Skip to content
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • Konvokasie
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • Konvokasie

Menu

  • Afrikaans

Skool vir Rekeningkunde help leerders om verder as graad 12 te kyk

​Gedurende die afgelope skoolvakansie het Graad 11- en 12-leerders wat in ‘n loopbaan as rekeningkundige belang stel, verskeie ontwikkelingskampe bygewoon wat deur die Suid-Afrikaanse Instituut vir Geoktrooieerde Rekenmeesters (SAICA) aangebied is.

Die week lange kampe is in samewerking met provinsiale departemente van onderwys, universiteite en lede van die rekenmeestersberoep gehou. Bykomende lesse ter verbetering van leerders se prestasie in wiskunde, wetenskap en rekeningkunde is aangevul met beroepsinligting en opleiding in lewensvaardighede om hulle te help om gepaste beroepskeuses te maak.

‘n Aantal BRek-studente van die US Skool vir Rekeningkunde het as kampleiers en mentors by die verskillende kampe regoor Suid-Afrika opgetree. Terwyl hul hoofdoel die oordrag van hul kennis en ondervinding aan leerders was, het die kampe hul ook gestimuleer om hul eie potensiaal te ontdek en van hul verantwoordelikheid as toekomstige bestuurders en leiers bewus te word.

Volgens prof Riaan Rudman, ouditdosent by die US Skool vir Rekeningkunde, is US-studente en personeel al meer as 15 jaar lank op die een of ander wyse by die kampe betrokke.

“Dis nie net ons studente wat betrokke is nie,” het hy gesê, “my kollega, Jamie Mannet, het die Wes-Kaapse kamp help reël en met die keuring van kampleiers gehelp, terwyl ek meer as 1 500 km gery het om die kampe in Gauteng, Mpumalanga, die Vrystaat en die Wes-Kaap te besoek.”

Rudman het bygevoeg dat selfs alumni van die Skool vir Rekeningkunde betrokke was: die Stellenbosse alumnus me Gavral Speelman, ouditeringsbestuurder by PricewaterhouseCoopers, het met die opleiding van kampleiers gehelp.

“Ek wil graag glo dat die Universiteit se missie om gemeenskappe plaaslik, op die vasteland en in die res van die wêreld te verryk en te transformeer, so deel van graduandi se lewens word dat dit alumni motiveer om by sosiale impakaktiwiteite betrokke te raak,” het Rudman gesê.

SAICA-bestuurder: Leer en Ontwikkeling (Transformasie en Groei) mnr Teboho Mohajane, wat verantwoordelik was vir die Bloemfonteinse kamp, het almal bedank wat gehelp het om die ontwikkelingskampe ‘n werklikheid te maak. “Dit maak ‘n verskil aan leerders se beskouing van die lewe ná graad 12,” het hy gesê.

  • Foto: Sowat 400 leerders het die SAICA-ontwikkelingskamp in Mpumalanga bygewoon.   

More articles

Dowe storievertellers help Universiteit Stellenbosch om onderrigmateriaal te skep

Pre-Alumni: US-studente bring die silwer huis toe

Help ons om gapings te oorbrug

Once a Matie, Always a Matie
Once a Matie, Always a Matie
  • Homecoming
    • Tuiskoms 2024
    • Tuiskoms 2023
    • Tuiskoms 2022
    • Tuiskoms 2020
  • Campaigns
    • 2021
      • Dekaansfonds: Regsfakulteit
      • Covid-19
      • Masked Masterpieces
      • Thank You
    • 2022
      • #Action4inclusion
      • BRIDGE THE GAP ANNUAL FUND
      • EindeGBV
      • Train4Fees
      • #SciMathus
      • Move4Food
    • 2023
      • Borskanker Bewustheids Maand
  • Chapters
    • Globale Maties Netwerk
  • Alumni Vlagskip-Programme
    • PreAlumni
    • Swan
    • Jong Alumni
  • Geleenthede
    • Alumni-interaksie Kalender
    • Geleenthede
  • Media
  • Video’s
  • Donate
    • Move4Food
    • Skenk
    • Impakverslag
  • Get informed
    • Alumni Clubhouse
    • Kontak
    • Raak ingelig
    • Matie Shop
    • Maties Wynklub
  • Vrywilligerswerk vir die US
  • Visit Sun.ac
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • Konvokasie

Stellenbosch
Private Bag X1
Matieland
South Africa

+27(0)21 808 9265
alumni@sun.ac.za

Facebook Linkedin Instagram Twitter

We are using cookies to give you the best experience on our website.

You can find out more about which cookies we are using or switch them off in .

Privacy Overview

This website uses cookies so that we can provide you with the best user experience possible. Cookie information is stored in your browser and performs functions such as recognising you when you return to our website and helping our team to understand which sections of the website you find most interesting and useful.

Strictly Necessary Cookies

Strictly Necessary Cookie should be enabled at all times so that we can save your preferences for cookie settings.

If you disable this cookie, we will not be able to save your preferences. This means that every time you visit this website you will need to enable or disable cookies again.

3rd Party Cookies

This website uses Google Analytics to collect anonymous information such as the number of visitors to the site, and the most popular pages.

Keeping this cookie enabled helps us to improve our website.

Please enable Strictly Necessary Cookies first so that we can save your preferences!