Africa

+27(0)21 808 9265
alumni@sun.ac.za

Facebook Linkedin Instagram Twitter

We are using cookies to give you the best experience on our website.

You can find out more about which cookies we are using or switch them off in .

Privacy Overview

This website uses cookies so that we can provide you with the best user experience possible. Cookie information is stored in your browser and performs functions such as recognising you when you return to our website and helping our team to understand which sections of the website you find most interesting and useful.

Strictly Necessary Cookies

Strictly Necessary Cookie should be enabled at all times so that we can save your preferences for cookie settings.

If you disable this cookie, we will not be able to save your preferences. This means that every time you visit this website you will need to enable or disable cookies again.

3rd Party Cookies

This website uses Google Analytics to collect anonymous information such as the number of visitors to the site, and the most popular pages.

Keeping this cookie enabled helps us to improve our website.

Please enable Strictly Necessary Cookies first so that we can save your preferences!